Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dwelms is egter n adder met baie koppe en as jy die een afkap is die volgende een daar. Die Nigirier se winkel was nie lank toe nie of die dwelmsindikaat het die winkel weer oop met die volgende een wat dwelms voorsien. Die geharde verslaafdes het dit gou uitgevind. Madeleine is die een wat in stilte Riana se plek ingeneem het as verspreider van dwelms by die skool. Sy is egter versigtig genoeg om net klein hoeveelhede dwelms skool toe te bring want sy is bang vir n klopjag. Sy doen dus haar transaksies by die huis of naweke by die kuierplek met haar gereelde kliënte.
Madeleine het nie vergeet wat met Riana gebeur het nie en het besluit dat sy Catherine gaan terugbetaal sodra die geleentheid hom voordoen. Daar is net een manier wat sy aan kan dink en dit is om Catherine weer verslaaf te kry en om dit reg te kry moet sy op een of ander slinkse manier Catherine sover kry om n dwelm in te kry. Vir die verslaafdes is die tyd van mandrax ook verby en is estacy die jongste gier in hulle kring.

Sy kry haar kans net voor die wintervakansie toe Catherine griep kry. Sy sien die hele oggend in die klas dat Catherine nie lekker is nie en pouse gee sy vir Catherine twee tablette om te drink as sy by die huis kom. Sy sê vir Catherine dat sy die tablette nie moet drink voor sy by die huis is nie want dit gaan haar laat slaap.

Toe Catherine by die huis kom voel sy redelik pap van die griep en drink die twee tablette wat Madelein haar gegee het. Die pille werk feitlik dadelik en raak sy aan die slaap. Dit is of sy wegsweef in n wêreld van allerhande kleure en sorgeloosheid, dieselfde ervarings wat sy destyds met mandrax ervaar het, net sterker. Sy slaap die hele middag deur tot haar ouers by die huis kom. Haar ma jaag haar dadelik twee griep pille in en raak Catherine weer feitlik dadelik aan die slaap. Die volgende dag bly sy by die huis in die bed al voel sy bietjie beter. Die Estacy het egter sy werk gedoen en is dit of Catherine n knaende hunkering in haar liggaam aanvoel. Die laaste ding wat sy egter aan dink is dwelms en skryf sy dit aan die griep wat haar redelik ernstig beet het.

Terug by die skool die volgende dag is sy nog nie heeltemal haarself nie en gee Madeleine haar nog twee pille om die middag te drink as sy by die huis gekom het. Die pille is so netjies verpak dat Catherine nie eers vermoed dat dit dwelms is nie. Sy besluit egter om dit die aand voor slaaptyd te drink want sy moet die middag leer vir n moeilike toets en wil nie aan die slaap raak nie.

Die aand jaag haar ma haar weer twee grieppille in en drink sy Madeleine se tablette net daarna. Net daarna begin die wêreld om Catherine draai. Sy raak weg en haal haar bed net net. Toe sy gaan lê pak n koue koors haar en lê sy wakker. Hoe hard sy probeer sy kan nie aan die slaap raak nie. Sy voel kompleet soos die tyd toe sy mandrax gebruik het.

Dit is toe die gedagte by haar opkom dat dit n dwelmmiddel moet wees wat Madeleine haar gegee het om haar weer verslaaf te kry. “Nie weer nie”, is haar eerste gedagte en besluit sy net daar dat sy haar nie weer aan dwelms gaan oorgee nie. Sy sal hierdie slag die stryd op haar eie wen want dit is nou nog net twee keer wat sy dit ingekry het. Sy raak later onrustig aan die slaap om die oggend vir die eerste keer in n lang tyd met n drang na dwelms wakker te word. Nadat sy op haar knieë gegaan het en die bloed van Christus op haar afgebid het voel sy beter en gaan die dag gewoonweg skool toe. Deur die oggend voel sy kort kort die knaende hunkering in haar maar slaag sy daarin om dit te onderdruk. Teen die vakansietyd is die hunkering heeltemal weg. Madeleine se plan om haar weer in dwelms se kloue te kry misluk en toe Madeleine haar weer pille aanbied weier sy dit en sê vir Madeleine reguit dat sy nie weer gaan dwelms gebruik nie, sy is eenkeer deur die hel van onttrekkings en sien nie weer kans nie.

Gedurende die vakansie is dit haar agtiende verjaarsdag en met Anneke ook by die huis word daar die Vrydagaand gebraai ter viering van haar agtiende verjaarsdag. Wat vir haar die dag nog heugliker maak is die feit dat sy haar leerlinglisensie gekry het. Haar pa sit die seël op haar verjaarsdag toe hy aankondig dat sodra Catherine haar lisensie kry sy n motor van haar eie gaan kry. Sy het besluit sy wil nie volgende jaar universiteit toe gaan nie sy wil technicon toe gaan vir n kursus in klere ontwerp en maak.

Met haar eie motor sal sy, soos Anneke, heeltemal onafhanklik wees wat vervoer aanbetref. Die gedagte van n eie motor maak haar skoon opgewonde en kan sy nie wag vir die Donderdag die volgende week wat sy gaan vir haar bestuurderslisensie nie. In haar verbeelding sien sy haarself agter die stuur van n nuwe motor en hoe die ander dogters haar beny.

Catherine slaag haar bestuurderslisensie en toe sy die Vrydag by die huis kom wag haar pa vir haar. Hy het die oggend vir Catherine n mooi tweedehandse Volkswagen Polo met lae kilos gekoop en is dit haar voorreg om die motor by die handelaar te gaan haal.

Toe hulle by die handelaar kom staan daar n silwer Polo vir haar en wag. Toe sy die motor vir die eerste keer sien trek sy haar asem in. Sy voel die adrenalien deur haar vloei en dan gryp sy haar pa vas en druk amper sy longe uit van blydskap. Al wat sy kan uitkry is: “Dankie pa, so baie dankie. Sjoe ek kan dit nie glo dat ek my eie motor het nie”.

Sy is so opgewonde dat sy met n halwe oor na die verkoopsman se verduidelikings luister en kan sy nie vinnig genoeg wegkom nie. Uiteindelik is hy klaar en kan sy uit die vertoon lokaal uitry, onder Anneke se toesig. Dit kan nou nie hoër of laer nie Catherine wil nou gaan voel hoe haar Polo op die pad ry en vat hulle pad. Anneke is bly vir haar part dat sy haar laat begaan. Met die terug kom stop sy by die kantoor en om haar ma ook dankie te sê en pak die hele Boerevervoer om die Polo saam om haar geluk te wens.

Die Vrydagaand gaan sy en Pieter bietjie uit en kan dit nie anders nie, daar moet met die Polo gery word. Sy laat Pieter egter bestuur en kry sy die verrassing van haar lewe toe hy voor hulle ou kuierplek stilhou, dit is die eerste keer in amper n jaar en kyk sy Pieter vraend aan wat haar antwoord: “Jy is mos nou agtien en jy kan nie vir altyd wegkruip nie. Vanaand gaan ek en jy bietjie uithang om jou verjaarsdag te vier tussen ons twee.

Dit is of n stem in haar dadelik in opstand kom en vir haar sê nee, ons hoort nie hier nie. As Jesus nou kom sal jy wil hê hy moet jou in hierdie satansnes kry vol drank en besig met duiwelsdanse?

Catherine kyk vir Pieter en sê: ‘Ek wil nie hier wees nie. Pieter kom ons gaan huis toe en kuier in jou woonstel”.
Pieter verstaan nie waarom sy nie daar wil ingaan nie maar gaan hulle na sy woonstel toe om n dvd te kyk.
Die res van die aand verloop rustig en teen elf uur se kant besluit sy om huis toe te gaan om te gaan slaap. Sy voel sy sal moet met Pieter praat en dit vir hom duidelik stel dat haar lewe verander het.

Saterdagmiddag stap sy na Pieter se woonstel toe met die vaste besluit om met hom te gaan praat en te verduidelik waarom sy nie by die kuierplek wou ingaan nie.
Sy verduidelik vir hom dat sy tot bekering gekom het en Christus aangeneem het as haar Verlosser en dat sy voel dat sy hoort nie daar nie en dit is of haar hele wese in opstand kom teen die plek.

Hy neem haar nogtans in sy arms en begin hulle liefkosings n n nuwe rigting inslaan, miskien wil Catherine opmaak vir die vorige aand se teleurstelling en vir die eerste keer kan hulle die hunkerings en drange in hulle liggame nie meer beheer nie. Catherine roep egter betyds halt: “Nee Pieter ek sal my liggaam net eendag vir my trouman gee. Nooit weer sal n man van my liggaam gee nie en is dit ook sonde om seks buite die huwelik te hê, asseblief ons moet stadiger gaan”.

Pieter wil haar nie dwing nie want hy is bang hy verloor haar dan en lê hulle net stil langs mekaar op die bed en het hulle skielik nie woorde vir mekaar nie.
Dit is toe hulle langs mekaar op die bed lê wat Catherine opmerk: “Pieter wat hou die toekoms vir ons in? Ek het jou lief en ek weet jy my ook lief het. Sien jy vir ons n toekoms saam vorentoe. Dink jy ons gaan eendag trou en saam in die lewe wees”.

Pieter trek haar styf teen hom vas: “Catherine daar sal nooit iemand anders in my lewe kan wees nie. Natuurlik is daar vir ons n toekoms saam en ons gaan eendag trou en n lewe saam hê, kinders groot maak en saam oud word en dit is n belofte wat ek jou maak”.

Dit is genoeg om Catherine oneindig gelukkig te maak en skuif sy net vaster teen Pieter. Sy wens so sy kan die hele nag saam met hom deurbring maar sy moet huis toe gaan en moet sy noodgedwonge opstaan om huis toe te gaan. Nog nooit in haar lewe het sy so gelukkig gevoel soos vanaand nie maar is sy tog bang dat dinge tussen haar en Pieter kan hande uitruk vorentoe Sy sal Anneke in haar vertroue moet neem en dit met haar moet bespreek al is sy bietjie bang vir so n gesprek.
Die oggend vroeg is sy by Anneke in haar kamer en in die winterkoue klim sy by Anneke onder die warm komberse in. Anneke, baie verbaas vra vir Catherine: “En wat byt jou so vroeg in die more om hier by my te kom inkruip, waaroor wil jy gesels”.

Catherine weet nie mooi hoe om die gesprek te begin nie en kom met n draai na Anneke toe: “Anneke jy het in jou drie jaar op universiteit nog net een keer n vriend huis toe gebring, het jy dan nie mansvriende of n spesiale man in jou lewe nie”.

Anneke sug en kyk vir Caherine wat op haar sy vir haar lê en loer: “Ek het in my eerste jaar n baie spesiale vriend, n finale jaar student, gehad. Hy het nooit saam huis toe gekom nie omdat hy vakansies Kaapstad toe is waar sy ouers bly. Die einde van die jaar het hy my ewe koel en kalm vertel dat ek goeie afleiding vir hom was en baie dankie maar hy het n meisie in die Kaap wat op sy terugkeer wag. Ek was stukkend maar het my smart alleen gedra en is jy die eerste een wat ek daarvan vertel. Na hom was Albert die eerste mansvriend in my lewe maar hy bly ook ver en was hy maar net die naweek hier as vriend en niks anders nie. Verder was daar nog nooit n man in my lewe nie”.

Anneke bly n oomblik stil en dit is toe Catherine haar vra: “Het jy en jou spesiale vriend uit die Kaap uit ooit saam geslaap”.

Anneke weet dadelik waaroor dit gaan en antwoord haar suster: “Tot my spyt moet ek dit erken, ja hy was die eerste man in my lewe wat ek mee saam geslaap het en vandag is ek bitter spyt daaroor.Dit was nie reg nie en ek moes my liggaam bewaar het vir my trouman maar nou is dit te laat. Ek het my egter na hierdie episode myself voorgeneem nooit weer tot ek die dag getroud is nie. Hoekom vra jy Catherine, het jy en Pieter saam geslaap”.

Catherine skud haar kop: “Gisteraand was amper maar ek is bang Anneke. Ek weet dit kan gebeur want ons is intens lief vir mekaar en ons kan dit nie keer nie maar wat gaan ek doen om dit te verhoed. Hy is my trouman Anneke maar dit bly verkeerd”.

Anneke trek vir Catherine teen haar vas: “Jy is gelukkig Catherine, Vir Pieter is daar net een vrou op hierdie aarde en dit is jy. Ek het ook so gevoel toe ek myself destyds vir my droomman gegee het. Jy moet maar julle liefkosings kalmer vat en julle moet sorg dat julle nie in so n situasue beland dat julle jullself nie kan keer nie, al is dit moeilik. Onthou net n swangerskap op hierdie stadium van jou lewe kan jou hele lewe verwoes. Onthou ook dat aborsie nie die antwoord ooit kan wees nie. Dit mag miskien volgens wet wettig wees maar dit is moord en sal jy die res van jou lewe die verwyt daarvan dra”.

Catherine is dankbaar en kruip vaster teen haar suster vas om weer aan die slaap te raak.

Dit is sommer heelwat later wat sy wakker word en gaan sit hulle, nadat hulle gestort het buite in die wintersonnetjie en bak. Pieter sluit ook by hulle aan en voel Anneke skoon jaloers op Catherine toe sy sien hoe lief die twee vir mekaar is en merk sy op: “Julle twee moet mekaar oppas, julle is gelukkig om n liefde soos julle sn te hê. Volgende jaar gaan vir julle moeilik wees as Catherine op Technicon is want dan gaan julle mekaar minder sien en die verlange kan sterk word as mens mekaar nie so gereeld sien nie”.

Vir die twee verliefdes is dit egter iets wat nog in die verre toekoms wink en wil hulle nie daaraan dink nie, hulle wil eerder ten volle gebruik maak van die tyd tot hulle beskikking.

Die res van die jaar snel verby, somer kom en die liefde tussen die twee blom. Catherine en Pieter slaag daarin om in hulle liefkosings kalmer teenoor mekaar te wees om te voorkom dat hulle in n situasie beland wat die drange en drifte tussen hulle hande kan laat uitruk. Elke slag as dit begin gebeur sê sy net vir Pieter: “As jy my lief het sal jy wag tot die dag as ek jou vrou is. Dan sal ek ten volle joune wees”.

Die haat vendetta teen haar by die skool het ook einde gekry en is Catherine weereens n pragtige meisie met n winkende toekoms voor haar en kom sy haar eindeksamen met onderskeidings in feitlik al haar vakke deur. Ook met haar kursus by Pieter se ma gaan dit goed en sê haar leermeesteres vir haar dat sy haar niks meer kan leer nie, wat sy weet het sy alles vir Catherine geleer en glo sy Catherine is ryp vir die Technicon.

Die Karsvakansie is n heerlike tyd vir hulle saam en kan Catherine nie genoeg vertel hoe sy uitsien na haar jaar op Tecnicon nie, dit is of die tyd vir haar te stadig loop. Sy is nou op die drumpel van grootmenslewe en kan die tyd nie afwag om op haar eie te wees nie. Anneke vertel haar bietjie meer van kampuslewe en waarvoor sy versigtig moet wees en waarsku haar dat dwelm misbruik op kampusse erg is en dat sy moet waak daarteen.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

13
Ek haal weer bietjie in, Ek is so bly dat C nie weer in die dwelmhel beland het die keer nie...Dit lyk asof alles onder beheer is , sien uit daarna om die opvolge te lees...
5 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 14 ure oud


13
Dankie tog!!! Jy het my benoud gehad met daai pille en sommer briesend vir daai simpel Madeleine. As mens maar net alle dwelms kon uitwis ...
Dankie Neels, vir jou puik verhaal. :))
5 jaar 6 maande 1 week 1 dag 20 ure oud


13
Dit lyk of Catherine nou heelwat wyser is as 'n klompie maande gelede. En nou is dit tyd dat sy op haar eie voete moet staan. Ek sien uit daarna om te sien hoe sy aanpas by die nuwe lewe :-)
5 jaar 6 maande 1 week 3 dae 11 ure oud


Dwelms
. . . dis wonderlik om 'n storie te lees wat wys dat jongmense wél sterk kan staan en die regte keuses kan maak!
5 jaar 6 maande 1 week 5 dae 12 ure oud


HFSTK 13
Daar kook my bloed toe weer, oor daardie onverantwoordelike dwelemsmouse...
5 jaar 6 maande 1 week 5 dae 18 ure oud


Winkende dood
Dankie tog. Sy het die versoeking weerstaan.
5 jaar 6 maande 1 week 5 dae 21 ure oud


13
En nou is sy tot alles in staat deur Christus wat haar krag gee! 'n Oorwinnaar in Christus, mooi geskryf Neels!
5 jaar 6 maande 1 week 6 dae oud


winkende dood 13
Bravo vir Cathrine, ek is bly sy het die wilskrag gehad. Oppas nou vir die ander gevare.
5 jaar 6 maande 1 week 6 dae oud


winkende dood 13
Weereens n puik hoofstuk Neels, heerlik gelees en kan nie wag om die Technicon dae ook te beleef nie.. ek glo daar is nog baie kinkels in hierdie verhaal van jou
5 jaar 6 maande 1 week 6 dae 3 ure oud


Z
Verhale kan ek nie skryf nie. Dit is hoekom ek my by verse bepaal.
Maar ek hou daarvan om verhale te lees en jy het my geboei tot by die laaste punt
5 jaar 6 maande 1 week 6 dae 4 ure oud


dood
Ag dis 'n verligting dat sy nie weer geval het vir dwelms nie. Wat die toekoms inhou sal ons maar moet wag en sien. Mooi gepen.
5 jaar 6 maande 1 week 6 dae 7 ure oud


13
Catherine het 'n lang pad vol pot-hole oorleef. Nou hoop ek dat sy genoeg wysheid vir die toekoms het!
5 jaar 6 maande 1 week 6 dae 8 ure oud


13
sjoe dit was amper. my hart het nee geskree toe sy weer onbewus de pille gedrink het. dankie tog sy het gou besef.

en nou het sy die toekoms wat op haar wag n grootmens lewe. die verhaal is werklik baie mooi . dankie Neels.
5 jaar 6 maande 1 week 6 dae 10 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar