Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Voortsetting van TUINSOMMER, VER, VER VAN HIER
(As Gorrel 100 kere gelees)    

Die son skyn heerlik vir die eerste keer in ‘n halwe week. Ek loop oor die week-mark tussen die stande, en die mense om my is almal somerlik aangetrek: Oop hemde en bloese, kort broeke en rokkies, sandale en slappies. (Ja, ja, dog, dog: Die mans mét sokkies aan!) Die blomme straal byna verblendend, so dat die skaduwees minder voorkom.
   Wat moet ek haal? Brood. Brood van die bakker. Drie jare gelede het ek sy Mischbrot wat „Champion” genoem word, ontdek, en sedertdien koop ek elke week een. Heerlik. Groentes van die bio-stand, eie produksie.
– Twaalf, drie en tagtig, bitte.
– Geskenkt is dit. Dis ‘n geskenk!  [Ek’t geweet, hy gaan dit sê!]
   Dan buffelskaas, nie net mozzarella nie, maar hardkaas en camembert of brie met verskillende kruie in, verskillende smake. Hmmm.
   Olywe by die Iraner uit Afghanistan, of is hy Paschtune uit Usbekistan? Gewoonlik probeer ons mekaar met staaltjies en verhaaltjies oor die vér veraf son te troos en op te warm, wanneer die newel ons lense alteseer versluier. Maar vandag is dit nie nodig nie, en ons kan mekaar weer in die oë kyk en glimlag. Artischocke in aspiek, eiervrug, en ag ja so twee-honderd gram droë tamaties in olie.
-- Nog ‘n wens?
-- Mercedes?
-- Laaste een twee minute gelde verkoop; as ek op ander markte is, en ek vra „nog ‘n wens?”, moet ek daaraan dink, en ek vertel van my vriend wat altyd ‘n Mercedes wil hê! (Moenie vergeet om my winterjas by die kleremaker te gaan haal nie. Is nie die Usbeke uit Pakistan nie? Kan mos nie elke week vra nie.)
   Bratwurst van die Bratwursfrau.
-- Mooi naweek, hoor.
   Wat nog? Psjj, dis warm. Ek kry nie my arm hoog om die sweet uit my voorkop te veeg nie. Koffie. Ja, koffie by die Marktkaffee. ‘n Cappucino onder die sonskerm.
-- Na, Siglinde, Gerhardt! Julle op die mark?
-- Ja, seker! Elke week! Maar hoe lyk ! Hoe lýk jy? Met reënjas en sambreel en als!
-- Tja, wee’jy, toe ek vanmôre opstaan, was dit koud en het by ons gereën en ek het my winteronderklere weer aangetrek, en nou skyn die son. Drie cappucini asseblief.

©.                                                            .Vrydag.2012.                                                                 tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die son skyn
Heerlik hieraan gelees, dankie, Toom!
6 jaar 4 maande 1 week 5 dae 8 ure oud


Die son skyn
Lekker gelees aan hierdie een Toom! Mooi gedoen!
6 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 8 ure oud


Sonnetjie
Aitog, en nou begin ons noordelike sonnetjie al weer daagliks flouer word!
6 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 22 ure oud



Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar