Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Thys.
Askuus man. Ek sit graag hierdie episode by jou pragtige “ “Die Tortelduif” verhaal.
Dankie hoor!

..........................................
Ek kyk uit oor die onderdeur van die kombuis en my gemoed word klam benoud. Buite reën dit nou al vir drie dae uit die wyd oopgetrekte sluise van die Hemel en my voorbehoede vertel my hier kom moeilikheid.
Die nag van die derde dag gee die sluisdeure van die Hemel mee en die watervalle van die Hemel oorstroom die Aarde en die allergrootse benoudheid maak meester van my en ek kan net sit en luister in die stikke donkerte na die komende gevaar totdat die muur horlosie my vertel dat dit al oggend is want buite heers die stikke duisternis soos die swart wolke kombers die son verduister en die water oorstroom die huis en ek weet al wat lewende ding is op hierdie plaas, is aan’t swemme, spartelend om kop bo water te hou.
Met net my broek en hemp aan swem ek waenhuis toe na waar die rivierbootjie gestoor is en ek klim in. Voel-voel tas ek in die duister na die spane en haak ek ook die rol rieme en een van die dop-emmers van die haak af en ek roei uit by die deur die oggend donker in.

Gebore en getoë op hierdie plaas is ek heel rigtingvas en kies koers rante toe bo-oor die familie begraafplaas waar almal rus en ‘n stille weemoed kom in my op.
Teen die roeipas weet ek dit is ‘n halfdag se reis na die rante omdat ek van tyd tot tyd moet water skep met die dop-emmer om die boot leeg van die stortvloed reënwater te hou.
Geskok sien ek hoeveel water het al neergekom op die Aarde toe ek vóór stik donker die rante bereik en sien dat selfs dit nog hierdie nag gaan oorstroom en ek weet dat daar geen slaap gaan wees nie, ek sal moet wakker bly om die boot leeg te skep.

Die aller verskriklikste tyd van my lewe breek aan want vir veertien dae en veertien nagte stroom die water uit die Hemele en my werk is skep-skep en skep. Van uitputting duisel ek soms in maar koue en stilsit wek my gelukkig en ek raak aktief. Die oggend van dag 15 wek die heldere sonskyn oor die water horison my en my dun, honger en uitgeputte liggaam drink die warm lafens van die sonstrale wat my wese oorspoel, welbehaaglik in en die bekende geluid ruk my tot die hede; die gekwaak van eende en ek sien die trop aangeswem kom. Almal is wit plaas eende wat nie mens sku is nie en hulle kom tot by my boot, vlieg op en land een-vir-twee-vir-drie tot die hele lot van elf eende vere skud in my boot.
Ek verwonder nog en weet nie hoe om te vertel dat ek nie kos het nie, toe sien ek twee-drie-vier gaan af en sit en druk! En ek weet dat die arme goed kan mos nie eiers passeer in die water nie!
Teenstrydig met alle boerdery reëls, breek ek vier eiers vir hulle en gooi self drie in my eie honger keelgat af en die eende word my maats en lewens versekering vir ‘n toekoms.

Die Son word hoe later hoe kwater warm en ek dink Moeder Natuur wil regmaak waar sy gebrou het en die water weg stoom en ek het geen benul van waar ek is nie want dit is net water wat soos die see oor die gesigseinder weg rond.
Uitputting neem oor en vat my weg na groen wuiwende koringlande en fladderende geel, rooi en swart vinke wat baljaar tussen die melksade en die eende se lawaai wek my.
Ek vrywe my oge en dink ek sien waterspieëls want die toneel kan nie waar wees nie maar die eende se gekwaak sê dis waar want op ‘n klein hout pellet kom sy kruisbeen sittende met haar hande as spane na my toe aan.
Ek kom tot my sinne en draai die boot en gaan haar tegemoet. Sy kon haar trane nie bedwing nie en huil in stortvloed en ek reik oor en gryp die pellet plank aan een van sy sporte en met die ander hand reik ek na die span rieme en kry die punt en sy help vasmaak en ons gesigte is bymekaar en ek sien haar haartjies wat aan haar gesiggie vasklou en ek reik my arms en sy gryp en ek lig haar oor die kant en vir die eerste keer in my lewe kry ek die ware reuk van ‘n vrou.
Die reuk van ‘n vrou sonder spuitgoed aan net so skoongewas deur veertien dae se reën en sy wil my nie dadelik los nie, en bang vir histerie skud ek haar dun skouertjies en sy kom tot bedaring en ek sien op die boot se vloer die twee eiers:
“Vrou sonder naam maak toe jou oge, gooi jou kop agteroor en maak oop jou mond!”
Ek merk dat sy vlugtig gesien het wat in my hand is en gewilliglik doen sy mee en ek breek die eiers een-een en sy sluk-sluk welbehaaglik en omhels my en soen my op die hoek van my mond en ek weet nie wat om te doen nie wat nou het ek ‘n voelbare skoot van haar lipgeur ook weg!

Ek vat aan haar dun skouertjies en kyk in haar oë: “ Wie is jy en van waar kom jy ?”
Ek luister na haar stotterende stemmetjie: “ Ek is Elizabeth Nortje en is van Wennersboord se vrugte pakhuis en kon net die plank betyds kry want die damwal het gebreek en al wat leef en beef saamgesleep ek het aan die tralekies van die selfoontoring langs die skuur vasgeklou en saam met die water gestyg totdat die toring ook onder my verdwyn het, en vandaar dryf ek net.”

Ek ken die pakhuis. Ons is vrugte wêreld en die pakhuis is vyftig kilometer Noord van my plaas. Nou het ek ‘n idee van waar ons is. Die water vloei Oos in die rigting van die see sowat twee honderd kilometer hiervandaan en ons praat ons prate en deel ons bekommernis oor wat van die Aarde geword het en ek verbaas my vir die tengerige vrou se innerlike krag en vertroue dat ons iewers sal regkom. Ek kan net nie ophou kyk vir Elizabeth nie en ek het geen idee van hoe lank ons gaan dryf nie maar honger vra nie vrae nie.
Die eende se eierlê gaan beslis stop maar, en ek weet, ons sal eet; rou eend of te not, en ons span kragte saam en begin roei in ‘n Westelike rigting waar ek weet ons die bergreeks sal kry wat eerste sal begin kop bo die water uitsteek.

Met my ingeboude boer maak ‘n plan vermoë, begin ek my strategie vir oorlewing en met die sterk steel van ‘n roeispaan breek ek een sport uit Elizabeth se vlot en kry die deel met die spyker as sny gereedskap.
Ons eerste vriend, die Son word ook ons vyand en brand ongenadiglik in die boot en die Sonstrale word versterk deur die spieël-blits-weerkaatsing van die omsingelende water en in ons swak uitgeteerde liggame is geen menslik emosie en waardes meer nie en ek skeur die onderdeel van haar rok af om ‘n hooftooisel vir haar gesigvel te maak en ritmies klim ons in die water in en hang aan die boot om die onderlyf en bene teen sonbrand te beskerm.
Dag twee na haar aankoms is dit tyd vir aksie en ek besluit op ‘n jong mannetjie eend. Dit was vinnig want ek weet hoe en as watervoël word koue water benodig vir die vere aftrek maar ek weet hier is ook ‘n oplossing. Die voël het groot vlerke met min vleis vir verrotting en ek haal die vlerke mooi teen die lyf af.
Die spyker is ‘n snyding en die eende as paddavreters kry hulle broer se ingewande vir kos en hulle vreet gulsig. Ek weet die hart, lewer en niere is die voedsaamste en die warm vleis smaak heerlik.
Ons eet versigtig, net genoeg en ek verdun die res van die karkas in repe om te sondroog. Opvallend is die totale afwesigheid van enige vlieg of gogga. Alles op Aarde het versuip.
“Ek wys haar hoe: “ Elizabeth, die spykerpunt is ook ‘n snyding. Krap-krap-krap en sny uit die rieme dunner riempies vir garing.”

Sy as vrou help my en kunstig werk ons die twee vlerke in ‘n kappie soos die Voortrekker vrouens sinne en dadelik het Elizabeth die ideale groot beskermende hooftooisel teen die son se strale en ek weet die volgende een sal myne wees.
Die intiemste deel breek aan. Die liggaam moet uitskei. Hierdie samesyn, deel, kameraadskap en same-ondersteuning sien nie skaamte meer nie en absoluut, asof dit normaal is, word dinge oor die boot se rand gedoen en met die water afgerond.
Ons oorleef en beraam planne en dink aan ‘n toekoms en bespreek hoe ons dinge gaan takel.

Elizabeth klim in my wese in want ons staan regop in die boot en bespied teen die rooi sonsondergang die gesigseinder vir een of ander teken van land, toe ek aanvoel sy kyk vir my en met my vrae-ende terugkyk kom haar woorde vir die eerste keer in die drie weke wat ons saam oorleef en stry teen alles wat teen ons is en dit is intiem:
“Willem, jy lyk heel oulik met jou stoppelbaard.”
Ek het nog net geboer en gewerk aan die skuld wat die dood meebring. Hospitaalkoste, Dokters se rekeninge, Apteek se rekeninge word nie saam die oorledene in die kis begrawe nie. Die agtergeblewenis moet opdok of sink in die skuld.
Daar was nie tyd vir vroumense nie en dit het ‘n leemte geskep wat met een sin uit haar vol-lip-mond my wese oopruk en ons gee beide toe aan die versugting en vleg in mekaar in en mond soek mond en my neus ruk my van my sinne af want die reuk van die vrou en die sout van die dag se sweet op haar lippe, ruk en pluk aan alles wat binne my opgegaard wag en sy is leeg van binne en dit is haar roeping om gevul te word met wat net die liefde so onvoorwaardelik kan gee.

Toe ons bykom is dit eintlik prettig om te sien die eende het maar besluit om die boot te verlaat om plek te maak vir die natuur om uit te woed.

Op dag vier en vyftig steek die bergreeks al mooi uit en net een mannetjie en twee wyfie ende is oor en daar is altyd ‘n sllwer rand aan die donkerste wolk want haar stem uit die water waar sy vroegoggend al die nag se slaap in die water uitspoel, kom tot my deur:
“Willem, opstaan en kyk , gou!”
Ek ruk myself op en maak my hand bak oor my oë teen die sonstrale se weerkaatsing op die water en ek sien die massiewe drywende konstruksie, so groot soos ‘n winkelsentrum in die Stad en Elizabeth klim die boot in:
“Roei Willem, kom ons gaan nader.”
Ons roei en omsirkel die konstruksie tot by die plek wat lyk soos die ingaan plek en tot ons verbasing sien ons die bebaarde man en sy ewe bebaarde seun wat wagtend op ons wuif.
Ek roei nader en hulle gryp die riem wat ek gooi en trek ons tot teen die kant en ons klim op die platform en ek stel myself en Elizabeth en die drie eende wat langs ons staan, voor.

Ons stap saam en ontmoet die twee vrouens wat besig is met ontbyt en hulle vertel hulle hele ark storie en ons vertel van ons ontbering en toe ons aansit en die oom bring sy Bybel te voorskyn, vat ek Elizabeth om die skouers, draai haar om dat ons oog-vir-oog, mond-vir mond en wese-vir wese kan kontak en ek praat met die oom en terwyl ek praat sien ek dat die lig in Elizabeth se oë verander en sy lig haar ken:
“Oom, as enigste oorlewende het oom die magtiging en ons vra asseblief, bevestig ons twee nou en hier dadelik as man en vrou in die huwelik.”
En haar lippe op myne was soet en haar lyf teen myne was sag en rond en haar geur het my laat swymel.


Willie F van Tonder
2013/01/31

Ek bedank Thys Cairncross dat ek kon deel neem aan sy verhaal:
Die Tortelduif.






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die reuk van.
Lekker gelees, goeie einde.Dankie
6 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 10 ure oud


Geur
Na soveel dae sonder tandeborsel sal enigeen swymel....en seer sekerlik flou val....haha. Baie lekker storie hoor
6 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 20 ure oud


Liede
Absoluut heerlike tone omkrul fantasie! Laaank laas so een van jou gehad.
6 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 2 ure oud



n Vergane Era

deur neels claasen

n boek met verhale en staaltjies uit die skrywer se eie eie spoorwegloopbaan



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar