Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Laat middag sit ons om die vuur besig om stories uit ons jong dae met mekaar te deel. Ek sien my geliefde oorkant my sit terwyl die stories opgewonde vertel word.
So af en toe kyk ons vir mekaar en knip `n ogie sodat ons net vir mekaar kan laat weet , ek dink aan jou ,tussendeur die rumoer van stemme, terwyl almal lag en stry.
Dit word al hoe donkerder en die gesprekke meer intiem. Ek gaan sit op die stoel langs hom en verkyk my aan al die gesigte voor my en tel my seëninge.
Ek word uit my beswyming geruk, toe een van ons vriende wil weet hoe ons ontmoet het? Skielik kyk ons vir mekaar en ons oë rek, met n sagte glimlag in die hoek van my gesig, begin ek die storie met eendag......
Dit was ironies hoe ons ontmoet het, ek het saam met pelle op `n boot rit gegaan na die Potugese eiland en hy het ook. Ek het gegaan want my vriende wou my voorstel aan n lewe daar buite wat my asem sou weg slaan, min wetende het ek hierdie nuwe avontuur aangepak.
Skielik rus my oë op die mooiste skepping wat ek nog ooit gesien het.
Ek het dadelik gevries en hom dop gehou. Spontaan het ek vorentoe beweeg , en net so voor ek sy arm kon raak, spring iemand anders my voor. Ek draai in my spore om en sien in die kant van my oog, hoe sy oë my volg.
Later die aand het ons by die oop vuur kontak gemaak. Ek het so gemaklik gevoel en sommer dadelik oop gemaak oor hoe ek voel oor die liefde. Verbaas was ek om te hoor dat hy presies soos ek voel.
Die volgende oggend was hy weg, geen brief of kontak nommer nie. Net weg.
Net die kelnerin se woorde “hy is weg”, my kneë het geknak, ek kon geen woord uit kry nie.
Na drie maande loop ons mekaar raak by n konsert waar pelle van ons optree. Ek voel iemand langs my inskuif en ek kyk in die ander rigting. Ek skrik toe ek sy stem hoor en sy vraag : “ Waarom het jy my nie gebel nie?”
“Jy`t nooit `n nommer gelos nie,” Hy vat my selfoon en wys vir my ‘n foto van hom met ‘n roos in sy hand en sy selnommer op ‘n plakkaat geskryf , wat hy onder my fotos gesave het.
Ons albei het gelag oor die ironie en hoe ons mekaar sou mis as ons nie vanaand mekaar raak geloop het nie. Hy verduidelik dat hy nog net een keer in sy lewe lief gehad en nou weer. Ek het nie ‘n probleem met sy eerste liefde gehad nie want volgens hom het hulle nie meer kontak nie en weet hy nie meer waar sy bly nie.
So is die storie van hoe ons ontmoet het. Almal kon die geluk in ons sien en die liefde tussen ons voel. Die vuur is reg en die storielyn verander vinnig na braaivleis en lekker eet.
Die ritme van Kurt se “Kaptain” weergalm terwyl almal langarm op die stukkie gras en lag vir die wat so af en toe val.
Ek kyk na die wolklose hemelruim vol sterre maar ek voel die storm broei.
Die deurklokkie klink soos ‘n bliksem straal. Ek hoor ’n opgewonde gil en `n tas wat in die gang af rol, my keel trek toe. Ek voel die skielike naar kol op my maag en ek kyk weer na die sterre om die storm in my te kalmeer.
Sy eerste liefde staan voor my en met haar hand uit gesteek na my maak ons kennis. Sy stap na hom toe en omhels hom terwyl sy in sy oë staar.
Ek sien die trane vorm in sy oë, toe hy vlugtig in my rigting kyk. Die storm, sonder ‘n wolkie in die lug, bars los hier reg voor my. Daar was geen waarskuwing.
Ek begin my goed by mekaar maak en begin ons vriende groet. Ek sal alles opgee om hom gelukkig te sien. Ek hoor my snikke met elke tree wat ek gee, ek kyk nie terug nie want die storm woed agter my. Ek kyk vorentoe en net toe my voet die buite kant van die stoep tref, voel ek hoe `n hand my arm neem. Ek kyk vas in sy tranerige oë.
“Sy is te laat, vir die eerste keer kan ek sê, ek het lief, vir die eerste keer kan ek sê, ek weet wat liefde is. Liefde is ek en jy, asseblief, bly by my. Ek het reeds jou eenkeer amper verloor en as dit nou weer gebeur, sal dit my breek.”
Ek draai na hom toe en plaas my hand saggies op sy wang. Hy maak sy oë toe want binne ons woed die storm. Ek het geweet die dag sou kom maar nie geweet wanneer nie want daar was geen wolkie nie. Ek het my voorberei vir hierdie dag en sowaar jy kies toe vir my.
Die storm binne my bewaar so skielik soos dit gekom het. Tot sy verbasing tree ek agteruit. Terwyl ek in sy verbaasde oë kyk, besef ek dat ek al vir maande wonder oor hierdie dag en wie hy sou kies.
In al die maande het hy my nie een keer verseker van sy liefde vir my nie. Vir maande het ek die wolklose hemel dopgehou en gewag vir die storm. My deelname aan sy speletjie het so pas geëindig. Is hy werklik lief vir my? Hoekom voel ek so ongemaklik omdat hy, juis nou ,na soveel maande vir my sê dat hy lief is vir my..... hoekom het hy my deur die seer van onsekerheid gesit as hy werklik lief was vir my?
Die storm sonder sy wolk , maak die pad moeilik. Soms oorwin liefde nie die storms van die lewe nie, want dit was nooit die regte liefde nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die storms sonder sy wolke
Goed gepen.
5 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 6 ure oud


Die storms sonder sy wolke
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die WOLK / STORM projek.
5 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud


storms
Pragtige kampvuur-skets.

Die storm sonder sy wolk , maak die pad moeilik. Soms oorwin liefde nie die storms van die lewe nie, want dit was nooit die regte liefde nie.

Hierdie laat mens wonder of die storm nogsteeds onderliggend bliksem en donder.
5 jaar 5 maande 15 ure oud


Die storms sonder sy wolke.
Aangrypende liefdes storie waar tyd geen rol speel nie.
5 jaar 5 maande 1 dag 4 ure oud



Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar