Kortverhale

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Deel 2

“Wie is daar?”

“Maak oop die deur ou, dis ek, Rico.”

Jacques huiwer voor hy die deur oop maak. Is dit veilig en kan hy sy vriend vertrou. Dan glimlag hy senuweeagtig en beduie vir sy blondekop vriend om binne te kom.

“Jacques. Ek moet met jou gesels. Lupin is glad nie gelukkig nie.” Rico plak homself op die rusbank neer.

“Met my gesels? Ek dink dis eerder anders om. Wat op aarde Rico? Towenaars, vlieënde meisies! Wat op aarde! Jy skuld my ’n verduideliking.“ Jacques vryf oor sy gesig en gaan sit oorkant Rico. Hy voel duislig en bewerig en skrik toe sy neus skielik begin bloei.

‘Jacques… moenie vir my sê… Magtig man! Is jy simpel! Het jy sowaar die hart ingesluk!” Rico steek ’n sigaret aan en bied een aan vir Jacques wat nou sy bloederige neus afvee met sy wit hempsmou. Die bloed maak patroontjies op die wit linne en hy wonder waar hy hierdie hemp gekry het. Dt lyk nie na iets wat uit sy klerekas kom nie.

“Nee, ek het nie. Vladimir het verdwyn, hart en al.” Lieg hy sonder om te blik of te bloos. Sy vriend hoef nie alles te weet nie en hy is nie seker of hy die prys waaroor die meisie so aan gegaan het sal kan betaal nie. Hy suig aan die brandende sigaret en konfronteer dan sy vriend.

“So, gaan jy my nou vertel wat aangaan of nie?”

“Ek sal ja. Maar besef net dat hierdie inligting nie vir almal se ore bedoel is nie en dat ek in groot moeilikheid kan kom as hulle uitvind ek het uitgepraat.” Rico kug en sy gesigsuitdrukking is ernstig.

“Ja,Rico. Jy weet mos.”

“Nou goed. Vladimir is ’n towenaar, soos jy reeds weet. En die hart wat jy moes gaan afgee het vir hom, sou hy ten duurste koop by Lupin. Dis nie net enige vink se hart nie, maar ’n goue vink. En daar is slegs nog drie oor en hulle is nie maklik om op te spoor nie.” Rico se oë is groot.

“Oky, maar wie is Lupin en waarom wou Vladimir die hart hê?” Jacques se gedagtes werk oortyd.

“Lupin? Ek weet nie. Niemand het hom nog ooit gesien nie. Al wat ek weet is dat almal bang is vir hom.” Rico blaas die sigaret rook in die lug op en druk die toppie dood in die oorvol asbak.
Skielik bars iemand in by die deur. Jacques is verbaas om die rooikop skoonheid voor hom te sien staan.

“Het jou ma jou nie maniere geleer nie? ’n Mens klop gewoonlik eers voor jy sommer net inbars.” Hy taan ongemaklik op en kan nie help om bedwelmd te voel deur die meisie se skoonheid nie.

“Hello, Jacques. Rico, ek is bly jy is ook hier.” Sy gaan sit parmantig op die rusbank langs Rico. “Kry ’n mens nie iets te drink in hierdie plek nie?”

Jacques rol sy oë geireteerd om. Hier kom die meisie wat hom gister rondegslinger het, ingewals asof dit die normaalste ding op aarde is, en hy weet nie eens haar naam nie.

“O, so jy wonder wat my naam is?” Die rooikop meisie glimlag skalks.
Jacques raak yskoud en wonder meteens hoe die meisie weet wat in sy gedagtes aangaan. “Hoe weet jy? En aangesien jy nou weet ek wonder, gaan jy my nou sê of nie?”

“Castalia. En dit meneer, is maar net een van my vele talente.” Haar oë gloei weer soos die vorige dag en speel met haar vingers deur haar lang krul hare wat vloeiend oor haar skouers golf.

“Wat is jy? En waar pas jy in die prentjie in?” vra Jacques.

“Dit is nie nou ter sake nie. Ek is hier om julle te kom haal. Lupin het my gestuur. Ons sal dadelik in die pad moet val as ons voor vanaand daar wil wees. Jacques, ek stel voor jy trek jou beter aan. Ek en Rico wag vir jou terwyl jy jou gaan netjies maak.” Castalia beduie vir Jacques dat hy homself maar kan verskoon.

Die badkamer is deurmekaar en Jacques gooi die bloederige hemp op die hoop wasgoed wat agter die deur opgestapel lê. Hy haal diep asem en borsel dan vinnig sy tande. Hy staar na die beeld in die spieël. Hy voel so leeg en verward. Die persoon wat terugstaar is nie hy nie. Iets aan hom lyk anders. Dan sien hy dit. Sy blou oë het pikswart geword. Dit lyk soos die van ’n siellose wese. Hy spoel sy gesig af en die koue water teen sy vel voel soos ’n lafenis. Hy verklee in ’n gemaklike denim en t-hemp. Hy jel sy kuif reg en besluit om die beste van die situasie te maak waarin hy homself bevind. As hy vir iemand anders hierdie verhaal moet vertel sal hulle sê hy is van sy kop af. Stapelgek. Hy kan maar net sowel die avontuur geniet en hoop dat hy sal wakker raak uit hierdie droom.

“Ek is reg. Met wie se kar ry ons?” Hy druk sy beursie in sy broeksak. Rico en Castalia staan al en wag by die voordeur.
“’n Kar? Nee-Nee. Ons kan nie gaan met ’n kar nie. Ons ry sommer met Zaria.” Castalia gee ’n fluit en Jacques voel of hy gaan flou raak toe ’n groot blou naaldekoker land voor sy woonstel deur.

“Rico? Sien jy dit ook?” Hy vat aan sy vriend se arm.

“Ja, ek sien dit ook. Jacques, ontspan net.” Rico voel senuweeagtig en besef dat sy beste vriend binnekort die volle waarheid gaan uitvind en hy hom nie meer daarteen sal kan beskerm nie.

Castalia klim op die naaldekoker se rug en beduid vir die twee jongmanne om ook op te klim. Hulle huiwer, maar na ’n paar minute sit Jacques en Rico agter Castalia op die groot naaldekoker. Hulle maagde wil omdop toe die massiewe insek met ’n spoed wegtrek.

“Waarheen is ons nou weer oppad?” Jacques haal ’n sigaret uit sy sak en sukkel om dit in die beweeg aan te steek.

“Na Lupin. Is jy mal ou? Jy kan nie rook nou nie.” Rico klap die sigaret uit sy vriend se hand.

“Luister hier, ek sal doen wat ek wil, wanneer ek wil!” Jacques het nou vir Rico aan die kraag beet en dreig om hom van die vlieënde insek af te gooi.

“Hey julle twee! Gedra julle!” Skel Castalia. “Lupin soek julle lewendig.”

Jacques los sy vriend en rol sy oë ongeërg om en trek met sy vinger ’n lyn oor sy nek. Rico voel ’n koue rilling teen sy rug afkruip en let op dat sy blou oog vriend nie meer blou oë het nie, maar dat dit nou verander het in twee pikswart balle wat leweloos voor hom uitstaar. Hy kan nie help om te wonder of Jacques die hart geëet het nie, want waarom ander sal hy skielik so kort van draad wees. Hy kan maar net hoop en bid dat dit sy verbeelding is.

Onder hulle is die berge en valleie en Zaria vlieg sorgeloos deur die wolke wat soos komberse om hulle vou.
“Ek is honger.” Sê Jacques. “Die son begin al sak, ek het nog niks geëet vandag nie. Ons sal moet stop en eers iets eet.”

“Ja, ek stem. Ek sal vir Zaria stuur om vir Lupin te sê dat ons eers teen more daar sal wees.” Sê Castalia terwyl sy die Naaldekoker tot ’n land bring. Hulle land op ’n oop stukie veld wat omring is tussen bome.
“Gaan soek julle twee solank hout vir die vuur. Ek sal solank vir ons bessies en sampioene gaan soek om te eet.”

Die takke kraak onder hulle voete soos hulle dieper in die woud instap. Die voëltjies wat fluit in die bome en die immergroen varings wat bosserig groei in die koelte van die hoë bome gee ’n sprokiesagtige atmosfeer.

“Mooi, hé? “ Vra Rico vir sy vriend terwyl hy houtjie optel.

“Seker.” Jacques se gedagtes is nie by die omgewing nie, maar eerder by wat gaan gebeur as Castalia en Rico moet uitvind dat hy die hart ingesluk het. Dat hierdie hele reistog dalk ’n mors van tyd is. Dat Vladimir onskuldig is. Wat gaan Lupin met hom maak as hy uitvind dat hy die een is wat die hart ingesluk het?

“Jacques, daar is iets wat ek jou wil vra.” Waag Rico dit. “Die vinkhart… Het jy dit geeët?”

Jacques voel woede, angs en vrees gelyk in hom. Hy lieg: “Nee.”

“Moenie jok nie, Jacques.” Castalia staan skielik voor hom. “Jy het. Ek kan dit aanvoel. En ek kan dit sien aan jou optrede.”

“Ek het nie!” Jacques stamp sy voete teen die grond. “Waarom glo julle my nie! Kom ons maak klaar, ek is honger.” Die stem wat uit sy binneste kom maak homself bang. Dis diep en grof. Hy loop terug na die opp stuk veld en gooi die paar stukke hout wat hy bymekaar gemaak het op ’n hoop.

Sy blondekop virend en die rooikop meisie sukkel om die vuur aan die brand te kry. Toe dit uiteindelik brand, bied Castalia vir hulle bessies en sampioene aan wat sy netjies toegedraai het in groot sappige blare..

“Watse snert is die? Ek soek vleis! Nie bok kos nie!” Jacques stamp die rooikop meisie eenkant toe.

“Jacques! Kalmeer! Ons mag nie die diere van die veld dood maak en eet nie. Dis teen ons beginsels.” Sy gaan sit versigtig langs Jacques. “Ek dink dis tyd dat ek jou die waarheid vertel.”

“Ja, ek ook.” Hy hou sy maag vas wat nou hard grom van die hongerte.

“ Ek is ’n nimf. Ek is een van Lupin se werkers. My werk is om die natuur te beskerm. Toe hy uitvind van die Vinkhart wat aan Vladimir verkoop is, was hy baie ontsteld. Hy het dit nie goedgekeur nie. En toe hy hoor jy is betrokke, dit was vir hom net een te veel.” Castalia raak saggies aan die jongman se been wat nou onrustig bewe.

“Moenie nonsens praat nie! Lupin het dan die hart gestuur! En wat het hy te doen met my?”

“Wel, hy het nie die hart gestuur nie. Ons probeer nog uitvind wie dit is. Die persoon is vanselfsprekend ’n vyand van Lupin en het onder sy naam gewerk om hom uit te tart.” Castalia kyk onderlangs vir Rico.

“Maar waarom? Wie is Lupin en hoekom het hy vyande?” Jacques kyk nou van Rico na Castalia. “En waar pas Rico in die prentjie?”

“Dis nie nou van belang nie. Al wat ek weet is dat ons die hart moet terug kry en dat ons by Lupin moet uitkom so spoedig moontlik. Hier, eet die bessies.” Castalia gee haar oorblywende bessies vir Jacques toe hy skielik opspring en ’n bokkie wat naby staan en wei bespring en aan die keel byt. Hy voel die hare van die bokkie teen sy lippe en die bloed wat nou teen sy ken afdrup. Hy voel die lewe uit die bokkie uitvloei soos die sterwende dier skop en sy laaste asem uitblaas. Hy weet nie wat sopas gebeur het nie, maar ’n vreemde gevoel van mag het ’n houvas op hom gekry en hy kan nie genoeg van die bokkie se vars vleis verorber kry nie.

Hy kyk op toe dit skielik begin reën en knallende bliksemstrale uit die hemel uit neerdaal.










Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Alles-in-een-toerustingspakket

    deur Christo Nel

    Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar