Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons is min gespin oor ubunto, prosit en status quo.
Ons is tieners, ons is pierewaaiers.
Ons bekommernisse is die voorsiening van die volgende polisiekoffie.
Ons is nie Jan Publieke nie, ons is die jeug.
Ons is die toekoms.

Julle ringkoppe is almal uilskuikens, ons weet van beter.
Julle kolligpensionarisse kan maar gaan vir `n siësta, ons weet van beter.
Ons is die toekoms, ons luister nie vir `n metusalem nie, ons weet van beter.
Jy dorkas, wat bereik jy? Ondankbaarheid!
Jy bittereinder, wat bereik jy? Niks!
Ons is die toekoms, ons luister nie, ons weet van beter.

Deo volente sal ons tieners die heintjiepik oorwin met gebed.
Ons kruip nie meer weg agter ons hysbakkies en jeugdeeg nie.
Ons korrigeer nie meer ons foute en tekortkomminge met flaterwater nie, maar wel met gebed.
Ons is nie meer die bekbestuurders van ons lewe nie, ons is die toekoms, ons weet van beter.
Deo volente sal ons tieners die heintjiepik oorwin met gebed.

Julle ringkoppe weet van beter, ons is uilskuikens.
Julle kolligpensionarisse weet van beter, ons kan maar gaan vir `n siësta.
Ons is die toekoms, ons luister vir `n metusalem, hulle weet van beter.
Jy dorkas, wat bereik jy? Dankbaarheid!
Jy bittereinder, wat bereik jy? Alles!
Ons is die toekoms, ons luister, ons weet nie van beter nie.

Ons alter ego's gee tog om vir ubunto, prosit en status quo.
Ons is tieners, ons is nie pierewaaiers nie.
Ons bekommernisse is geen, ons laat dit oor aan gebed.
Ons is Jan Publieke
Ons is die jeug.
Ons is die toekoms.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar