Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Slegs die geknetter van die konka kan in die Huis gehoor word. Dit is net 'n verlate saal, maar hulle noem dit die Huis. Die oudstes is twaalf, want op dertien word jy groot. Dan is jy 'n Tiener. Tieners moet gaan vir Grootmensopleiding.

Een van die seuntjies staan op en gaan staan op 'n stoel. Sy naam is Leier. Al die koppies in die Huis skiet om en hou vir Leier strak dop.

"Genoeg is genoeg!" skree hy, "vandat ons gebore is, is ons verdruk deur die Grootmense! Vir jare word ons gedwing tot slawerny! Ons moet die gras sny, ons moet die tafel dek, ons moet die honde kos gee, maar wat kry ons? Huiswerk! Groente! Slapenstye! As ons nie hulle "geskenke" aanvaar nie, word ons gestraf met 'n pak slae of méér huiswerk of méér groente of vroeër slapenstye! Vir drie jaar staan ons nou al op teen hulle, maar dit belowe ek julle, my kamerade, vanaand wen ons!"

Met dit rys 'n magtige kreet van die Kinders en tweehonderd vuisies pomp in de lug. Hulle wag al lank op hierdie oomblik. Vanaand is hulle optog. Hulle gaan skool toe.

By die skool is die ouervergadering. Die Grootmense het snuf in die neus gekry van die Kinders se optog. Beangs fluister hulle onderlangs, dan staan daar een Grootmens op. 'n Lang vrou met 'n geboë skof, dun, spinnekoppoot-vingers wat in die lug kruwel en 'n moesie op haar lang, krom neus waaruit 'n klein klossie harie peul. Skoolhoof.

"Die kinders is van plan om ons vanaand finaal te onttroon. Hulle probeer nou al vir drie jaar weerstand bied, maar tevergeefs! Steeds moet hulle huiswerk doen, steeds moet hulle groente eet en steeds moet hulle vroeg gaan slaap! Ons is die volwassenes, ons is groot en hulle is klein en dit maak ons outoritêr! Vanaand gaan ons hul laaste hoop verkrummel, by die skool se rugbyveld! Bewapen julself, want vanaand is die val van die Kinderssss!"

'n Remoer van stoele wat uitgeskuif word en belde wat losgemaak word en pantoffels wat uitgetrek word, hang stil in die lug.

Op die rugbyveld ontmoet die twee magte. Skoolhoof staan voor as bevelvoerder van die Grootmense en Leier, in sy swart Batman-hempie, by die Kinders. Tweehonderd kinders en honderd volwassenes staar mekaar aan. By die Kinders kan jy die fyn gekraak hoor van ketties wat gespan word en die gekabbel van 'n magdom waterpistole. Leier staan met sy gepoleerde BB-haelgeweer in sy heup. By die Grootmense hoor jy die dowwe plof van pantoffels wat teen hande slaan en pa's se belde wat teen mekaar klingel. Skoolhoof se klou is styf om 'n staalliniaal gewen.

'n Hond blaf veraf in die duisternis en die groepe stromloop mekaar in die grootste burgeroorlog ter geskiedenis.

Die Slag Van Vele Pakke Slae.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Liewe Ma - van Bart I

deur Bart

Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar