Kortverhale

Titel: Die Seeer
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoekom is die lewe so seer, rou en tog so uitbundig vreugdevol by tye? Hoekom kan almal nie net volkome geluk smaak – vir altyd en altyd? ‘n Hol kol hier binne my wat niemand of niks kan vul net God se genade maak dit leefbaar…Daar is goeie dae en dan die heelwat minder sulke goeie dae. Keuses – alles keuses van hoe om jou lewe te leef, hoe om jou straf te dra, hoe om elke oggend uit die bed te kom, hoe om te leef.

Die hoop en vrede wat die anti-desperant my bied – my grootste vriend, my grootste vyand…wit ovaal pilletjie. Liede- haat verhouding tussen my en jou – wil jou los, het probeer, maar jy het my stewig in jou greep – lewenesredder. Jy laat my normaal funksioneer, laat my inskakel by ander mense, ek lag, ek praat, ek sê die regte dinge, doen die regte dinge in die oë van die sogenaamde normale samelewing…tog is daar tye waar jy my alleen laat…waar ek fisies siek voel, moedeloos is, nie die abnormale persoon op pille wil wees en net wil slaap en slaap en slaap…en dit met jou in my sisteem. Niemand het my lief, niemand weet hoe ek voel, niemand verstaan my…

Ek wil skree – hard skree, sal dit my laat beter voel? Waar is ek, die ek wat so vreeslik lank terug tog gelukkig was…sonder die wit normaal- maak- pilletjie?? Wie is ek nou, sal ek my eie ek ooit kan terug kry? Wie sou ek wees sonder jou Depressie? Wie sou ek wees sonder jou Pilletjie? Weer die ou ek? Die ek wat ek self nie meer kan/sal herken nie??

Ek’s bang, so vreeslik bang…ek vermy gedagtes rondom my pyn…ek vermy alles wat hy herinner aan wat my tot hier gebring het…ek vermy die mense wat my lief het, want ek verdien nie hul liefde…Ek is ALLEEN…
Alleen op my pyn eiland – niemand mag weet dat ek vergaan van selfverwyt, sluk jou pil, lag en leef!! Ek die gelukkig vrou in ander se oë. Net ek mag weet, net ek mag weet van die wit pilletjie wat in my are vloei – teken van swakheid, die pil slukery.

Waar gaan ons verhouding eindig pilletjie – gaan jy my ook verlaat? My ook haat? My los op te vergaan sonder jou drukkies, omgee en liefde. Sonder jou…ek kan nie, ek wil, ek wil nie.

God help my assbelief, dra my, druk my teen U bors was op dae soos vandag… Ek het U so nodig. Ek wil U behaag. Ek wil leef sonder selfverwyt – U het my sonde vergewe en ek dank U daarvoor – U genade is groter as my begrip. Groter as die groot Depressie en groter as my wit pilletjie…HELP!!!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die seer
ek kan net ditto se op SeeSe kommentaar *Drukkie*
4 jaar 4 maande 3 dae 9 ure oud


Die seeer
Ai Rooikappie. Dit is maar 'n helse stryd om te stry. Iemand wat nog nie deur dit is nie kan ook nie kommentaar lewer nie. Allermins negatiewe kommentaar.

Soms doen jy dinge as jy baie depressief is sonder dat jy weet dat jy dit gedoen het.

Hierdie is 'n tyd wat jy moet hard prober om hulle wat vir jou bystand te gee, te aanvaar en nader aan jou te kry. Dit is die hulp wat die Here vir jou gee.

Dit kan tyd neem om heeltemal van dit af weg te kom. Dit is hoekom ek glad nie daarvan hou om die pille te gebruik nie, want dit is presies wat dit se. Die meds onderdruk die depressive en genees dit nie.

Ek het geleer om met gevoelens te deel deur iemand te kry wat net na my kan luister. Probleem dan reeds gedeel. Soms kom die antwoorde as ek net na die stem in my luister wyl ek praat oor die probleem.

Sterkte en bid dat jy spoedig uit die maalgat sal kom en no Bo sal spiral in plaas van na benede.

Groete
4 jaar 4 maande 3 dae 17 ure oud


Die Seeer
Die wil om voort te gaan kan niemand onderdruk nie. Hoop en redding is daar altyd vir digene wat daarna verlang. Die stryd is klaar vir die mens betaal.
4 jaar 4 maande 4 dae 3 ure oud



Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar