Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Goeiemore Rico, het jy lekker geslaap?” Castalia raak saggies aan Rico se skouer terwyl hy stadig regop sit.

“Soos ’n klip en jy?” Hy gaap en vryf sy oë. “Hoe lyk Jacques vanoggend?”

“Hy is nog heel rustig. Kom ons was gou ons gesigte sodat ons in die pad kan val. Ons is darem al halfpad tot by die godin.” Castalia hurk langs die spieëlgladde meer en sug tevrede toe die koel water haar gesig raak. Rico kom hurk langs haar beduie vir Jacques om by hulle aan te sluit.

Na hulle bessies geëet het vir ontbyt, klim al drie op die rug van die groot naaldekoker en vertrek op hul reis na godin Dané.

“Waarheen dink julle vat julle my?” Jacques se stem klink rasperagtig en Castalia voel-voel in haar sak na die kelkie tee.

“Waar’s die tee?” Vra sy benoud en stuur die naaldekoker af grond toe.

“Jy het dit in jou sak gesit.” Rico hou sy vriend se hande styf vas wat nou probeer wild rondswaai en hy raak bang vir die ondeuende grom geluide wat by Jacques se mond uitkom.

“Ek het nie gedink hy gaan weer boos raak voor ons nie by die godin uitgekom het nie. En nou kry ek nie die tee nie.” Castalia soek paniekerig rond in haar sak. “Ons het nie tyd om dit te soek nie!”

“Hoe ver is dit nog?” Rico haal ’n stuk tou uit die leersak en bind Jacques se hande en voete vas. “Ek sal hom vas hou, maar dan sal ons moet wikkel.”

Hulle klim weer op die naaldekoker en trek met ’n spoed weg.
“Na godin Dané, Zaria!” Roep Castalia en haar klein handjies klou vir lewe en dood aan die naaldekoker se rug.

“Daar is die paleis!” roep sy opgewonde na ’n ruk uit.” Jacques woel nogsteeds en Rico het sy hande vol om die boosaard onder beheer te hou.

“Wow… Dis asemrowend! Is dit alles van suiwer goud?” Nog nooit in sy lewe het hy iets so mooi gesien nie. Hy snak na sy asem. Nie eens sy pa se koningkryk is so mooi nie.

“Ja, Rico. Zaria, jy kan ons maar hier aflaai.” Castalia stuur haar naaldekoker grond toe en hulle land op ’n oop stuk gras.

Die voetpaadjie wat ly tot by die hekke van die koningkryk is van grond en aan weerskante groei wit lelies. In die lug hang die reuk van vars blomme en die getjirp van voëls vul hul ore.

Die hekke is hoog en word bewaar deur twee reusagtige wesens. Hulle is geklee in wit linne met gordels van goud om hul middels.

“Dis die teken van die godin.” Verduidelik Castalia en beduie na die gordels om die twee reuse lywe.

“Welkom by die poort na Die Koningkryk Van Godin Dané. Geen wese sal toegelaat word sonder die godin se toestemming nie. Wie is u en waarmee kan ons help?” Die twee groot wesens se stemme klink soos viole wat speel.

“Ek is Castalia, Nimf uit die noorde. Die is my vriende Rico en Jacques.” Castalia en Rico maak ’n effense buig beweging. “Ons kort die hulp van die Godin. Ons vriend het in ’n boosaard verander en die reën kabouters het aanbeveel dat ons na Godin Dané toe kom.”

“Ons sal gou die boodskap aan haar oordra.” Die twee groot wesens verander skielik in vuurvliegies en fladder oor die groot goue heinings.

“Sjoe, kan iets so groot verander in iets so klein?” Rico vryf oor sy oë.

“Hulle sê mos ’n vuurvliegie is een van die insekte met die grootste harte en die meeste liefde.”

“Laat my los!” Jacques skarrel en Rico gryp sy vriend weer vas. “Ek wil nie hier wees nie!”

Dan gaan die groot goue hekke wat lei na die paleis oop en die twee vuurvliegies kom weer te voorskyn. `

“Volg ons.”

Jacques ruk en pluk en Rico sukkel om hom onder beheer te hou.

“Gee hier.” Castalia gryp Jacques aan die kraag van sy hemp en gooi hom oor haar skouer. Rico is verbaas oor al die krag wat in die maer meisie se arms is.

Hulle loop tot by die deur van die paleis en voel hoe die heerlikheid hulle oorval toe die deure skielik oopgaan. Binne die paleis is dit soos ’n tropiese eiland met watervalle en riviere. In die middel van die vertrek sit Godin Dané. Sy sit rustig en mediteer op die blare van ’n reuse waterlelie.

Dan maak die vuurvliegies ’n fyn piep geluid en verlaat die paleis. Godin Dané maak haar oë rustig oop en roei tot teen die rand van die watermassa. Sy klim gemaklik van die blom af en beduie vir Castalia en Rico om nader te kom.

“Goeiedag, u hoogheid.” Castalia sit Jacques op die vloer neer. Rico hurk langs sy vriend wat soos ’n bestene aangaan en probeer loskom.

“Goeiedag, ek hoor julle is gestuur deur Klieka.” Die godin is gekleë in ’n lang rooi rok van egte sy. Aan haar arms is goue armbande en om haar nek hang ’n driehoek. Teken van priesterskap. Haar middel is getooi met ’n goue gordel.

Castalia kan nie genoeg kyk na hoe fyn en perfek die godin is nie. Haar oë is bruin en helder en haar donker hare kartel oor haar skouers.

“Dis reg so. Ek is Castalia; Nimf uit die Noorde en die is my vriende Rico en Jacques.” Castalia maak ’n effense buig beweging.

“Jacques, die gekose een? Dit breek my hart om hom so boos te sien.” Godin Dané buk af en vryf oor die wreedaard se voorkop. “Sy koors is onsettend hoog. Bring hom na die waterval. Ons sal eers sy aura moet skoon was.”

Rico neem sy spartelende vriend en sit hom neer op die rots onder die waterval. Die water stort neer op albei en Rico kan nie help as om die tintelende gevoel wat dit op sy vel laat te geniet nie.

“Rico, maak sy hande en voete los. En dan kom staan jy hier by ons.” Godin Dané se stem is sag.

“Reg so.” Rico haal die knipmes uit sy sak en sny die toue los van sy vriend se hande en voete.

Die water daal neer op Jacques en vorm swat plasse. Die olieagtie stof wat uit sy vel spoel verdwyn in die lopende water. Godin Dané gee ’n fluit terwyl sy Jacques onder die water uit lig. Uit die niet verskyn daar sewe monukke. Hulle is bedek met wit doeke en goue gordels om hul middels. Hulle baarde is lank en hang byna op hule maag. Hulle hare is vasgebind bo op hulle koppe. En aan hulle voete is daar geen teken van skoene nie. Jacques is nou slapend en godin Dané lê hom neer op die groen gras op die bank van die meer.

Sy wink vir die monukke wat ’n reguit ry vorm langs die slapende man. Hulle sing ’n lied van vrede en genesing. Die godin buig af soen Jaccques op sy lippe.

“Wat doen jy?” Vra Rico. Hy voel skielik frustreerd.

“Wag Rico, gee haar tyd. Sy weet wat sy doen.” Castalia vat Rico se hand en glimlag vir hom. “Jacques gaan okay wees. Die soen van die Godin is die suiwerste soen in die heelal. Haar soen reinig alle boosheid, genees alle siektes en breek alle vloeke. Hulle sê die soen van die Godin verander jou hele lewe en jy sal nooit weer dieselfde wees nie. ”

“Hmmm… Dit het vir my maar na ’n gewone soen gelyk.” Rico rol sy oë.

Dan skielik hoes Jacques en spoeg ’n bloedrooi robyn uit. Dis presies dieselfde grootte as die vinkhart. Ook dieselfde vorm.

“Die wortel van die kwaad is nou uit. Hier.” Godin Dané gee die yskoue robyn aan vir Castalia. “Bewaar dit met jou lewe. En besorg dit terug aan Lupin.”

“Ek sal so maak. Is hy nou gereinig?” Die fyn nimf neem die robyn en sit dit in haar sak.

“Amper. Ek gaan vir hom ’n drankie meng wat hom finaal sal skoon maak.” Die godin neem ’n kelkie gemaak van suiwer goud en skep water uit die druisende watermassa. Dan hou sy haar hand oor dit en prewel seëninge daaroor in ’n vreemde taal. Sy stuur dan ook die kelkie om vir die monukke wat elken daarin spoeg en ’n goeie wens daaroor uitspreek. Dan hou die hoof monnuk die kelkie by Jacques se mond. Hy sluk die mengsel van heilige water en begin skyn. Hy maak sy oë oop en glimlag. Dan sit hy reg op en ’n traan rol oor sy wang.

“Dankie u Majesteit! Ek is u soveel verskuldig. Ek sal u ewig dankbaar wees.” Hy buk vooroor en soen die voete van die godin.

“Staan op. En gaan vervul jou doel. Ek stuur een van my feëtjies saam om jou te lei en beskerm.” Godin Dané waai haar hand in die lug en bring ’n klein wesen te voorskyn. Dis die mooiste ding wat Jacques nog ooit gesien het. Die fyn vroulike figuur, met vlerke so blou soos die lug en hare van silwer.

“Sjoe…” Is al wat hy kan uitkry toe die feëtjie op sy skouer kom sit.

“Ons moet in die pad val.” Kom Castalia se stem. “Lupin is ’n baie ongeduldige man.”

“Als reg. My wagte sal julle uitsien.”

Die twee vuurvliegies kom weer in by die groot goue deure van die paleis en lei die drie na buite waar Zaria vir hulle wag.

“Na Lupin!” roep Castalia toe hulle gemaklik op die groot naaldekoker se rug sit.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

silwer
Voer jy mens weg in hierdie fantasie. Lekker gelees dankie.
5 jaar 11 maande 2 weke 4 dae 19 ure oud


silwer aktetas 4
ai hierdie is nou wraggies sooooo mooi, ek is mal oor hierdie feetjie verhale... puik gepen en sowaar n lekker lees!!!
5 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 23 ure oud



Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar