Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die roomys-karre doen al die rondtes in hierdie buurt vir dertig jaar of meer. Hierdie een is n ou kombi; helder groen met n wit dak. Dit is geverf met helder, kleurvolle letters wat sê ‘Roomys’. Soos wat dit stadig deur die kronkelende strate van die ou buurt ry, speel dit n vrolike en opgewekte deuntjie.

Vir baie jare ry dit naweke hier rond en speel dieselfde ou ‘ding-n-ling-dong’ deuntjie, soos wat dit omgaan by die huise en roomys verkoop. As dit n blok van jou huis af is hoor die kinders dit al, en begin geld versamel van hulle ouers. Dan hardloop hulle na buite om hom te keer, en roomys te koop.

Nou staan hy buite op die sypaadjie en n klein groep kinders drom om hom saam. Die roomys-man neem dan die bestellings van die kinders. Hy neem die roomys-horinkie en vul dit met roomys deur n knoppie te druk. Hy versier dit met rooi-stroop en n sprinkeling van neute. As jy sjokkolade in jou roomys soek; kos dit n bietjie ekstra.

Die man deel die roomyse aan die kinders uit, en ontvang die munte en note van hulle klein hande. Dan sorteer die kleinspan die kleingeld onder hulleself uit, voor hulle gelukkig terug stap huistoe, al lekkende aan die heerlike roomyse. Warm somers dae is altyd n goeie tyd om roomys te verkoop.

Dan ry die ou roomys-kombi stadig verder en speel sy ‘ding-n-ling-dong, ding-n-ling-dong…’ deuntjie. Heeldag ry hy in die ou buurt rond en verdien n bietjie ekstra geld. Die man hou van sy werk en die ou groen kombi, en fluit vrolik saammet die deuntjie, terwyl hy rustig deur die kronkelende strate ry onder die skadu van die hoë bome…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankie
Dankie vir die heimweeinspuiting.
GvT
4 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 16 ure oud


Eg Suid-Afrikaans
Lekker somers dae in Suid-Afrika.

Dankie vir die kommentaar...
4 jaar 9 maande 1 dag 7 ure oud


Roomys
Dankie Jacques, jy het my heerlik teruggevoer na my kinderdae, sorgelose kinderdae. Ek kan nou nog die klingeling hoor.
Goed gedoen.
4 jaar 9 maande 1 dag 22 ure oud


roomys
Lekker gelees, dankie vir die deel. Hoe speel kleintyd se agterna hol weer voor my af en die hipnotiserende deuntjie
4 jaar 9 maande 3 dae 2 ure oud



Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar