Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Toe ek instap oorweldig die reuk van medisyne en hospitaal my, soos ek by die gang afstap, stil, wonder ek in my onkunde, kan medisyne help? kan die hospitaal help? kamer 107c en ek maak die deur krakend oop, stadig, met onsekerheid, daar le sy - ‘n geraamte van ‘n vrou wat twee kinders het, ‘n ma, sy le in ‘n donker vertrek met die blinders skraal oop, die strepe van die lig val oor haar bed, en die doodse stilte, net ‘n biep van die masjien wat haar laat lewe. Al wat sy kan doen is wag, wag, wag vir engel kore en gesondheid, langs haar bed ‘n glas water en ‘n verlepte angelier.

‘n Ma, vrou, kind van iemand wat haar liefhet, en tog is sy nou net ‘n nommer op die lys, ‘n herinnering in die foto-album en half-dood, haar dogtertjie, verwaarloos, kom staan in die deur, haal diep asem, plak ‘n glimlag op, en stap vorentoe; “Hi, mom I brought you a new flower” se sy asof dit uit gewoonte is, so sonder gevoel, haar ma toon geen reaksie nie. Met ‘n hard wat pyn vra ek in ‘n gebroke stem: “Hello, what’s your name?” sy loer stadig oor haar skouer en antwoord: “Hope” dis al, net Hope, ek staan terug en kyk hoe sy haar ma vertroetel en haar hare plat vee, ek besef dat Maria al lank siek is, en ek voel so hulpeloos, daar is niks wat ek vir haar kan doen nie net bid. Ek draai stadig om en loop deur toe, kyk laaste maal om en gaan uit, ‘n jong verpleegster loop verby en ek vra haar wat is die oorsaak van Maria se siekbed, ongeskik antwoord sy: “griep”, en my siel sak uit my liggaam uit toe ek besef dat dit nie griep is nie, ook nie kanker nie; dit vloei in Maria se bloed, HIV-Vigs.
Bid en hope dis al.

En Hope...

...Wat van Hope?


Die ongeneeslike bose kringloop vergroot tussen die mense van Suid-Afrika, as gevolg van die onkunde tussen geliefdes, Maria was ongelukkig dié een uit vier.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.
Dis vreeslik mooi.
8 jaar 8 maande 1 week 4 dae 2 ure oud


Dis so wreed!
9 jaar 9 maande 3 weke 6 dae 11 ure oud


Hartseer, ja: nog veel meer Maria's was, en gaan nog wees!
9 jaar 10 maande 9 ure oud



Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar