Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Rensia Coetzer is n moedelose meisie soos sy vir haarself in die spieël sit en kyk. “Vyf en twintig jaar oud en ongetroud” gaan dit dit haar gedagtes.

“En dit alles te danke aan Adriaan wat haar lewe al vyf jaar lank oorheers. Adriaam met sy hang kuif wat alewig oor sy voorkop hang, Adriaan met sy six pack borskas wat altyd glimlag. Adriaan wat haar soms so kwaad maak dat sy kan moor en dan daaroor lag. Adriaan wat so teer en liefdevol kan wees met sy woorde, want hy raak feitlik nooit aan haar nie’, jaag dit verder deur haar gedagtes.

“Adriaan wat maar gedurig by haar is want hulle is dan sielsgenote en beste maatjies, dit is nou volgens hom, maar sy moet erken dat sy die man lief het met alles in haar. Haar hele wese, haar hele liggam skreeu na hom. Sy wil sy lippe op hare voel, sy wil sy hande oor haar liggaam voel, sy wil in sy arms wees, sy wil trou” besef Rensia skielik.

“Wel” dink sy by haarself, “Dan moet jy maar die jagter in jou losmaak en vergeet van sogenaamde ordentlikheid”, dink sy by haarself terwyl sy die krultang opneem om die krulle in haar blonde hare, wat soos watervalle op haar skouers neertuimel in te draai.

Sy is nog in haar kamerjas geklee en skielik wonder sy wat Adriaan sal doen as sy die voordeur net in n kamerjas geklee sal oopmaak. Sy word bloedrooi by die gedagte en raas met haarself: “Kom nou, om te jag en n slet te wees is twee dinge en jy is waaragtig nie goedkoop nie, maar vanaand is die aand wat dinge na n kant toe moet gaan. As hy my nie wil hê nie moet hy sy ry kry dat ek kan aanbeweeg en vir my n man kan gaan soek. Ek gaan nie vir die res van my lewe Adriaan se handperdjie wees nie, sielsgenote en beste maatjies of te not”.

Klaar met haar hare staan sy op en stap sy kas toe om te besluit wat sy vanaand gaan aantrek. In die agtergrond speel die laserskyfspeler sagte agtergrond musiek. In die sit/eetkamer het sy klaar vir haar en Adriaan n romantiese tafel met kerse gedek. Gelukkig hoef sy nie kos te maak nie want Adriaan het belowe om vir hulle Kentucky saam te bring met n bottel wyn om die aand mee om te kuier.

Dit is seker Rensia se stout kant wat oorneem toe sy die rooi bloesie uit die kas uittrek. Sy het die bloesie gekoop en toe sy by die huis kom gesien dat die hals darem baie laag is en het sy dit nooit aangetrek nie, “Maar vanaand is die aand” dink sy by haarself toe sy dit op die bed neersit

Haar rooi minirompie volg en dit is of n vreemde gevoel in haar posvat toe sy die kamerjas uittrek en haarself in die spieël beskou. Haar hande gly oor haar vol ferm borste en dan oor haar heupe af voordat sy omdraai om te begin aantrek. Daarmee klaar gaan sit sy weer voor die spieël om te grimeer. In haar katgroen oë begin die duiweltjies ronddans en die duiweltjie agter haar oor fluister: “Go for it ou girl, go for it’.

“Mmm, as hy nie vanaand intens bewus word van my nie is hy blind”, dink sy by haarself en vertel sy die duiweltjie agter haar oor.

As sy so vooroor buig om haar grimering aan te wind en sy sien dat die bloesie darem baie borste vertoon, meer as at sy van hou maar die duiweltjie hits aan: Wys hom wat mis hy in die lewe”.

Rensia is net klaar toe sy die klokkie hoor lui. Sy staan op en met n laaste blik op haarself in die spieël stap sy voordeur toe om vir Adriaan oop te maak. Toe sy oopmaak staan hy voor die deur, soos altyd netjies in n kortbroek en oopnekhemp geklee.

Met n :”Naand Adriaan”, word die deur oopgesluit en met n “Naand Rensia” stap hy binne, yslike sak Kentucky in die hand en loop plak hy dit op die kombuis toonbank neer.

Of hy stadig van begrip is sal ons nie weet nie maar toe hy die Kentucky in die kombuis neergesit het en omdraai is dit wat hy frons; “Wat het ons hier vanaand. Jy sal mos dat my hart gaan staan. Sjoe ek hou mos baie van wat ek sien”.

Rensia vervies haar net daar, hy kon darem gesê het sy lyk pragtig, maar wat in vyf jaar het sy net op haar verjaarsdag blomme gekry maar dan glimlag sy ewe liefies: “Nee ek wil hom nie gaan laat staan nie, net wakker skud. Steek vir ons die kerse op en loop sit, ek is honger”.

Nadat Rensia vir hulle die Kentucky op hulle borde gesit het skep sy twee slaaie wat sy gemaak het by. Borde word op die tafel gesit en sy sit die lig af en is dit net die kerse wat brand met musiek in die agtergrond. Adriaan het vir hulle wyn ingegooi en eet hulle in stilte voort.

In haar hart juig Rensia want sy weet dat sy vanaand tref, sy voel Adriaan se oë kan nie wegskeer van haar af nie, die laehals doen sy ding.

Na ete gaan Rensia tot die jag oor. Adriaan gaan sit langs haar en trek sy haar bene onder haar in en merk sy met genoegdoening dat die mini rompie genoeg bobene vertoon

Dan kom dit: “Adriaan daar is iets wat ek met jou wil bespreek. Ek is moeg vir allenig bly en aanploeter met jou soos nou. Elke aand is ek by jou of jy by my. Ek moet tot jou huis skoon maak en jou wasgoed was Saterdae terwyl jy op die gholf baan rondflenter. Ek soek iets meer permanent en na vyf jaar dink ek het ek die reg om iets meer permanent van jou te verwag”.

Adriaan lyk ewe verbaas: “Maar Rensia daar is mos niks fout soos dit nou is nie. Maar as jy so voel gee die woonstel op en kom bly by my, die huis is groot genoeg en dan skakel ons hierdie heen en weer bewegings uit en jy het nie n woonstel om skoon te maak nie”.

Rensia voel of sy kan ontplof maar in haar skree die engeltjie dat sy nou moet kalm bly: “Bingo Adriaan jy het dit en wat gaan jou daar omtrent doen”, vra Rensia.

Adriaan kyk haar ewe verbaas aan: “Wat bedoel jy nou. Jy moet kennis gee hier en ons moet begin pak en dan trek jy oor n my toe. Daar is genoeg plek in die stoorkamer om jou goed te stoor”.

Die engeltjie skree verniet en Rensia raak horende doof toe sy ontplof. Sy staan op en gaan staan hande in die sye voor Adriaan; “Luister Adriaan en luister mooi. As jy dink ek gaan net by jou intrek dop jy die toets van jou lewe. Magtag man het jy nog nooit gehoor van verloof raak en trou nie. Ek wil ook mos trou en kinders hê”.

Arme Adriaan staan op en begin stamel; “Maar maar Rensia w-w-wat is dan nou verkeerd met jou. Ons is mos o-o-orrait soos ons is of hoe”.

Toe ontplof Rensia heeltemal: “Loop Adriaan, loop net voor ek jou vermoor. Jy sit nie weer jou voete hier sonder n verloofring nie en as jy dit nie doen nie bly jy weg dat ek vir my n man kan loop soek”

Rensia staan al by die voordeur en Adriaan kry die boodskap. Brommend is hy by die deur uit en Rensia glimlag in haar binneste. As hierdie een nie werk nie weet sy nie so mooi nie. Sy gaan nou heerlik sit en ontspan en musiek luister.

Sy sit net toe sy die klop aan die voordeur hoor. Ewe verbaas staan sy op en gaan maak oop. Voor haar staan n bedremmelde Adriaan. Sy staan opsy en wys vir hom dat hy moet inkom. Tot haar verbasing vat Adriaan vir een van die min kere haar hand en gaan trek haar langs hom op die bank neer en sit sy arms om haar.

“Rensia ek het nie geweet jy voel so oor my nie. Ek het jou lankal lief maar was nog altyd te bang om te vra. Sal jy met my trou en by my kom intrek”.

In Rensia se hart juig dit. Haar slet ene het gewerk; “Adriaan natuurlik sal ek met jou trou ou grote. Ek is baie lief vir jou en moes ek jou wakker skud vanaand”.

Dan is hulle in mekaar se arms en met n lang minaarskus wat die bloed deur hulle are jaag gee hulle hulleself oor aan die hemelse gevoel van n eerste minnaarskus. Toe Adriaan se vingers oor haar borste begin streel wurm Rensia net stywer vas en vat sy hand vas terwyl sy uitasem wegbreek uit die soen uit, as hulle nie nou ophou nie sleep sy hom bed toe.

“Kalm nou ou grote. Dit is nie my skuld dat jy so baie tyd gemors het nie. More gaan ons verloofring en trouring soek en sodra ons getroud is is dit alles joune”, vertel Resia hom ewe liefies en glimlaggende oë.


.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Rensia
Puik geskryf!
1 jaar 2 maande 4 weke 17 ure oud


Z
Ai dat die man nou so moet sukkel en dan met 'n slag wakker gemaak word. Ek hoop sy hart gaan dit nou hou.
1 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 8 ure oud


Ultimatum
Mmmm...dat 'n vrou nou haar man so goed kan staan! Lekker gelees.
1 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 12 ure oud


Ultimatum
Vir die een of ander rede bly dit maar 'n moeilike taak vir 'n man.... Soms moet die vrou maar die leiding gee.
1 jaar 3 maande 1 uur oud


DIE ULTIMATUM
Sy het darem kop gehou met die ultimatum.
1 jaar 3 maande 8 ure oud


Rentia
Lekker gelees aan die kort roman. Soms moet mens waag en hoop jy vat die waagmoed nie te ver nie.

Knap werk soos altyd.
1 jaar 3 maande 14 ure oud


DIS VERSEKER

. . . . voor 1994;
deesdae doen die selfoon selfies alles;
die rekord is blykbaar nou die dag gebreek:
. . . . skoolmeisie van 10 is 'pregnant'

dokter: "Wat het julle gedoen?"

". . . . net gaspeel my baas"
1 jaar 3 maande 18 ure oud


Ultimatum
Ag tog party mans vat ook maar lank om die boodskap te kry - lekker gelees.
1 jaar 3 maande 1 dag 17 ure oud


ultimatum
Lekker ontspannende storie, Neels. Dankie :-)
1 jaar 3 maande 2 dae 1 uur oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar