Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Terwyl dokter Marie Viljoen die spuit vol pynstiller trek, bekyk sy haar pasiënt. Soos hy daar op sy rug lê, met sy pikswart hare oor sy voorkop, lyk hy soos ‘n regte Adonis. Selfs deur die verbande kan sy, sy gespierde liggaam sien. Sy hande lyk soos dié van ‘n pianis! Elke nou en dan ontsnap daar ‘n skaars hoorbare kreun deyr sy bleek lippe, maar andersins is hy doodstil.

Volgens die inligting op die opnemingslêer, is sy naam Heinrich Louw, en is hy ‘n argitek van beroep en is werksaam by die firma Albrect en Louw in Knysna. Hy was volgens die polisieverslag op pad na Pretoria, toe hy in ‘n motorongeluk betrokke was. Hy is na die hospitaal gebring deur ‘n ambulans wat deur verbygangers ontbied is. Met sy aankoms by die hospitaal is hy dadelik na die teater geneem. Sy veelvuldige beenbreuke is versorg en daar was ook heelparty snye wat toegewerk moes word. Nou lê hy hier in haar saal, saal 1B, die chirurgiese saal in die Oosrandse Hospitaal in Johannesburg.

Met die spuit nog steeds in haar hand, gaan daar ‘n klomp gedagtes deur haar kop. Die gesig voor haar lyk vir haar vaagweg bekend, maar sy kan nie weet waarvandaan sy hierdie man sou ken nie. Toe sy sy arm gereed maak om die inspuiting toe te dien, word hy wakker. Hy kyk verward rond toe hy ‘n persoon oor hom sien buk, met ‘n spuit in die hand. Wat hy gedink het weet niemand nie, maar hy begin erg te spartel asof hy spook om van iets af weg te kom. Sy het egter haar bes probeer om hom te kalmeer, en het gelukkig na ‘n ruk, wat soos ure gevoel het, daarin geslaag om vir hom die inspuiting te gee, en daarna was hy rustiger. Nadat sy hom gemaklik gemaak het, het sy in die stoel langs die bed neergesak, om te sien hoe hy op die medikasie sou reageer. Die suster kan hierdie werkie vir haar gedoen het, maar sy voel om een of ander rede verantwoordelik vir hierdie pasiënt.

Sy was diep in gedagte daar langs die bed, en haar gedagtes het teruggegaan na daardie aaklikge dag twee jaar gelede in Swakopmund. As familie (pa Pieter, ma Marie en die twee kinders Salomé en Dieter), het hulle saam vakansie gaan hou om na die sandduine te gaan kyk. Op daardie treurige Sondag het hulle, soos gewoonlik vroeg opgestaan en na koffie en beskuit duine toe geloop om die sonsopkoms vandaar te gaan bewonder. Die kleure op die sand was asemrowend! Al wat hulle kon does was om maar net te staan en kyk! Hoe heerlik was daardie stilte nie! Min het hulle geweet hoe gou daardie rustigheid versteur sou word!

Voor hulle het ‘n man verskyn, met ‘n pistool in die hand wat hy op hulle gerig het. Hulle kon nie weet waaroor dit gegaan het nie, totdat die man begin praat het. Dr Marie se man, Pieter Viljoen, was ‘n bouinspekteur en dit was deel van sy werk om bouplanne na te gaan en goed te keur alvorens daar met bouery op ‘n perseel kon begin word. Hy het gesê dat Pieter daarvoor verantwoordelik was dat hy ‘n baie groot bedrag geld verloor het as gevolg van die feit dat die planne afgekeur is en die bouery van daardie fabriek nie kon voortgaan nie. Sonder ‘n verdere woord het hy die pistool opgelig en drie skote afgevuur. Haar man en twee kinders het daar op die sand gelê en die ander man het hom uit die voete gemaak sonder dat enigieen iets aan die saak kon doen. Die polisie het wel ondersoek ingestel, maar die man het blykbaar van die aardbol af verdwyn, want nie het iets van hierdie man af geweet nie.

Haar gedagtes word egter onderbreek deur haar pasiënt wat saggies na haar roep. Hy gee vir hom ‘n slukkie water soos hy haar vra en sy vee ook sy gesig met ‘n koue nat lappie af, want hy voel skielik baie koorsig. Daarna raak hy weer onrustig aan die slaap. Skielik is hy weer wakker en begin hy onduidelik en omsamehangend praat, so al asof hy nie weet waar hy is nie.

“Waar is ek? Dit lyk dan na ‘n hospitaal? Wat het gebeur?” was die pasiënt se eerste woord in die saal.

“Jy is in die hospitaal, maar ons sal baie mooi na jou kyk, sodat jy sommer gou ontslaan sal kan word en huis toe gaan,” het die dokter hom gerusgestel. Dokter Marie het hom toe ingelig oor alles wat gebeur het. Sy het ook gevra of hy kan onthou hoe die ongeluk gebeur het, en of hy weet wat sy naam is.

Merkbaar verbleek hy en antwoord met ‘n skor stem, “Ek weet nie wat gebeur het nie. Ek was alleen in die kar op pad na vriende in Pretoria, maar toe ek weer sien kom daar ‘n trok reguit op my afgepyl. Het die mense in die ander voertuig seergekyr?”

“Ek weet nie, maar die polisieverslag het niks daaroor gemeld nie. Hy moet nou maar net rus sodat jy gou gesond kan word en nie oor enige iets bekommerd wees nie.” Na die geselsie het dit gelyk of hy ontspan en rustiger is en het stilweg aan die slaap geraak.

Uitgeput na die lang ure aan diens, gaan dr Marie huis toe en sak doodmoeg in ‘n stoel neer met ‘n koppie koffie langs haar. Sy sit en peins of sy nou sal gaan bad of eers vir haar iets te ete sal maak. Onwillekeurig gaan haar gedagtes terug na Heinrich Louw, wat daar so vol verband in die hospitaal lê. Waar het sy hierdie man voorheen gesien, sy sal nie rus kry voordat sy dit weet nie. Met ‘n frons tussen haar oë sit sy in die niet en staar. Skielik kom sy terug na die werklikheid en haar oog val op ‘n foto van haar man en kinders wat op die klavier staan. In haar gedagtes herleef sy weer die laaste oomblikke wat hulle saam gehad het. Hoe heerlik was daardie tyd nie! Hoe heerlik het hulle nie gesels daar om die vuur nie! Sy sou dit so graag wou terughê, as sy net kon, maar dit was nie vir haar beskore nie. In haar geestesoog sien sy hulle gesigte soos hulle daar op die sand gelê het. Sy vergelyk ook nou die gesig van die man met die pistool met die man daar in die hospitaal. En ja, sowaar, sy is amper seker dat dit een en dieselfde man is. Hy is die moordenaar! Wat staan hou nou te doen?

Die volgende dag is sy eintlik moeg gespook met haar innerlike stryd. Wat moet sy doen? Hoe met sy nou optree teenoor haar pasiënt, noudat sy weet van sy donker verlede? Toe sy noodgedwonge met hom moes praat, was sy koud en afsydig en ook vyandiggesind teenoor hom. Sy kon sien dat Heinrich nie weet wat aan die gang is nie, maar dit het haar min geskeel. Om haarself te oortuig dat sy verseker weet dat hy die moordenaar is, vra sy hom pertinent of hy al op die sandduine van Namibië rondgeklouter het. Toe hy egter nagetief antwoord, was sy nog meer in die war. Moet sy hom glo, of moet sy nie? Moet sy dalk die polisie se hulp inroep?

Sy besluit egter so by haarself dat dit dalk die beste sal wees om self te probeer om ‘n oplossing vir die probleem te kry. Soos hy daar lê, kan hy nie ‘n vlieg skade aandoen nie, redeneer sy met haarself. As hy homself weerspreek sal sy bewyse hê dat hy wel die moordenaar van haar man en kinders is – die man wat haar geliefdes van haar af weggeruk het.

Sy besluit egter dat sy sal moet kalm bly en al die feite rustig beskou, want as sy oorhastig gaan wees gaan hy iets agterkom, en dit wil sy mos nie hê nie. Sy neem haar voor om haar selfbeheersing in toom te hou en net probeer om sy vertroue te wen, miskien sal hy self later iets vertel wat vir haar nader aan ‘n oplossing sal bring.

Toe Heinrich haar eendag vra wat dan fout is, het sy amper met die hele sak patats vorendag gekom. So amper het sy vir hom vertel dat sy weet dat hy iets wegsteek, dat hy ‘n moordenaar is.

“Kalm bly, Marie!” maan sy haarself. “Dit sal nie help om sommer allerlei gevolgtrekkings te maak nie. Kry eers bewyse!”

Maar dokter Marie het nie rekening gehou met haar eie emosies nie. Om so dag vir dag met hierdie aantreklike man te werk, het haar net al hoe meer bewus gemaak van die man se aantrekkingskrag. Sy weet sy mag dit nie toelaat nie, maar het net meer bewus geword van die feit dat sy te aangetrokke voel tot hierdie boef. Hoe kan sy haarself toelaat om verlief te raak op ‘n moordenaar – meer nog, haar eie gesin se moordenaar?

“Hoekom vra jy die hele tyd of ek al in Namibië was? Ek het jou mos gesê dat ek nog nooit daar was nie,” wou Heinrich weet.



“Ek is maar net nuuskierig, dis so ‘n mooi plek. Ek sou dink almal moet dit sien,” lieg sy. “Vertel my meer van jouself, van jou familie en van waar jy grootgeword het.”

“Ek het nog my lewe lank in Knysna gebly. My ouers is al oud en bkly tans in die Sonskyn-Ouetehuis. Ek het twee ouer susters en het ook ‘n broer. Ek is ook ongetroud, het net nog nie ‘n meisie ontmoet wat ek graag as vrou sou wou hê nie, En wat van jou?”

Om hom te toets, antwoord sy: “Ek het ‘n man en twee kinders gehad, maar hulle is in ‘n skietongeluk dood. Ek het in Namibië grootgeword, maar na my man se dood, het ek hier in Johannesburg kom bly. My ouers is dood toe ek op universiteit was.”

“Ek is jammer om dit te hoor. Wat van broers en susters?”

“Ek was die enigste kind.” Gelukkig roep een van die susters haar, voordat sy dalk te veel van haarself kon vertel.

Terwyl sy besig was met een van haar ander pasiënte, dink sy: “Hy het nie eens snaak gereageer op iets toe ek van my en kinders gepraat het nie.”

In dieselfde tyd dink Heinrich ook aan die dokter. Sy het by hom ook ‘n goeie indruk gemaak. “Ek het nog nie iemand soos sy ontmoet nie. Ek sou haar graag beter wou leer ken ... Maar hoekom die skielike vyandigheid, daardie onrustigheid in daardie groot blou oë? As sy met hom praat is daar ‘n ligte bewerasie op haar lippe, Hoekom?”

In die daaropvolgende paar dae is die dokter besonder besig, daar is net tyd vir die verpligte oggendbesoeke aan die pasiënte, daarom sien sy maar min van Heinrich. Sy kom nou agter wat hy vir haar beteken. Sy het al uitgesien na die gesels met haar moordenaar-pasiënt. Sy weet nou dat haar gevoel vir hom liefde is. Sy wil hom net naby haar hê, en weet dat alles reg is. Sy voel soms of sy haarself nie kan keer om haar hande deur sy swart kuif te trek as sy met hom werk nie. En daardie oë! As hy na haar kyk voel dit of haar knieë jellie is.

Op sy beurt is Heinrich ook onrustig omdat hy so min van dokter Marie te siene kry. Is sy vir hom kwaad, of sou daar iets anders wees wat haar hinder?

Die volgende dag toe sy hom kom besoek, sien sy ‘n foto op die vloer. Sy tel dit op en gee dit vir hom. Toe hy die foto neem sien sy dat hy eensklaps baie hartseer lyk.

“En nou, wat makeer? Het jy enige pyn?” wil sy outomaties weet.

“Nee, dis nie dit nie. Toe ek die foto sien het ek net skielik hartseer geword. Dat mense hulle lewens so kan opmors en weggooi.”

“Ek verstaan nie, waarvan praat jy?” wil sy weet.

Die polisie was vanoggend hier en het my meegedeel dat my broer die bestuurder van die trok was, en dat hy op slag dood is. Hy was blykbaar dronk. Ons het nie te veel van mekaar gesien nie, al was ons ‘n tweeling.”

“Mag ek maar?” en sy beduie na die foto in sy hand, en hy gee dit aan haar. Verbaas val sy op die stoel neer, en slaan haar hand oor haar mond. “Dit kan nie wees nie! Is dit moontlik?”

“Is daar iets verkeerd?”

“Het jou broer ‘n litteken op sy linkerwang gehad?” wou sy ewe skielik weet. Dit het haar skielik bygeval dat die moordenaar ‘n litteken op sy linkerwang gehad het. Met die polisie-ondervraging het sy heeltemal daarvan vergeet.

“Ja, hy het van sy motorfiets afgeval en ‘n diep snywond opgedoen wat ‘n baie lelike litteken gelaat het. Hoekom wil jy weet?”

Om heeltemal seker te maak dat sy nie ‘n fout begaan nie, vra sy: “Vertel my meer van jou broer.”

“Ons was wel ‘n identiese tweeling. Maar ons paaie het vroeg in ons lewe geskie. Ons ouers het ons eenders grootgemaak, maar iewers het iets skeefgeloop. Nadat ons klaar studeer het, het hy van die familie vervreemd geraak en sy eie ding gaan doen. Wat ek wil weet is dat hy twee jaar gelede in Namibië ‘n fabriek moes gaan bou, maar die planne is nie goedgekeur nie. Daarna het ons nie weer iets van hom gehoor nie, tot vandag toe, toe die polisie by my was nie.”

“My man het as bouinspekteur gewerk en hy was verantwoordelik dat jou broer se planne afgekeur is. Daar was fout met die planne omdat die strukture onveilig was. Hulle is aangesê om eers die foute reg te stel voordat hulle kon aangaan, anders sou hulle nie toegelaat word om die fabriek op te sit nie.”

Terwyl sy vir hom die verhaal vertel het, het hy net voor hom uitgestaar. “Mens kon dit eintlik van hom verwag het. Hy het gewoonlik eers gedoen voordat hy gedink het.”

Dr Marie het besef dat sy nou nie langer kon uitstel nie. Sy moes vir Henrich vertel wag sy gedink het. “Ek moet nou iets doen waarvan ek nie hou nie – ek moeg bieg. Ek het gedink jy was ‘n moordenaar daaroor dat ek so snaaks teenoor jou opgetree het. Toe ons op die duine was, het ‘n man met ‘n pistool my man en kinders geskiet. Die man het op ‘n druppel water nes jy gelyk, en toe ek jou in die hospitaal sien het ek vas geglo dat jy die moordenaar was. Daarom die vraag of jou broer ‘n litteken op sy linkerwang gehad het. Ek moet om verskoning vra dat ek jou eintlik vals beskuldig het, al het jy dit nie geweet nie.”

Terwyl sy gepraat het, het die trane ook sommer begin loop en kon Heinrich sien dat sy waarlik berou gehad het oor wat gebeur het.

“Nou kan ek verstaan waarom jy skielik so vyandig teenoor my was, maar hoekom het jy my nie eerder daaroor uitgevra nie?”

“Ek weet nie. Miskien... ag, miskien net oor ek jou begin liefkry het en nie wou hê dat dit jy moes geweet het nie!”

“Het jy my regtig begin liefkry?” wou Heinrich weet.

“Ja...” maar voor Marie verder kon praat vertrek Heinrich se gesig van pyn.

“Heinrich, wat is fout?”

“Net ‘n steekpyn in my skouer, niks ernstig nie.” Maar soos dit ‘n dokter betaam, stel sy ondersoek in.

Terwyl sy nog besig is om ondersoek in te stel, vat Heinrich haar fyn hande in syne en fluister met ‘n skor stem en ‘n asem wat jaag: “Jy hoef nie verder te verduidelik nie, ek verstaan.”


“Maar ek moes dit van my hart afkry...” maar toe sy nog verder wou praat maak sy lippe hare stil, en besef dat dit ‘n man is vir wie sy lief kan wees. Nog nooit het sy so ‘n groot rustigheid in haarself gevind nie.....

Elsabé Grobler, Graad 9



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar