Kortverhale

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Maryka begin ‘n nuwe Matriekjaar. Sy voel benoud terwyl sy na haar nuwe skoolhoof se kantoor stap. Na haar pa se dood voel sy so onseker van haarself. Haar ma kon nie meer die huurgeld betaal nie en hulle moes noodgedwonge verhuis wat ook beteken het ‘n nuwe skool.
Maryka kyk na die kinders wat in groepies staan en die afgelope jaar bespreek. Maryka is geklee in haar vorige skool se kleredrag en almal kan sien dat sy ‘n nuweling tot hulle skool is. Maryka is ‘n pragtige vrou met blonde hare en blou oë. Sy is ook ‘n slim kind en het geweldig presteer op die sportveld. Sy is ‘n aanwins vir haar nuwe skool.
Daar was baie trane gestort toe sy vaarwel gesê het aan haar vorige skool. Marius het haar styfvas gehou en in haar oor gefluister dat hy haar nooit sal vergeet nie. Sy is sy eerste en laaste liefde. Marius se oë was vol trane toe hy na sy liefling se oë kyk en sien hoe haar trane teen haar wange afrol.
Daar kan nie meer pyn wees as wanneer jy totsiens aan jou liefling moet sê nie en jy nie weet wanneer jy die persoon weer gaan sien nie. Marius soen weer sy pragtige meisie se mondjie en hy proe haar trane op haar lippe. Hy weet nie hoe hy sonder haar gaan leef nie.
“Onthou jy nog ons eerste dag?” vra Marius en soen haar handjies.
“Ek onthou nog altegoed,” antwoord Maryka. Dit is moelik om te praat en te huil. “Ek het ‘n pienk rokkie gedra wat ek self gemaak het. Ek het ook my hare laat doen. Dit was ‘n Matriekafskeid en ons was in Graad elf. Ons het nie geweet dat ons nie ‘n Matriekafskeid sou hê in hierdie skool nie. Ek onthou nog hoe senuweeagtig ek was. My mond was droog en ek kon nie wag om jou te soen nie.” Maryka vee die trane uit haar oë.
“Ek sal daardie aand nooit vergeet nie. Ek moes al my moed bymekaar skraap om my pa te vra of ek sy motor vir die aand kon leen. Onthou jy nog hoe groot ons geskrik het toe ons my pa se motor teen die voorhekkie geskraap het. Jy het gesê dat jy vir my pa sou sê dat jy bestuur het want hy was net so lief vir jou. Dit sou nie saak gemaak het as jy bestuur het nie. Ongelukkig het jy op daardie oomblik uitgebars van die lag en ek het nooit weer sakgeld gekry nie.”
Daar heers ‘n ongemaklike stilte. Die twee geliefdes hou mekaar se hande vas. Hulle weet dat die tyd gekom het om vir mekaar totsiens te sê. Sedert hulle mekaar ontmoet het het baie gebeur. Daar was liefdes oomblikke en daar was argumente. Daar was tye toe hulle net in stilte langs mekaar gesit het. Daar was nooit oomblikke van skeiding nie. Wanneer die einde van die dag gekom het was daar ‘n hartseer wat in die atmosfeer gehang het.
“Belowe my jy sal net van my droom. Geen ander dollies word toegelaat nie. Droom dat jy my voetjies soen. Dat jy my nekkie soen en dat jy vir altyd my in jou arms sal hou.” Hierdie versie is elke aand opgesê totdat elkeen dit op sy eie kon doen. Woord vir woord.
Maryka het altyd dieselfde parfuum gebruik. Daar was ‘n geheime bewonderaar wat gesorg het dat sy altyd ‘n botteltjie Este Lauder tussen haar geskenkies sou vind. Diegene wat die Skoolhoof se hart geken het het geweet waar daardie botteljie parfuum vandaan gekom het. Mens het altyd geweet wanneer sy in die omgewing was. Die reuk van haar parfuum het swaar in die lug gehang. Baie mans sou haar badwater drink. Almal was lief vir haar. Die dag van die afskeid moes die Skoolhoof alles uithaal om nie te huil nie.
In sy toespraak het hy gesê: “Maryka jy is vir my so dierbaar soos Sias Reinecke se Sproetjies. Daar is ‘n reënboog in jou oë. Jy het nie sproetjies nie maar jy is dierbaar en die hele skool is lief vir jou. Om totsiens aan jou te sê is een van die moeilikste dinge wat ek nog van hierdie podium moes doen. Jy het uitgeblink op akademiese gebied en ook op die sportveld. Jy is nie een van die mooiste meisies van die skool nie maar jy is die mooiste. Die man wat jou eendag kry sal die wonderlikse fonds van sy lewe kry. Ek hoop jy luister vir my Marius. Jy moet haar oppas soos goud. Nooit weer sal jy so ‘n juweel kry nie. Maryka sal jy asseblief vorentoe kom.”
Maryka kan bykans nie sien waar sy loop nie. Gewillige hande help haar. Sy huil soos iemand wat ‘n geliefde verloor het. Die skoolhoof se toespraak het haar diep geraak. Die kinders klap hulle hande. Die meeste van hulle huil. Die seuns wurg aan emosies wat voel soos ‘n damwal wat dreig om te breek. Geen woorde kan deur hulle droë kele kom nie. In hulle harte was sy hulle held en liefling in alle opsigte.
Marius dring deur die horde kinders. Hy gaan staan voor Maryka. Hy neem haar in sy arms. Hy druk haar liggies. Hy soen haar natgehuilde gesiggie. Dit is ‘n baie emosionele oomblik. Die twee geliefdes omhels mekaar. Die einde van ‘n tydperk het aangebreek.
“Onthou wat ek gesê het, ek sal jou nooit vergeet nie. Ek sal jou altyd liefhê.” Marius soen Maryka se hande. Hy weet nie hoe hy sonder haar gaan lewe nie. Vir hom was sy die absolute vrou soos die Here dit bedoel het hoe ‘n vrou moet wees.
“En ek vir jou my prins,” Maryka sukkel om die woorde hoorbaar te uiter.
Die skoolhoof stap nader en neem Maryka se hand. Die sakdoekie in haar hand is eg vroulik. Hy lei haar na die podium waar sy vrou reeds wag. Die skoolhoof se vrou neem Maryka se sagte hand in haar hand. Die skoolhoof is bewus van die sukkelende bestaan van die Lodewyk gesin. Dit is ‘n duur proses om te verhuis. Dit ken die skoolhoof al te goed. As kind moes hulle telkemale trek en het hy gesien hoe sy ma en pa sukkel om met min geld die mas op te kom.
Die skoolhoof en sy vrou het besluit om die Lodewyks geld as afskeidsgeskenk te gee. Maryka was die wonderlikste kind wat die skool nog ooit gehad het.
Maryka en die Skoolhoof se vrou staar na mekaar. Daar is nou stilte in die skoolsaal. “Maryka jy is soos my eie kind. Ek is oneindig lief vir jou. Hierdie dag wou ek nooit gehad het nie. Maar dit het gekom. Ons moet totsiens sê aan ‘n dierbare liefling. Soos my man is dit vir my ook die mees pynvolle goodbye van my lewe. Dink aan ons en hierdie skool. Neem hierdie as ‘n geskenk van ons almal.” Mev. Pieterse oorhandig ‘n koevert aan Maryka. Almal weet wat in daardie koevert is. So ook Maryka.
“Wil jy iets sê my skat?” vra die hoof se vrou.
“Ja, mevrou.” Maryka kry beheer oor haar emosies.
“Ek wil net meneer Pieterse en mevrou Pieterse bedank vir julle mooi woorde ek sal hierdie dag nooit vergeet nie. Ek glo nie ek is die mooiste meisie in die skool nie.”
“Jy is. Jy is beslis!” skree die kinders.
“Dankie julle. Julle is ook my beste vriende.”
Die rooi blos wat oor Maryka se wange verskyn maak haar nog mooier lyk.
“Ek is net jammer dat ek nooit ‘n Matriekafskeid in hierdie skool kon bywoon nie.” Maryka vee ‘n lastige traan uit een van haar pragtige oë. Sy dink aan die aand toe sy en Marius sy pa se motor teen hulle motorhuis geskuur het. Hulle was oppad na hulle skool se Matriekafskeid. Hulle het eers gedink dat net die motor ‘n paarskrape opgedoen het totdat die agterwiel hand in die sy teen die modderskerm kom lê het. Hulle eerste gedagte was om na ‘n onbekende plek te hardloop.
“Jou en Marius se uitnodiging na ons Matriekafskeid sal na julle gepos word.” Die Skoolhoof kyk met trots op sy gesig na Maryka. Maryka…”
Die Skoolhoof en sy vrou omhels Maryka. Daar sal nooit weer so ‘n prinses wees nie. “Kom ons sing ons Skoollied,” vra die Skoolhoof en hy neem sy vrou en Maryka se hande.
Die klanke vul die saal: “Ontwaak roep die môre, daar is ‘n nuwe dag gebore…”
Maryka stoot die hekkie van haar nuwe skool oop vir die eerste
keer. Sy stap in die rigting van die Administratiewe geboue.
Hier en daar waai iemand vir haar. Dit is ongemaklik om in jou ou skoolklere rond te loop. Maryka klop teen die Hoof se deur.
“Kom binne meisiekind,” roep ‘n stem.
Maryka haal diep asem. Sy kalmeer haarself. Sy draai die deurknop oop en stap die kantoor binne. Binne sit ‘n man agter sy lessenaar. Hy staan op en loop na Maryka. Hy skut hande met die pragtige vrou.
“Sjoe maar jy is mooi! Jy gee nie om as ‘n ouman vir jou sê dat jy mooi is nie?” Die ouman kyk na die lieflike vrou wat so netjies op haar stoel sit met haar handjies op haar skoot gevou.
“Ek gee nie om as meneer sê dat ek mooi is nie net solank my kêrel ook so dink.” Maryka glimlag vir die Hoof. Pragtige lippe en tande dink die Hoof. Hierdie vrou het alles wat mooi is. Jare gelede was sy vrou net so mooi, maar die jare het die laaste sê gehad. Vandag is haar pragtige gees nog dieselfde as toe sy nog jonk was.
“Toevallig was ek en meneer Pieterse, jou vorige Hoof, saam op universiteit. Ons het die ander dag lank oor jou gepraat. Hy en sy vrou is lief vir jou. Dit is asof jy hulle kind is. Hy het my gevra om ‘n ogie oor jou te hou. Dit sal ek en my vrou met graagte doen. Jy mag nooit seerkry nie. As jy iets benodig of watookal. Ek en my vrou is daar vir jou.
Een laaste ding is dat ek en my vrou ‘n buitekamer het waar studente jaar na jaar bly. Hierdie kamer is ‘n week gelede uitverhuur aan ‘n Marius Pretorius wat na ons skool oorgeplaas is. Hy wil naby aan sy geliefde wees. Hy het gesê dat hy nie sonder haar kan lewe nie. Hy moet naby haar wees. Sy meisie is hier op skool. Haar naam is Maryka. Sy is beeldskoon. Miskien ken jy haar.” Trane rol uit Maryka se oë. Die son skyn weer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    VREEMDELING IN MY VADERLAND

    deur Piet Schoombie

    Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar