Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Deel 22.

“Kom ons gaan maar huis toe, ons kan niks meer by die saak voeg of weglaat nie,” daar en dan bars die hel los tussen hierdie eens perfekte verhouding, is hul drome aan flarde.
“Moet nie vir my sê; dat jy ook een van hulle is nie, Konstabel Van der Plooitjie.”
“Laura moet in hemelsnaam nie met ʼn ding begin waarvan jy niks weet nie!”
“Ek dink dat jy my vlak kyk, maar —“
“Maar wat, Laura!” heel kalm probeer hy die situasie red.
“Ek het gedink dat ek jou kan vertrou. Los my net uit! Het jy gehoor?”
“Nou goed, maak soos jy wil, Laura.”
“Ja, ek sal maak soos ek wil en niemand gaan my hierdie keer voorskryf nie,” nie meer so liefies soos voorheen, stamp sy heel verergd haar voet op die grond.
“Gaan koel eers af en dan kom praat jy weer met my. My deur staan nog steeds vir jou oop, die dag wanneer jy erken dat jy verkeerd was,” staar hy haar agterna.

Sy gluur vir Albertus met verwytende oë aan, die trane is baie naby. Hoe kon sy al haar vertroue in hierdie klein mannetjie gestel het? Loop sy drentelend weg daar waar niemand haar kan pla nie.

Die Hofsitting gaan voort na middagete. “Sal die verweerder asseblief opstaan!" beveel die klerk.

“Goeiemiddag Mnr. Lucian Mendez, voel jy nou beter sodat ek jou kan vra; wat het daar tussen jou en Mej. Brouer gebeur?” met ʼn simpatieke stem.
“Soos ek alreeds getuig het Edelagbare, ons het net woorde verwissel soos tussen twee volwasse persone,” in ʼn effense senuagtige intonasie.
“Waar het die bloed vandaan gekom Mnr. Mendez? Ek lei weer af dat jy die moord op ene Mnr. T Brend gepleeg het,” nou met ʼn minder simpatieke stem.

“Goed, ek het haar deur die gesig geklap, omrede sy my verdink met betrekking tot ʼn waardevolle dokument. Dit is toe dat ons net meer as woorde ingemeen gehad het en dis waar die bloed ook vandaan gekom het. Sy is maar ʼn tierwyfie met skerp naels,” probeer hy voorstel hoe dit min of meer dáárdie aand afgespeel het.
“Waaroor gaan hierdie “sogenaamde dokument?”

“Ek dink haar pa het haar gestuur om van my te wil bekom waar is die “sogenaamde dokument,” sit hy nou meer heel kalm in die aanklagbank.
“Wie is haar pa, Mnr. Lucian Mendez?”
“Dit is Meneer Guljian Bro..... “ die oomblik toe hy sê; Mnr. So en so, besef hy dat hy deur die prokureur onkant gevang is.
“Appèl, Edelagbare!” kom dit van Mendez se prokureur.
“Van die hand gewys.”
“Stilte in die Hof, stilte!” weergalm die hamerslae deur die hofsaal.

“Kan jy weer aan die Hof herhaal wie is hierdie Mnr Guljian Bro...?”
Hy aarsel vir ʼn oomblik of hy sal praat, hy oordink dit en besef dat hy nie hierdie ander ou koeëlvry hier gaan laat uitstap nie. “Meneer Guljian Brouer, Edelagbare,” kyk hy nou die Regter vierkantig in die oë.
“Appèl, appèl, dis ʼn gesiene persoon in die gemeenskap en ʼn jurielid, Edelagbare!” kom dit van Mendez se prokureur. Wat het ek vergeet in die kruisverhoor om te vra? Watter strategieë het ek nagelaat wat verstandig sou wees? Die koeël is deur die kerk maal dit deur sy gedagtes.

“Van die hand gewys.”

“Stilte in die Hof, stilte!” weergalm die hamerslae weer deur die hofsaal, “kan julle twee prokureurs na my toe kom asseblief!” Hulle twee word berispe.
“Geen verdere vra, Edelagbare.” Die Hof verdaag tot die volgende dag.

Albertus gaan huis toe om net weer tot sy sinne te kom. Laura en Albertus loop ʼn paar uur later mekaar raak op die stoep van die huis. ʼn Onverwagse onafwendbare gedwingde ontmoeting in die labirint van eens twee verliefdes se lewens. Albei het geweet dit sou die een of ander tyd moes gebeur. Die ou gevoelens van daardie magiese trippel loop, vasgevang in mekaar se oë kontak. Daardie fyn gevoel sensasie, ja daardie “iets” nog steeds verweef in albei se siele.

“Is dit nou my alter ego? Dis iets waarmee ek moes vrede maak, dat hy deurweef is in my wese, in my onbewustelike gedagtegang. Ek kan hom nie met my wildste wilskrag wegdink nie. Dit is nou besig om my te louter deur my eie gemaakte smeltkroes,” sy staan met haar hande woordeloos in haar sye, “ek wil dit so graag in syne neerlê, maar.... “ prewel sy by haarself.

Hoop bly altyd voortleef in die hart en niks is ooit so-o-o-oo flenters dat dit nie geheel kan word nie, dink Albertus so by homself. Stroef bring hierdie twee die nag deur onder een dak.

Die volgende dag in die Hof.


Maal dit deur die assistent-prokureur se gedagtes, hy tuur na Meneer G wat aangekla word. Sy glimlaggie is so effe wrang om sy benoudheid weg te steek. Vanaf die tydstip waarop die juries met hulle beraadslagings begin, het die vrees by Meneer G begin spook. Hy is bang wat die skuldigbevinding vir hom en sy rykdom sou beteken. Hy het geweet dat sy verdediging nie waterdig genoeg gaan wees nie.

“Sal die verweerder asseblief opstaan!" beveel die klerk.

“Mnr. Guljian Brouer, sweer jy dat jy net die waarheid as waarheid sal getuig.”
“So help my God,” hy’t nooit in sy wildste droom kon dink dat hy eendag ook soos ʼn aangeklaagde in hierdie beskuldigde bank moes kom staan en getuig waarvoor hy nou nie kans sien nie.

“Meneer Guljian Brouer, volgens die aanklag word jy aangekla vir medepligtigheid en afpersing op een van my kliënte,” is die staatsaanklaer te bang om naby die aangeklaagde te kom staan.
“Daarvan dra ek geen kennis nie en as ek mag vra, wie is dit?” met ʼn kyk in die oë om te kenne te gee, waarvan praat julle nou?
“Dan dra jy wel kennis van wat ek jou vra, Meneer Guljian,” gooi hy die bal weer terug in sy hande.

“Sal daar meer spesifiek verwys word van wie ons hier praat, Edelagbare,” kom dit van sy prokureur af.

“Ken jy ʼn ene Mejuffrou Laura Hoffmann?” nog steeds word nie ʼn enkele tree versit nie.
“Ja, ek ken haar as die een wat sogenaamd vermoor is.”
“Ek sou sê, dat jy haar langer ken as wat jy wil voorgee, Meneer Guljian,” begin die bolpen stadig maar verseker op die staatsaanklaer se vingerpunte al in die rondte te draai.

“Appèl, Edelagbare!”
“Van die hand gewys.”

“Laat ek net eers jou geheue verfris. Herken jy nou hierdie stem Meneer Guljian?”
“Dit bewys niks dat dit ek is, Edelagbare,” heel oortuigend kom dit van hom af.
“Meneer Guljian, luister baie mooi na die volgende gesprek. Wat sê jy daarvan?” Ken jy die wonder van die tegnologie? Hierdie noem ons die stemspektrograaf — “

“Appèl, dit het niks met die saak te make nie, Edelagbare!” word appèl aangeteken om te probeer wys dat hy in die bres vir Meneer Guljian tree.
“Van die hand gewys.”
“Jy sien dit is die vooruitgang van die samelewing wat help dat ons ouens soos jy kan vastrek. Ongetwyfel is hierdie stem niemand anders as Mnr. Guljian s’n nie,” gaan sit die staatsaanklaer heel tevrede terug in sy stoel, “geen verdere vrae nie, Edelagbare.”

“Geen verdere vrae, Edelagbare,” kom dit van Mnr. Guljian se prokureur. Wat het ek vergeet in die kruisverhoor om te vra? Watter strategieë het ek nagelaat wat verstandig sou wees?

“Sal die aangeklaagde Mnr. Lucian Mendez verder kom getuig!” beveel die klerk.
“Mnr. Lucian Mendez, jou weefsel en die van Mej. Anna Brouer dra dieselfde ADN, maar tog is sy Mnr. Guljian Brouer se dogter..... “
“Appèl, op grond waarvan word die stelling gemaak, Edelagbare!”
“Van die hand gewys.”

“Moet ek hierop antwoord, Edelagbare,” kyk hy na die Regter se kant.
“Ja Mnr. Lucian Mendez, jy sal die vraag moet antwoord!” met ʼn emosielose stem.

“Sy het in ʼn liefdes driehoek verwikkel geraak en ek’s een van die slagoffers wat nou die spit afbyt. Nooit het sy my vertel dat ek ʼn kind by haar verwek het nie, tot op hierdie tyd van ontnugtering.”
“Vertel die hof wie is sy, waarna jy verwys?”
“Dit is meneer Guljian Brouer se vrou,”
“Met ander woorde Meneer Mendez, dat jy die biologiese pa van Mej. Anna Brouer is.”
“Ja.... dit blyk so uit die toetse.”
“Geen verdere vrae. Mnr. Lucian Mendez jy kan vereers gaan,” stap hy met ʼn gevoel of hy oor die vloer sweef en is effens lighoofdig.

“Sal die aangeklaagde Mnr. Guljian Brouer verder kom getuig,” sy oë gerig waar hy seker wil maak hy sit sy voete plat op die aarde neer.
“Mnr. Brouer, hoe goed ken jy vir Mnr. Mendez. Is julle twee huisvriende?”
“Nee!” half nors kom die nee oor sy lippe.
“Maar hoe ken Mnr. Mendez jou?”
Hy probeer sy keel skoonmaak, maar daardie lastige padda bly in sy keel vassteek. “Ons ken mekaar al ʼn geruime tyd, deur besigheid.”

“Mnr. Brouer, het jy van jou vrou se liefde wat sy so graag aan Mnr. Mendez uitgedeel het, kennis gedra?”
“Wat sal ek hierop kan antwoord. Nee ek het dit nie geweet nie,” verbitterd en woedend kyk hy of hy Meneer Mendez kan sien.

“Dankie. Om terug te kom, wat se soort besigheid het julle ingemeen gehad, Mnr. Brouer?”
“Ek was die regsadviseer gewees in die besigheid, vanweë my soort beroep,” sê hy dit met ʼn fluister stem.
“En Mnr. Mendez?” is die staatsaanklaer se stem vol simpatie.
“Hy was die uitvoerende beampte gewees oor die personeel, om te sien dat alles vlot verloop het.”
“Is dit al wat Mnr. Mendez gedoen het, Mnr. Brouer?” stadig beweeg die pen weer na die tip van sy vingers.
“Hy het bekend gestaan as Meneer L,” besef hy dat dit nou nie meer lank gaan wees voordat die hele petalje op die lappe gaan kom nie.

“Waarvoor staan die L?”
Aamborstigheid kom in sy spraak voor. “Dit het gestaan vir Laksman,” skiet sy oë blitsig oor die gehoor, om die gehoor te ontsenu.
“Laksman!” val die pen uit sy hand en kom dit op die vloer te lande, stadig buig hy af om sy pen op te tel, bekyk hy die hele affêre met ʼn mond wat amper oopval van skok.
“Ja Laksman. Hy moes gesorg het dat die ongehoorsame lede na ʼn veilige hawe verreis, daar waar niemand hul weer sal kan kry nie,” neem sy oë dooierus op sy hande.
“Nou verstaan ek nie so mooi nie, hoeveel lede het na daardie veilige hawe verreis, Mnr. Brouer?”

“Mnr Lucian Mendez het ʼn wildsplaas net buite die distrik. Op volmaan was die middernagtelike feesviering, daar waar die honger oë van die hiënas in die nag op hul prooi lê en loer. Daar is die ongehoorsame lede in veilige hawe ter ruste gelê.....”
“Appèl, dit het niks met die saak te make nie, Edelagbare!” onderbreek hy die erkentenis wat op die plaas, plaasvind.
“Van die hand gewys.”

“Grrrrr wil jy vir my sê; my afleiding is dat al hierdie lede deur die hiënas verorber is!” ril sy liggaam tot hier diep in sy innerlike in.
“Ja, Edelagbare,” steeds sit hy daar en nadink oor al die aande se feesvieringe hoe die mense om genade gesmeek het.
“Geen verdere vrae meer, Edelagbare,” probeer hy hom voorstel hoe daardie mense tot hul einde moes gekom het.

“Die Hof neem ʼn halfuur reses vir die voorbereiding van die vonnisse,” die aanhoorders mor en brom saam met die pers en kon nie glo wat hulle in die Hof gehoor het nie. Stadig kom die Regter en jurielede ingestap. Daar heers ʼn doodse stilte voor die vonnis uitgespreek word.

“Het die jurie-bank ʼn uitspraak?”
“Ja ons het, Edelagbare.”

In die klagstaat van die beskuldigde word hy aangekla ten eerste vir die misdaad van strafbare manslag in die eerste graad, ten tweede die afpersing en dreiging van Mej. Laura Hoffmann.

“Ons vind die verweerder Meneer Guljian Brouer skuldig!” Sy blik van intensiteit en onheilspellendheid speel oor die aanhoorders wat vasgevang is in die oomblik. Die verslaggewers wat weer na hom terugstaar met valkoë in afwagting vir daardie sensasionele foto’s vir hul beriggewing. Die groot vis wat agter al die onheil geskuil het is gevang.

“Mnr. Guljian Brouer, jy word gevonnis op die eerste aanklag vir 15 jaar en die tweede aanklag vir ʼn verdere 10 jaar. Uit die laaste getuienis wat jy gelewer het met betrekking tot die wildplaas van Mnr: Mendez word jy gevonnis vir 40 jaar en op die dwarsboming van die gereg waar jy as jurielid jou gesagsposisie misbruik het, 35 jaar. ʼn Totaal van 100 jaar tesame. Lewenslank sal jy jou straf uitdien.”

“Mnr. Lucian Mendez.” ʼn Onheispellende glimlag speel oor sy gesig. “Jou vonnis op die aanslag van Konstabel Albertus van der Plooi se lewe, is 15 jaar en die tweede aanklag op die moord van Mnr. Tom Brend, is jou weefsel wel daar gevind, maar onvoldoende bewyse vir vonnisoplegging. Verder is daar 10 onopgeloste moordsake waarvan ons geen bewyse kan vind nie, maar met die verklaring van Mnr. Guljian Brouer, vind ons jou skuldig op al die aanklagte, vir elke moord is jou vonnis 8 jaar. In totaal sal jy 95 jaar moet uitdien met geen versagting op die vonnis nie.

“Mnr. Peet van der Linde.” Staar hy voor hom uit met die afwagting dat sy appèl geslaag het vir versagting op sy vorige vonnis. “Jou Appèl het misluk ter versagting op jou aanklag en jy sal 35 jaar uitdien. Konstabel Albertus van der Plooi jy word onskuldig bevind.”
“Die Hof verdaag.”

“Kaptein, ek is dankbaar vir alles wat Kaptein en Dirk vir my die afgelope tyd beteken het.”
“Dit is vir my ʼn plesier om vir iemand iets te kon beteken, Albertus.”
“En so draai die noodlot, maar hierdie ou sal nie wees nie en hy sal rekenskap moet gee.”
“Ek moet sê, Mendez het gevoel soos ʼn man op ʼn ewige wipplank — die een oomblik op, wanneer die getuienis kom verklarings aflê en weer wegbeweeg van enige moontlikheid van die ontdekking van nuwes, dan die volgende oomblik tuimelende, wanneer die teenoorgestelde gebeur, Konstabel.”

“Dit was Meneer G se oorspronklike begeerlike plan gewees om te sien of hy die onskuldige Laura kon afbreek tot op die grond om redelike twyfel te skep.”
“Maar nou ja, ook met hierdie nuwe streke, kon hy nie baie ver kom nie,”Kaptein.

“Hierdie Meneer G hy voel nie veel vir enige iemand nie, en dit lyk nie of hy enigsins ʼn skuldgevoel daaroor het nie en ek het gewonder hoekom.”

“Dirk, was dit dat hy in sy blik wou hê dat Laura skuldig bevind moes word?”
“Sy gesig het ʼn onmiskenbare trots getoon, hy’s verbitterd oor die rykdom van Tom wat hom nie toegekom het nie,” skud die Kaptein net sy kop.
“Nee, beslis nie, Albertus, ek dink dit gaan oor sy enigste dogter, Mejuffrou Anna Brouer.”
“Kaptein, nou weet ons wie hierdie Meneer G is, die ene Meneer Guljian Brouer. Nou’s hy gesink saam met sy dogter en ek glo nie dis so ʼn lae hou gewees nie.”

Laura, is uit die veld geslaan, die spanning wat haar liggaam verlaat, wonder sy of sy na Albertus toe moet stap. Laura snik huil van verligting, maar dit hou nie op nie. Albertus staan soos ʼn paal, wat het hulle twee bereik om so hardkoppig te wil wees.

“Ek sou sê, dat ek nie baie geniaal opgetree het nie Albertus,” flikvlooi sy om Albertus se aandag te trek, trek sy haar oë op gleufies, met ʼn frons gesig van vergewing. Albertus se gesig is emosieloos met sy eie gedagtes. Raak Laura baie senuweeagtig met haar eie verwyt, bedek sy haar gesig met haar hande.

“Albertus,” kom ʼn baie sagte fluisterstemmetjie. “Albertus,” amper onhoorbaar probeer sy haar woorde in die lug te laat dra dat Albertus dit moet hoor hoe sy om vergewing vra. “Albertus ek wou dit nie so gehad het nie.”
“Ons kom daarby, maar wat wou jy van my hê?” Laura se selftrots is aan’t skerwe, begin sy met ʼn ruk snikkend te huil. Met ʼn bewerige stemmetjie probeer sy weer fluister.

“Albertus ek het nie gedink voordat ek my “mind” opgemaak het nie, ek dink dit is maar ʼn swak punt van die eva geslag. Ek vra met trane in my oë, vergewe my asseblief, my hartedief,” lê die oë wasig agter die tranegordyn wat vrylik vloei.

Albertus dink by homself, en so weet hierdie selfde eva geslag hoe om met ʼn man se hart te werk, ek het niks verkeerd gedoen om hierdie soort optrede van jou te verdien nie. Ek voel lus om vir jou te sê, gaan kyk waar kry jy iemand anders wat vir jou soveel omgee. Ek het uit my pad gegaan om elke moontlike rots uit jou pad te rol, maar nee. Jy verdink my, jy wil my gelyk stel aan hierdie boewewêreld se optrede. Jy’t my goedhartige hart vermorsel.


Woorde; 51191 is 54001.

Vervolg op; Albertus en die groot vraag.      

Boek; DIE ONHEILSPELLENDE MAANSVERDUISTERING.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wiel
Weereens 'n prag stuk uit jou pen uit. Ek het dit baie geniet.
4 jaar 3 maande 6 dae 9 ure oud


wiel
Die wiel is beslis aan die draai in hierdie spannende verhaal van jou Arnold
4 jaar 3 maande 1 week 18 ure oud



Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar