Kortverhale

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die water daal neer op hulle. Castalia se stem is skril toe sy uitroep: “Nee!” Sy begin hartstogtelik huil.

“Jacques! Hou op! Stop dit onmiddelik!” Haar hare raak soos vlamme en sy sweef tot bo die bokkie wat nou leweloos lê. Jacques kyk haar vyandig aan dan hardloop hy en klouter tot hoog in een van die bome.

“Castalia! Kyk!” Dis Rico wat nou beduie na die klein koddige mannetjies wat een vir een te voorskyn kom. Hulle neusies is rooi en hulle hoofde is versier met pers jakarandas. Aan hulle voete is skoentjies met skerp punte en hulle lywe is beklee met gevlegde gras.

“Dis die reën kabouters.” Castalia vee haar trane af en kom stadig tot op die grond. Sy gaan staan langs Rico.

“Goeiedag.” Die mooi meisie maak ’n effense buig beweging. Sy glimlag vir die groep kabouters wat nou in ’n bondel voor haar en Rico staan.
“Goeiedag. Ons het ’n bose teenwoordigheid aangevoel en toe begin dit reën. Is alles in die haak hier?” Die kabouter wat praat het lang krul hare wat wild onder sy blommehoed uitsteek en hy teug rustig aan ’n pyp.

“Alles is in orde.” Rico loer oor sy skouer na Jacques wat soos ’n kat in die boom sit.

“Dis nie hoe dit vir my lyk nie. Wie is verantwoordelik vir die grusame toneel?” Die kabouter se stem is diep en klink amper soos die gedruis van ’n waterval.

“Wel, uhm…” Castalia kyk ook nou na Jacques wat hulle stip aanstaar.

Die kort kabouter met die lang krul hare kyk op en gewaar dan die gedrog wat in die boom sit.

“Dis hy. Die wreedaard. Bedwelm deur ’n donker gees. Gevul met haat en ’n liefde vir geld.” Hy beduie met ’n bewende vinger in die rigting van Jacques. “Kry hom daar af, dat ons hom kan genees.”

Castalia glimlag verlig. Sy het skoon vergeet dat kabouters draers van vrede is en dat hulle enige bose siel kan reinig.

“Julle sal ons help?” Vra sy.

“Natuurlik. Wat makeer hom? Waar het hy aan hierdie donker mag gekom?” Die kabouter teug aan sy pyp en blaas die rook in die lug op. Dit ruik soos laventel.

“Wel, hy het die hart van ’n goue vink ingesluk.” Verduidelik Castalia. Sy besef meteens dat die reen gestop het.

“Die hart van ’n goue vink? Een van die moeilikste onreinhede om te verwyder. Selfs buite ons vermoë.” Hy sug en beduie vir die ander kabouters om Jacques uit die boom te gaan haal.

“Ek het myself nog nie eens voorgestel nie. Ek is Klieka. Leier van die reën kabouters. En julle is?” Klieka kyk na Rico en Castalia.

“Ek is Castalia, Nimf uit die Noorde. En dit is Rico.” Castalia buk af en vryf haar neus liggies teen die van Klieka. Rico doen dieselfde.

Hulle gaan staan langs Jacques wat die kabouters nou op die oop stuk veld neer gelê het. Sy oë staar voor hom uit. Klieka loop op en af langs die liggaam wat nou geheers word deur ’n donker mag. Hy steek sy hande in die lug op terwyl hy in ’n vreemde taal praat. Jacques begin hoes. Sy lyf begin bewe en hang nou ’n paar sentimeter van die grond af.

“Die mag is sterker as wat ek gedink het.” Klieka draai om en Jacques kom hard te lande. “Hy behoort nou vir ’n paar uur heel normaal op te tree. Gee hom die tee om te drink sodra dit lyk of hy weer boosaardig raak.”

Castalia neem die goue kelkie by die kabouter wat gevul is met groen vloeistof. Dis piepklein en sy sit dit versigtig in haar sak.

“Bedoel jy die bose mag is nogsteeds in hom?” Haar stem is bekommerd. “En dat hy weer kan verwoes?”

“Ja, dit is. Daar is net een manier om hom skoon te kry.” sê Klieka.

“En dit is?” tjip Rico skielik in. Hy voel benoud en loer na sy vriend wat bewusteloos op die grond lê.

“Julle sal hom moet neem na Dané. Sy is al een wat die haat, woede en gierigheid uit hom kan verwyder. Sy sal ook vir julle ’n drankie kan meng wat die bose mag finaal sal oorwin.” Klieka praat in ’n fluister stem.

“Dané? Jy bedoel die Godin, Dané?” Castalia gaan sit plat op die grond en gooi haar bos rooi hare oor haar skouer. “Dis amper onmoontlik! En waarom sal sy ons help?”

“Gaan net na haar paleis. Stuur ’n boodskap saam met die vuurvliegies wat die hekke bewaar. Ek is seker daarvan sy sal haar oor julle ontferm. Maar maak gou. Die vrede wat ek vir julle vriend gegee het gaan nie vir ewig hou nie.” Klieka raak liggies aan Jacques se voorkop en hy maak sy oë oop wat nogsteeds pikswart is.

“Hoe kom ons daar?” Vra Rico.

“Zara sal weet.” Castalia gee ’n fluit en die groot naaldekoker kom land. Hulle help vir Jacques bo op die reuse insek se rug en spring dan ook op.

“Baie dankie, Klieka. Ek kan jou nie sê hoe baie ek jou hulp waardeer nie.” Castalia wuif vir die menigte kabouters terwyl hulle opstyg.

“Zara, neem ons asseblief na Godin Dané.”

Die naaldekoker sweef deur die lug. In die sterk skemer kry Rico nie tyd om die natuurskoon te bewonder nie. Hy is bekommerd oor Jacques wat nie ’n woord sê nie.

“Is dit normaal dat hy so optree?” Vra Rico vir Castalia.

“Ja, onthou, hy is nou bedek met vrede. Hy sal vir die volgende paar uur so verkeer.” Sy sien dat die naaldekoker moeg raak en stuur Zaria af grond toe. Hulle land langs ’n meer en sy verduidelik aan Rico wat nou met ’n verbaasde uitdrukking op sy gesig na haar staar.

“Dis donker en Zaria is moeg. Sy sal dit nie deur die nag maak sonder om eers te rus nie. Jacques se vrede behoort te hou tot sons opkoms. Ons sal beurte maak om te slaap. As dit lyk asof die vrede minder raak, gee ons vir hom die tee.”

“Ek sien. Maar hier is roofdiere en dis baie gevaarlike deel van die woud.” Rico klim van die naaldekoker af en help Jacques ook af.

Zaria vlieg op en verdwyn in die nag lug.

“Ek het vriende hier wat ons sal help.” Castalia hurk langs die meer wat soos ’n spieel lyk in die maanlig.

Sy roer die water liggies met haar hand en skielik begin die meer te glinster soos ’n floresssent lig. Dan rek Rico se oë toe ’n meermin uit die water te vorskyn kom. Haar hare is silwer en haar vel is die rede dat die water so helder is. Uit haar skyn ’n helder lig. Sy gaan lê op die groot klip wat effe bo die water uitsteek, naby die rand van die meer.

“Castalia, dis nou ’n verassing.” Die meermin glimlag en wuif vir Castalia. “Wie is jou vriende?”

“Dis Rico en Jacques. Ons is oppad na godin Dané, maar Zaria het moeg geraak. So ons sal moet wag tot sons opkoms, maar dis ’n bietjie gevaarlik hier. Sal jy omgee om wag te hou oor ons terwyl ons ’n bietjie slaap?” Castalia spoel haar gesig af in die koue water.

“Natuurlik. Julle kan rustig slaap.” Die meermin glimlag skalks en Rico kan nie help om effe ongemaklik te voel in haar teenwoordigheid nie. Hy kyk haar agterdogtig aan, maar ’n skielike moegheid oorval hom en hy gaap.

“Baie dankie, ons waardeer dit opreg.” Castalia gaap ook nou en krul haarself rustig op teen ’n boomstam.

Rico en Jacques slaap rug aan rug langs Castalia.

Daardie aand slaap Castalia en Rico so diep dat hulle nie eers die trolle hoor wat die kelkie tee uit Castalia se sak steel nie. Hulle raak ook nie wakker weens die gegiggel van die meerminne nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Voedsel vir die Siel

    deur Snuffelgids

    Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar