Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Valtaki was ʼn klein planeet, en van geen groot belang vir die Federasie nie. Dit was te klein om te koloniseer en het geen minerale ryk dom juis gehad nie. Sy ligging het hom egter ʼn ideale plek gemaak vir ʼn hervullings-stasie vir die Federasie se verbygaande ruimte-skepe.

In die middel van hierdie klein wêreld was daar ʼn dorpie mat ʼn landings-strook, maar behalwe vir hierdie halfweg-stasie was daar geen ander nedersettings nie. Die dorp het omtrent twee-duisend inwoners gehad en die landings-strook vir ruimte-tuie was die grootste konstruksie in die area. Behalwe daarvoor was daar etlikke geboue wat gedien het as akkomedasie vir swerwende ruimtevaarders.

Dit was ʼn pragtige onbewoonde, en ongerepte wêreld. In die donker nagte het sy enkele maan helder geskyn, en die uitspansel het vertoon soos n biljoen winkende gloeilampe daar bo.

En bedags het die wind die ryk, geel grasvelde van die vlaktes gestreel. ʼn Eensame herder was besig om sy kudde te laat wei deur die gras. Die diere het tevrede gevreet aan die sappige plantegroei, terwyl die herder in sy kleed ʼn wakened oog oor hulle gehou het. Elke dag deur die jare, deur die ewig veranderende seisoene, het hy getrou gewaak oor sy diere, en hulle het op hulle beurt weer vir hom ʼn bestaan besorg. Hy was n man wat in harmonie met die natuur, en sy kudde, gelewe het.

Hy het op ʼn paar rotse gesit, tussen die lang gras, en wag gehou oor sy kudde. Die wind het die lang, geel grasvelde gestreel, en die son was helder teen die blou hemel. Fyn vlieswolke het bo rondgesweef in die ligte bries. Voëls het verby gevlieg en koers gevat na die hoë bome versprei oor die vlakte.

Deur die eeue het Valtaki onverandered gebly, terwyl die Federasie se skepe gekom en gegaan het. Die sterre het helder geskyn in die donker nagte, en bedags was dit die son se beurt. En vir ʼn eweigheid het die wind gespoel oor die lang gras daar buite op die vlaktes van Valtaki…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wetenskap-Fiksie
Ek skryf nie veel wetenskap-fiksie nie, maar die een het nogal mooi uitgekom. Dankie vir die lees...

Groete.

4 jaar 5 maande 1 week 4 dae 15 ure oud


Vlaktes
lekker gelees
4 jaar 5 maande 1 week 4 dae 18 ure oud



Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar