Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Tog wonderlik hoe gevorderd die mediese wetenskap in 2032 is,” dink professor Bardard terwyl hy goedkeurend na sy pasient voor hom kyk. “Vat nou die mooie Saligia hier voor hom. Sy verpleegster was in ‘n tragiese sweeftuigongeluk waarin sy die sig in altwee oe verloor het. Maar vandag het hy die oogoorplanting voltooi en sal haar sig weer eenhonderdpersent wees.”
Sy maak haar oe stadig oop. “Hallo professor.”
Professor Bardard deins verskrik terug. Al kan sy sien, is daar is geen teken van lewe in daardie oe nie. Dis oe van die dood…
Die koerantopskrifte skree almal luidkeels: “Luci Fermaak vermoor.”
Ek tel die koerant op en lees: “Die bekende sangeres/akrise/skoonheidskoningin en skatryk sakevrou, Luci Fermaak, is vanoggend dood in haar kleedkamer aangetref. Me Fermaak het baie vyande gehad aangesien sy geen geheim daarvan gemaak het dat sy gedink het sy is beter as ander vanwee die sukses wat sy behaal het nie. Me Fermaak was poedelkaal maar perfek grimeer. Sy is vermoedelik verwurg voor haar oe uit haar oogkaste uitgeruk is. Op haar perfekte borste was ‘n boodskappie: Jy sal nooit weer trots sien nie…” SAPD se die Uile stel ondersoek in. Dis nou ek daardie. Die hoofuil van die Spesiale Ondersoekeenheid.
‘n Week later is ek nog niks wyser nie, toe is dit weer sulke tyd. Hierdie keer is dit Mammo Malan, die grootste magnaat en rykste man in die land. Mammo was bekend as oorname- spesialis. Hy kon nooit genoeg kry nie en wou altyd meer en meer he. En niks het in sy pad gestaan nie. Hy het oor mense gestap en hulle vertrap soos ‘n stootskraper oor ‘n braakland. Mammo is in sy kantoor gevind met die oornamekontrak van sy laaste kompetisie oop voor hom. Hy moes dit net teken om al die platinamyne in die land te besit. Sy lee oogkaste het na die document gestaar. In sy eie bloed is onder aan die kontrak geskryf: “Jy sal nooit weer gierigheid sien nie…”
Ek krap my kop bekommerd. Die moord is duidelik die werk van dieselfde person. Maar wat is die verband? En het ons hier met ‘n reeksmoordenaar te doen? En indien wel, wie is volgende?
Vir die antwoord op my vraag hoef ek nie lank te wag nie. Die volgende aand lui my foon. Dis adjudant Brink van die SAPD. “Ou Gerrie, jy moet hierdie een kom kyk. So iets het jy nog nooit gesien nie.”
Ek haas my na die suite bo-op die Ritz se dak waar Asmo Deus, vorige Meneer Mzansi en mees bekende porno ster in die land, sy tuiste had. Op die oorgrote bed, omring deur die lyke van drie nakende, baie dooie meisies le Asmo. Sy manlikheid, heel gepas, deur rigor mortis orent geruk. Die man wat gespog het met sy nymphomanie en dat hy nooit genoeg kon kry nie, soos honderde vroue kon getuig, se oe is weg. Langs hom le ‘n lee spuitnaald. Op sy bors is die boodskappie: “Jy sal nooit weer belustigheid sien nie.”
Ek dag by myself: “Ou Gert, sy moes hom geken het om so naby aan hom te kon kom om die inspuiting toe te dien. Dalk een van sy minnaresse? En duidelik wou die persoon nie dalk later deur die ander meisies herken word nie. Daarom moes hulle ook weg. Vergiftig. En wat is die ander ooreenkomste? Die briefies, die verwyderde oe. Wat nog?” In my agterkop krap iets, ek weet ek mis iets baie belangrik, maar wat?
‘n Jaar gaan verby sonder enige verdure voorvalle en ek se dankie Vader daarvoor. Al die ondersoeke het op niks uitgeloop nie. Geen vingerafdrukke, geen leidrade, geen ooggetuies, niks. Die koerante het ‘n fees gehad, die Uile beskuldig van onbekwaamheid en laksheid omdat hulle nie die moordenaar van drie sulke prominente figure kon aankeer nie. So dit was ‘n verligting toe dit begin lyk het of die moordenaar verkas het.
My foon lui. Dis die nou Majoor Brink. “Jy beter kom. Die moordenaar is terug.”
Hierdie keer is dit na ‘n oorwegend Joodse gebied waarheen ek my haas. Anders as die ander, is hierdie slagoffers nie ryk nie. Levi Athan het ‘n pandjieswinkel gehad, en sy vriend Be-el Sebub die KFC langsaan. Dit was welbekend dat Levi gedurig by Be-el en almal wat wou luister gekla het oor sy begeerte om ook so ryk te wees soos sy oom Harry. Hy kon dit nie verdra dat hulle soos konings lewe terwyl hy hom afsloof in sy winkeltjie nie. Dikwels het hy oom Harry en sy neefs doodgewens sodat hy dalk ietsie kon erwe. Hy wou ook Mercedesse ry en in Houghton woon. Die driehonderd-en-vyftig pond Be-el het dan instemmend geknik en nog ‘n emmer KFC en twee liter Coke nadergetrek.
Levi se brilletjie het eenkant gele. Sy dun nekkie duidelik gebreek. Be-el het ‘n klaviersnaar om sy dik nek gehad, styf met ‘n opwenstok in sy nek ingedraai. Daar was bloed oral. Hul oe was weg. Op die tafel was die briefie: “Ek wil nie weer nyd en vraatsigheid sien nie. Julle ook nie.”
Terwyl die fotograaf nog fotos neem en die vingerafdrukdeskundiges nog hulle ding doen, kry ek weer ‘n oproep van Bheki Cele Plein: “Gaan dadelik na Natas Oman se huis. Sy vrou het gebel. Sy is bang hy gaan haar vermoor. Die man is glo weer in een van sy woedebuie.”
Natas was ‘n ou bekende. In die agterstrate grootgeword. Swaar grootgeword. Moes van kleins af baklei vir oorlewing. In die weermag was hy paar keer in detensie omdat hy die onderoffisiere gedonder het as hulle hom te veel gedruk het. Maar daar het hy leer boks. Na sy opleiding het hy aangegaan met boks, Mzansi kampioen en toe wereldkampioen geword. Sy gevegte was bloedig en wreed. Hy het al die woede van swaarkry op sy opponent uitgeslaan. Ongelukkig was dit nie genoeg nie, en die geringste kon sy woede laat ontvlam. Dan moes wie ook al die oorsaak was, sy toorn ontgeld. En ‘n paar keer was dit sy mooie ou vroutjie Louwtjie. Ek moes haar al gaan help haar kontaklense soek na sy onder sy vuiste deurgeloop het.
By sy duur huis aangekom, le Louwtjie bewusteloos in die sitkamer, haar oog dikgeslaan en haar kakebeen duidelik gebreek. Natas le by die stoepdeur, ‘n kris deur sy gorrel en dwarsdeur sy nek gedruk. Hy het duidelik die deur oopgemaak vir iemand wat hy ken, toe die hom onaangenaam verras het. Soos ek begin verwag het, het hy nie meer oe nie. En die briefie is ook daar: “Die vark sal nooit weer woede sien nie.”
Skielik gaan daar vir my ‘n lig op. Dit wat ek laasjaar gemis het, tref my soos ‘n hamerslag. Die bewoording op die briewe. Almal praat van sien. En dan die redes vir die moorde: Trots, gierigheid, belustigheid, nyd, vraatsigheid en nou woede. Ses van die sewe sogenaamde dodelike sondes. Wat beteken daar bly nog een potensiele slagoffer oor. Maar wie? Wat is die sewende sonde? Luiheid? Slordigheid? Agtelosigheid?
Ek haas my terug na die stasie. Voer alles wat ek weet van die ses slagoffers in die kragtige sentrale rekenaarstelsel in, en vra om ‘n algemene ooreenkoms te soek. Paar minute later het ek dit.
Hulle was almal pasiente van dokter Bardard!
Natuurlik! Ek klap myself teen die kop date k nie vroeer daaraan gedink het nie. Hy is mos die wereldberoemde oogarts wat oogoorplantings doen. So dis waar hy sy oe kry!
Ek vra die rekenaar om sy pasientelys deur te gaan vir enige iets wat te doen het met luiheid of slordigheid. Vir veiligheid sit ek die Engels ook in: Sloth. Dit vat maar ‘n paar sekondes om met ‘n naam vorendag te kom: Bell Phegor. In mitologie was Belphegor die demoon van slegheid, van nie jou talente gebruik nie. Bell is ‘n briljant fisika student by die universiteit, maar vermors sy tyd met dwelms, drank en doos. ‘n Moontlike Nobelpryswenner le meestal bedwelm in sy kamer…
Ek haas my na die universiteit en hol die trappe drie drie op. Die kamer is donker. Ek slaan die lig aan. Bo-op Bell sit ‘n figuur, ‘n paar oe styf in die hand vasgeklem. Die figuur draai stadig om en kyk na my.
Dis die verpleegster met die dooie oe.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar