Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Die kronkel, klip-uitgelegde paadjie maak die laaste draai na bo en ek stap uit op die massiewe plat rotsbank, dop die emmertjie met vleis en beentjies op die rotsbank uit en neem my plek in op die klip geboude stoel om twee van die grootste wonders in my lewe en van die natuur te aanskou; die dagbreek, en vanuit die verte, kom die melodieuse môre groet van my vriend, Bergarend. Dit is sy naam en ons het ‘n verbintenis.
Wyl die horison kleur verander, van lig grys , al hoe rooier totdat die Son met sy ontploffende energie die nag verdryf en ‘n nuwe dag oor lewe op Aarde gebore word, vat my gedagte vlug saam met Bergarend.

...................................
Grootpiet, Veldkornet Grootpiet, my kameraad en boesemvriend hier in die Militêre kamp val langs my in terwyl ek vir oggend koffie na die personeelkamer stap. Wyl ons stap kom troepe verby en salueer ons twee offisiere.
Oggendkoffie is ‘n semi parade vir ons offisiere waar soms belangrike inligting gegee word. Met die binnegaan sien ek dat ek en Piet effe laat is want almal is al om die tafel. Ons halt, kom tesame op aandag en salueer Kommandant Viljoen, die hoof van hierdie Regiment.
Hy draai nie doekies om nie, kry ons aandag en bly staan terwyl ons almal sit.
“Sy naam is Operasie Wes Oranje en dit is ‘n groot oefen offensief in die Noordkaap en dit begin vandag presies oor een maand. ”
Ons kyk na mekaar en die duidelike goedkeuring en verassing is op almal se gesigte maar Kommandant is nie klaar nie:
“Ek wys julle op die belangrikste punt en uitdruklike waarskuwing: Die Operasie vind binne die Diamant sper gebied plaas en swem in die Oranje rivier is verbode. Dit moet julle aan julle onder-offisiere en manskappe baie duidelik maak. Majoor Duvenhage sal vir julle al die inligting oor die operasie gee.”

Gedurende die res van die koffie halfuur is hierdie komende avontuur onder bespreking en elke offisier kry sy opdragte. Ek en Piet is kamerade en doen dinge saam. Sy kyk na my en die plooitjie trek tussen sy twee pikswart oë, laat my wonder;
“Piet, en die kyk wat jy my gee?”
“Willem, die operasie is vir ses weke. Dit is ses weke weg van die huis en vir jou en Debbie is dit ses weke uit mekaar en julle verhouding wat alreeds wankel . . .”
“Hemel Piet, is nou nodig om my te ontstel, dit is juis haar verjaarsdag ook nog vandag en jy weet ons eet saam met jou en Ria vannaand.”
“ Ek weet want Ria gaan haar by haar werk optel om hulle dinge gedoen te kry. Ons sal maar so diplomaties moontlik wees met die vertel, los dit liewer vir my ek sal Ria eers vooraf inlig. Die nuus moet so sag moontlik vir Debbie gegee word.

Die res van die dag sleep vir my traag verby. Debbie is die vrou van my lewe. Daar is net nie nog iemand soos Debbie nie en ek wil graag ons verhouding na ‘n hoër vlak neem maar Debbie sien probleme. Sy sien dit elke dag by Piet en Ria.
Hulle het twee kinders wat al op pad skool toe is. Die staat betaal nie. Die Weermag betaal swak en Ria moet los werkies doen om ekstra te verdien sonder om vrou en moeder wees in te boet.
Hierdie situasie is vir Debbie onaanvaarbaar want sy is beter gewoond. Haar pa is bees en wild boer in die Bosveld en sy, as enigste kind is gewoont aan ‘n goeie lewe.
Debbie sien baie duidelik nie kans vir ‘n sukkel bestaan nie:
“Willem, is die Weermag die enigste plek waar jy kan werk?”
Hoe antwoord ek haar as die Militêr my lewe en bloed is? Hoe antwoord ek haar as werk en leef saam met die troepe, veldwerk en aksie, die uniform en dissipline, diep in my are vloei?
Dit is die kruispad waarvoor ek tans staan: Die keuse tussen die twee liefdes van my lewe.

Die aand werk Piet en Ria saam en praat net positief oor die komende operasie en die ses weke se weggaan en Debbie se blou oë verdonker:
“Dan moet jy maar aan die Weermag die verloofring gee Willem. Nee wag, kom ek vertel jou wat jy moet doen; loop trou dan ook sommer met die weermag. Dit lyk vir my die beste keuse vir jou.”
Op hierdie onsmaaklike noot het die aand verby gesleep en ek het in swaarmoed verval. Ria en Piet, gewoont daaraan om die rieme dun te sny, het probeer maar Debbie sien nie ‘n toekoms nie en noem sommer ook dat sy verlof gaan neem en plaas toe gaan.

Die reëlings vir die operasie het my tyd ingesluk en ons twee kon darem die aand vóór haar vertrek gaan vensters kyk en iets nuttige by ‘n buitelug kafeetjie, ‘n kworum kon ons nie bereik nie en haar laaste woorde was:
“Gebruik die ses weke om te dink. Om aan my en jou toekoms te dink buite die uniform.”

Die aksie, die adrenalin van die Militêre operasie, kon nie die leemte in my hart vul nie. My wêreld, my pad in die lewe vorentoe is voor ‘n afgrond en Piet probeer om so tussen alles deur my gees op te helder.
Ons twee se offisierstent is op die wal van die Oranje en al die manskappe het vertrek, ek en Piet sal hulle opvang en Piet kom van buite by die tent flappe in:
“Willem, kom saam, ons gaan was jou sorge weg.”
“Wat bedoel jy Piet?”
“Hier is nie ‘n mens in die kamp nie en die oggenson blink op die water, kom ons gaan duik.”
“Is jy van jou kop af, as hulle ons vang het ons moeilikheid!”
Piet voel niks hy pluk sy onderbroek uit en met ‘n:
“Laaste in die water maak die koffie!”
Dit is wat ek nodig het en storm ook kaal agter hom aan, Hy is eerste in en duik, kom op met ‘n klip en gooi na my. Ek duik ook en kry ‘n klippie op die bodem en wag vir sy kop en skouer om te verskyn. Hy verskyn stroomaf agter my en ek swaai om op sy skree:
“Koes of vang troep!”
Ek is ‘n redelike krieket speler en vang die klippie raak en wag dat Piet weer bo die water verskyn en die oggendson se strale verskiet bliksemstrale uit my hand in die lug reg om te gooi.
Ek vries en bring my hand nader, spoel dit in die stroom en sit die klip in my ander hand.
Geen woorde kan die wonder van die skepping beskilder nie. Glad, presies gevorm en duisend maal duisend se prisma strale skiet op na my oë.

Piet se woorde langs my ruk my terug:
“Willem, dit is ‘n diamant, dit is ‘n regte, opregte diamant!”
Ek kry my asem terug nadat duisend maal duisend gedagtes deur my brein geflits het.
“Piet, en dit is MYNE ! hoor jy, jy hou jou bek en vergeet hierdie oggend in totaal.”

Ek het Piet se swart oë gesien. As offisier sweer ons ‘n eed van getrouheid. Piet is getroud met ‘n familie en Piet is Militaris uit en uit en het ‘n loopbaan.
Ek staan voor ‘n afgrond maar iemand, ek weet nie wie nie, miskien die Geluksgodin, het ‘n valskerm om my skouers gehang. En ek gaan spring, buig of bars, my keuse het verdwyn . My loopbaan gaan blom en my liefde gaan ontplof van lewensvreug en geluk.
Ek gee vir hom net ‘n weg waai hand op sy woorde:
“Willem, jy moet die ding loop inhandig.”
“Piet, bly jy net stil. Ons vriendskap is seker meer werd, buitendien kan ons mos deel!”

Hierdie voorval het soos ‘n wolk tussen ons gehang dwarsdeur die operasie. Ek het dit sterk aangevoel dat Piet twee harte het. Ons het nooit weer oor die ding gepraat nie.
Terug by die huis kon ek nie wag om alleen met Debbie te wees nie. Wat tussen ons gebeur het sal boekdele vul maar haar laaste woorde het alles verseël:
“Gee daai ding vir my, loop doen jou werk en bly stil!”

Een week later gebeur twee dinge:
Debbie groet my en raak weg.
Piet sing soos ‘n Kanarie en al wat ‘n Militêre- en Staatspolisie man is, is op my.
Ek het nie gelieg nie:
“Ek het nie ‘n verdomde diamant nie!”
Hulle het Debbie op die plaas loop haal. Hulle het drade van die liegmasjien aan haar gekoppel. Sy het geslaag met haar punt:
“Ek het nie ‘n dem diamant nie!”
Die Wet neem die vreeslikste draai en die bewyse is net Piet se woord maar De Beers is magtig en hulle eis straf as voorbeeld vir toekomstige
Fortuinsoekers of die Weermag mag dalk nie weer die gebied binnegaan nie.
Owerheidsbesluit: Offer die Veldkornetjie en die hofsaak is vinnig en die vonnis is die ergste wat enige offisier in die Weermag kan tref:
Amptelike oneervolle ontslag.

Die noodlot was my genadig dat Debbie die aanskou en beleef gespaar is. Ek het na die aand wat sy die euwel uit my hand gevat, haar nooit weer gesien nie. Ek het die verlies van die diamant gesien as :
Optelgoed is Jakkalspis en geglo sy het dit weg gegooi want sy was eerlik met haar verweer.

Ek het die nag nie geslaap nie. Dit was presies soos ‘n ter dood veroordeelde wat wag op die oggendson en die tou om die nek.Ek moes in die personeelkamer wag – alleen met net my eie donker en somber gedagte en het in teenstelling, nie ‘n dem omgegee nie.
My liefde, my loopbaan my beste vriend en kameraad . . . alles was uit my lewe uit.
Soos die noodlot dit bestel het, kom Piet my haal om my na die paradegrond te marsjeer. Hy is koud, kalm en die ideale offisier:
“Willem, af met jou pet en rang tekens.” Geen asseblief en geen vriendskap meer nie. Sy bevele gehoorsaam ek soos ‘n mummie en ek hoor net vaag:
Lin’s-r’g-li’k-ja teen 180 passe per minuut – dit is met spoed en ek sien net die troepe in holvierkant opgestel en die musiek is die dodemars soos geen orkes dit nog ooit uitgevoer het nie maar ek is soldaat, vier, breed van skouer, regop en trots.
Ek reageer asof in ‘n droom terwyl my wese, my lewe en siel, stukkie vir stukkie uit my geskeur word. Ek word ge-halt en ge-omkeer en die bevele en doen en late word oordonder deur die onophoudelike gerommel van die orkes se tromme wyl stukkie vir stukkie, knope, lapelle al wat my identifikasie, trots en lewe is van my pragtige uniform roekeloos en wreedaardig afgesny en in die grond vertrap word. Net die flitsende strale van die blink swaardlem van die Bevelvoerder soos hy sny en verinneweer, wys dat wat aangaan ‘n werklikheid is.
Dit is soos die galg se valdeure wat onder my oopswaai – die skreiende bevel van die Bevelvoerder:
“Marsjeer hom af!”
Ek het nie meer gereageer op Piet se; links-regs-links-regs nie Ek het net gestap, net gewoon gesleep stap . . . na die hekke en die ewige gitswart duisternis wat op my wag. My karretjie met al my besittings het geparkeer gestaan en ek kyk vir Piet agterna wat trots terug stap. Hy het ‘n lewe om te lei en kon nie met ‘n geheim saam leef nie.

Ek het ‘n losieshuis se kamer betrek en net ge-eet, geslaap en geheel. Ek het nie eers kontak met Debbie gemaak nie – nie na die vernedering en skande wat ek oor haar gebring het nie.
Tyd het nie meer saak gemaak nie. Ek het ‘n paar rand in die bank gehad en moes eers my lewe op ‘n manier orden. Ek het die middag vertoning gaan fliek en vind my kamerdeur op ‘n skrefie oop. Sy lê op my bed, sy lyk soos ‘n Engel en ek stamp my kop teen die deur se kossyn.
“Jy kan maar stamp, dit is ek en die twee maande was vir my ook lank. Ek het klaar jou goed gepak en gelaai en betaal, kom, klim ons moet ry.”

..............................
Bergarend se roep kom met snelheid nader. Majestieus sirkel hy rakelings bokant my kop, draai grassieus om, tol van pure baldadig bollemakiesie en kom land sagkens by sy ete.
Dit was Debbie se woorde drie jaar gelede, hier op hierdie selfde rots waar sy Bergarend oor die jare gemak , gevriend en gevoed het. Elke jaar, kom daar twee wel gevoede kuikens uit die nes.
Ek weet waar is die nes want haar woorde het my gestuur:
“Ek het nie die diamant nie, ek weet nie waar dit is nie, ek het dit in ‘n stuk vleis gesit wat Bergarend nes toe gevat het . . . loop soek, dalk vind jy dit in die mis van die kuikens.”


Willie F van Tonder
2013/01/22







Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

arend
Boeiend! Lekker gelees, ek het baie om in te haal, wil meer van jou stories lees.
6 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 4 ure oud


arend
Ha ha, jy kry dit altyd reg om my in die mou te laat glimlag, soms hardop!! Wat is volgende?...
6 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 18 ure oud


Tilla Baard
Tilla Baard
Dankie
Soos altyd, stel jy nooit teleur nie! Baie dankie
6 jaar 7 maande 3 weke 3 dae 21 ure oud


Bergarend
mooi storie; boeiend.
6 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 16 ure oud


ROEP
Allamintag Wolf, puik verhaal!!!
6 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 22 ure oud


Vriend
In elke vriend is 'n vyand.
6 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud


Bergarend
Lekker gelees en boeiend dankie sneeuwolf
6 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 6 ure oud


De Beers
Pappabeer.... Ja, hoeveel bloed is direk en indirek geoffer in "landsbelang"... Terwyl dit eintlik geldmagbelang is.. Dis nou een "misdaad" wat ek nie as 'n misdaad kan sien nie.
Goeie storie. Ja, Roald Dahl, soos Carol sê ... "A twist in the tale!"
;-)
6 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 12 ure oud


Liewe Land!!!
Jy het my hier nou sowaar deur elke emosie denkbaar. Goed geskryf, Willie!!! Meesterstuk!!! Laat my dink aan Roald Dahl se tipe verhale ...
6 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


Bergarend
Dankie vir 'n lekkerlees kortverhaal Sneeuwolf....ek het dit baie geniet
6 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 14 ure oud



DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar