Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Catherine se pa het vir haar n woonstel naby die technicon gekry en is hulle drie dae voor die tyd al daar om meubels vir die woonstel te kry en haar te help intrek. Antoinette Scholtz maak seker dat Catherine alles sal hê wat sy nodig het in haar woonstel. Sy kry tot n televisie en n musieksentrum. Die kombuis word voorsien van alles wat Catherine nodig het om vir haarself kos te maak en word die yskas volgemaak. Teen die mure word twee afdrukke van landskapstonele opgehang, daar is niks wat kort om die woonstel aangenaam en gesellig te maak nie. Haar kamer kry n pragtige nuwe kamerstel en die sitkamer kry n moderne sitkamer stel met alle bybehore om die plek gesellig te maak. Tot die kwekery word besoek om potplante vir die woonstel te koop.

Die dag voor die Technicon begin gaan Antionette saam met Catherine om haar studies te betaal en haar ook in te skryf vir die jaar wat voorlê. Met al die studente wat inskryf raak dit n lang en vermoeiende dag en kom hulle eers die middag weer terug by die woonstel. Antoinette is redelik haastig oppad huis toe en groet sy net voor sy in die pad val huis toe en Catherine alleen in haar nuwe woonstel agterlaat.

Die aand is dit n opgewonde Catherine wat in haar woonstel sit en is sy vir die eerste keer in haar lewe alleen en op haar eie. Dit is toe die verlange op haar toesak en sy na haar mense verlang en wens dat sy liewer by die huis is.

Veral die verlange na Pieter vreet aan haar en stuur sy vir hom n lang sms waarin sy hom alles vertel.
Pieter antwoord haar dat dit net tien maande is en dan is sy weer permanent by die huis. Sy hoef nie bekommerd te wees nie hy sal getrou vir haar wag en is dit oor twee maande die paasvakansie en dan sal hulle mekaar sien en hy sal n naweek kom kuier.

Terwyl sy nog so sit en mymer is daar n klop aan die deur. Catherine staan op en loer eers deur die loergaatjie. Voor die deur staan n meisie en maak Catherine die deur oop.
Voor haar staan n mooigeboude meisie met ligte hare, geklee in n deftige swart twee stuk pakkie met n wit hoëhals bloes. Sy is kunstig gegrimeer, duidelik n stadsmeisie.

Sy steek haar hand deur die tralies van die veiligheidsdeur en groet: “Hallo, my naam is Dalene Jacobs. Ek is jou buurvrou en het gou kom kennis maak met my nuwe buurvrou”.

Catherine stel haarself voor, sluit die deur oop en nooi Dalene binne. Hulle gaan sit in die sitkamer en begin die groot kennismaking. Catherine vertel haar alles van haar en toe Dalene van haar begin vertel kom Catherine agter dat Dalene so 23 is. Sy kom ook van die platteland af en werk as n ontvangsdame by n groot regsfirma en is nou stedeling wat die stof van die platteland permanent van haar voete afgeskud het. Sy vertel vir Catherine dat hulle die enigste jong meisies in die ry woonstelle is. Die ander inwoners is redelike ouer mense met die uitsondering van Jaap de Villiers wat langs haar bly.
Dalene skud haar kop toe sy van Jaap vertel: “Ek dink hy is skeef Catherine, hy steur hom nie aan vrouens nie en het hy n mans vriend wat gereeld by hom kuier. Ek het al my bes gedoen om hom oor te nooi maar elke slag wys hy dit ewe beleefd van die hand.

Dit is toe Catherine haar vra: “Dalene is daar darem n spesiale man in jou lewe? Ek het darem vir Pieter in my lewe by die huis wat vir my wag tot ek die jaar klaar is. Ons is baie lief vir mekaar en ons kan nie wag dat hierdie jaar verbygaan nie”.

Dit is of Dalene so hartseer trek kry toe sy antwoord: “Nee Catherine daar is nie, die laaste man in my lewe het my vieslik in die steek gelaat vir n ander poppie, en dit nadat ek hom alles gegee het. Ek het daarna gesweer, nooit weer in my lewe n man nie”.

Catherine swyg n paar oomblikke en toe vertel sy vir Dalene van Paul Verhoef wat haar ook weggegooi het nadat hy haar misbruik het en sluit sy af met; “Gelukkig was Pieter daar vir my en het hy my weer geleer wat ware liefde is en dat die son weer kan skyn”.

Dit is vir Catherina asof Dalene so veraf trek op haar gesig kry toe sy antwoord: “So gelukkig was ek nie. Ek moes maar hier alleen in my woonstel die hartseer oorkom”.
Catherine gaan maak vir hulle koffie en kuier hulle tot so nege uur se kant toe Dalene sê dat sy nou moet gaan en word Catherine vir die volgende aand oorgenooi vir aand ete.
Catherine se eerste dag op Technicon is maar n redelike deurmekaar dag en is sy dankbaar toe die dag verby is. Almal is nou in hulle klasse en moet sy die middag die boek winkel op die terrein besoek om die nodige boeke te kry. Sy kom eers vier uur by haar woonstel en sak dankbaar dat die dag verby is in n stoel in die sitkamer neer, Vir die eerste keer in n lang tyd voel sy die ou bekende hunkering na iets om haar te kalmeer aan. Dit gaan egter gou weer weg en sit sy haar boeke netjies bymekaar in die boeke tas wat sy gekoop het sodat sy die volgende dag net kan gryp en wegkom Technicon toe. Sy is net klaar daarmee toe Dalene aan haar deur klop om haar te kom haal vir aandete.

Toe sy Dalene se woonstel instap is dit n heerlike kosreuk wat haar uit die kombuis tegmoetkom. Sy laat haar oë vinnig oor die moderne meubels in die sitkamer gly. Dit getuig van goeie smaak en is beslis nie goedkoop meubels nie.

Dalene verwelkom haar hartlik en gaan sit hulle in die kombuis. Dalene gooi vir hulle elkeen n drankie in en sit hulle hulle drankies en geniet en gesels hulle maar oor algemene dinge. Dalene vertel van haar werk en Catherine vertel meer van Vaalbos.

So onder die gesels deur begin hulle tafeldek en na n heerlike ete help sy gou vir Dalene skottelgoed was en trek hulle daarna sitkamer toe waar Dalene vir hulle nog n drankie ingooi en vir hulle n laserskyf met sagte strelende musiek in die laserskyfspeler sit. Toe hulle gaan sit steek Dalene vir haar n sigaret, toegedraai in bruin papier, op en neem n paar diep teue soos sy die rook intrek, n rukkie inhou en dan stadig uitblaas.

Vir Catherine is rook nie vreemd nie, haar pa rook al jare en ken sy tabakreuk. Sy kom dadelik agter dat die sigaret wat Dalene rook n soet reuk het wat sy nie ken nie. Op haar vraag wat se soort sigarette dit is antwoord Dalene haar dat dit n spesiale soort is wat sy self maak en dat sy dit rook omdat dit haar help om die gejaagde lewe beter te hanteer, “Ek het begin rook nadat my vriend my so gruwlik in die steek gelaat het vir die jong poppie. Ek kon die alleen en eensaamheid net nie meer hanteer nie” vertel sy en vra sy of Catherine ook een wil hê. Catherine skud haar kop, nee dankie, maar kan sy voel dat die drankie wat sy drink begin kop toe trek. Sy kom egter agter dat Dalene besig is om in ander wêreld in te beweeg en toe weet sy, die sigaret wat Dalene rook is nie suiwer tabak nie, daar is iets by om die sigaret skop te gee. Sy onthou dat van die meisies by die kuierplekke ook gerook het en die sigarette met mandrax of dagga gedokter was. Die mandrax en dagga gaan longe toe en beland baie vinniger in die bloedstroom as wanneer jy die mandrax drink soos sy gedrink het.

Sy kuier nog n rukkie en gaan toe terug woonstel toe en is dit in haar bed wat die hunkering na verdowingsmiddels haar oorval as gevolg van die rook wat sy ingeasem het. Sy raak egter later aan die slaap en skrik die oggend met n hoofpyn wakker wat gou bedaar nadat sy twee hoofpynpille gedrink het saam met haar oggendkoffie. Daarna is dit vinnig boeke bymekaar maak en technicon toe stap wat binne stapafstand is. Haar Polo het by die huis gebly omdat sy nog te onervare vir die stadsverkeer voel.

Haar voordeur staan oop diemiddag want dit is n warm dag en sien sy Dalene later verbystap. Sy oorweeg dit om na Dalene toe te gaan maar besluit daarteen, sy wil nie n oorlas van haarself maak nie en sit sy maar die televisie aan om te sien of daar nie iets op is wat sy van sal hou nie. Sy kry n program en is dit terwyl sy dit sit en kyk wat sy n redelike ouerige man voor die deur sien verbybeweeg om n oomblik later Dalene se voordeur klokkie te lui. Sy kan hoor hoe Dalene die voordeur oopmaak en die man innooi.
Sy sien Dalene nie die aand nie en gaan slaap later.

Sy lê die Saterdagoggend nog in die bed en lees toe daar aan haar deur geklop word. Sy gooi net haar kamerjas oor en loer eers deur die loergaatjie om Dalene, ook net in n kamerjas oor haar nagklere, voor die deur te sien staan. Sy nooi haar binne en gaan sy kombuis toe om vir hulle koffie te maak en toe kry die nuuskierigheid oor Dalene se besoeker die oorhand toe Catherine vra: “Wie was jou besoeker gisteraand. Seker nie n boyfriend nie want die man is heelwat ouer as jy. Moet sê jy kon hom deur n ring trek”.

Dalene glimlag en antwoord; “Ag wat dit is sommer iemand wat saam met my werk en gereeld Vrydagaande hier by my kom kuier vir bietjie geselskap. Dan drink ons n drankie of twee saam, ek maak iets te ete en gesels ons oor alles en dan gaan hy huis toe”.
Sy verander ook dadelik die onderwerp toe sy vir Catherine sê: “Ek gaan bietje stad toe en wil hoor of jy wil saamgaan dat ek jou die stad gaan wys en wil ek sommer inkopies ook doen vir die week. Ek kry nie deur die week kans daarvoor nie, is net te besig”.

Catherine is dadelik te vinde hiervoor en gaan stort sy gou en trek aan terwyl Dalene haar ook gaan gereed maak en is dit nie lank nie of hulle vaar die strate in met Dalene se klein Chico.

Vir Caherine is die uitstappie saam met Dalene n wonderlike ervaring. Sy is nie die stad gewoond nie en is die winkelsentrums vir haar n splinternuwe ervaring. Toe hulle klaar is gaan drink hulle koffe en eet iets by een van die kafees in die winkelsentrum. Catherine vergaap haar aan al die mense. Dit is vir haar of hulle so anders is as op Vaalbos. Daar is darem bekendes wat groet en gesels, hier gaan elkeen sy eie gang en praat met niemand nie. Skielik is sy baie dankbaar teenoor Dalene, wat aanhoudend babbel, want sonder haar, wat die stad ken, sou sy verlore gewees het en nooit haar eie weg kon vind nie.

Hulle laaste besoek is aan die drankwinkel en dan keer hulle huiswaarts met Dalene se woorde: “Nou is ons reg vir die naweek se verveligheid. Nou het ek darem n maatjie wat ek mee kan saamkuier om die tyd om te kry en met wie ek n hond uit n bos kan kuier. Vanaand gaan ek jou die naglewe in die stad wys. Ek gaan nooit nie want ek wil nie alleen gaan nie. Vrou alleen is dit bietjie gevaarlik en ek juk vir n kuierplek”.
Dalene is skoon uitspattig en draai n slag in die rondte terwyl sy sê: “Ek kan nie wag om n slag by n kuierplek te kom nie. Was laas daar voordat ek moes plek maak vir poppie”.

Dit is toe Catherine vra: “Was jy baie lief vir die man”.
Dalene kry weer daardie veraf uitdrukking: “Ja Catherine ek was. Ons het tot saam geslaap en wat vir my die bitterste was is dat ons saam in die bed was en hy, terwyl ons nog in die bed lê,my vertel dat dit verby is tussen ons en dat daar iemand anders in sy lewe is. Ek was daardie aand histeries en het hom weggejaag en die volgende dag by sy werk uitgevind dat hy en die wulpse poppie al n hele ruk met mekaar deurmekaar is. Dit is toe wat ek myself voorgeneem het, nooit weer n man in my lewe nie”.

Die middag kuier hulle in Dalene se woonstel en na so twee drankies raak hulle al vroliker en Dalene se tong raak al losser. Een van Dalene se sigarette maak haar tong heeltemal los en begin alles vir haar snaaks word en wil sy haar doodgiggel oor alles. Caherine skud net haar kop maar die reuk van Dalene se sigarette is besig om iets in haar los te maak en erken sy die ou hunkering na n dwelmmiddel in haar.

Dit is toe Catherine die eerste tree gee en een van Dalene se sigarette opsteek. Dalene wil haar doodlag toe Catherine met die eerste teug haar longe wil uithoes maar met die tweede trek gaan dit al beter. Die verdowingsmiddel in die sigaret werk dadelik en dit is vir Catherine of n heerlike nuwe gevoel in haar na vore kom. Sy voel roekeloos en met de volgende trek neem die verdowings middels oor. Dit voel vir Catherine of sy sweef en alles lyk vir haar net anders en begin sy ook saam giggel oor alles. Dit maak ook dat Catherine nie eers terugdink aan die tyd wat sy verslaaf was en die hel wat sy deurgegaan het met die tyd wat sy gerehabiliteer is nie, dit is of sy op n ander planeet is.
Saam met drank het veral dagga die manier om mens alle inhibisies oorboord te laat gooi en is dit presies wat nou gebeur met Catherine en Dalene. Alles begin anders lyk en gee hulleself oor aan die heerlike gevoel wat in hulle posvat. Vir n hele ruk is hulle heeltemal deurmekaar en help die musiek wat Dalene begin speel die gevoel verder aan. Op maat van die musiek begin hulle hulle lywe ruk en pluk wat met die tempo van die musiek opbou tot hulle giggelend en uitgeput op die mat neersak.

Catherine wil weet wat alles in Dalene se sigarette is en vertel Dalene haar dat dit mandrax en dagga is. Sy vertel ook vir Catherine dat sy soms iets sterker gebruik omdat die mandrax en dagga soms nie genoeg is nie. Dit beperk sy egter tot naweke en vertel sy Catherine nie wat dit is nie behalwe dat dit n baie sterker skop het as die rookmengsel.

Catherine op haar beurt vertel vir Dalene dat sy aan mandrax verslaaf was maar dat sy dit gelos het nadat sy uitgevang is en gerehabiliteer het. Sy het soms nog drange na dwelms maar sy het al geleer om daarmee saam te leef sonder om toe te gee en haar weer tot mandrax te wend om haar liggaam tot bedaring te kry.

Bietjie later gaan Catherine terug na haar woonstel toe om gereed te maak vir die aand se uitgaan saam met Dalene.
Die kuierplek is baie groter as die een op Vaalbos en kry hulle vir hulle n tafeltjie vir twee teen die muur. Die flitsende ligte wat die skemer in die saal op maat van die metalmusiek verlig het dadelik op hulle sy magiese uitwerking. Dalene gaan bestel vir hulle drankies en met haar terugkeer neem hulle elkeen n paar slukkies en dan is hulle op die vloer om te gaan ruk en bewe saam met die ander op die maat van die musiek.

Toe hulle terugkeer tafel toe is daar feitlik dadelik twee jong manne by hulle en verneem die een: “En as die twee chicks so alleen is en saamdans? Dit is nie cool nie en sal ons twee graag met julle dans en julle company hou vir die aand of wat sê ek chick”.
Catherine beskou die twee manne, geklee in dennimbroeke en t hemde aandagtig. Dit is nie haar tipe nie en kyk sy vir Dalene wat klaar namens hulle die aanbod aanvaar het. Sy moet nou maar noogedwonge saamspeel en staan hulle op om saam met die twee manne na n groter tafel gaan waar daar plek vir hulle al vier is. Dit is toe die twee manne gaan drankies haal wat Catherine vir Dalene fluister: “Hierdie is nie nie my tipe man nie”.

Dalene antwoord: “Mans is daar om gebruik te word soos ek gebruik is. As hulle vir ons drank koop kos dit ons niks en het ons danspartners vir die aand”.

Soos die aand loop word dit al plesieriger en is hulle kort kort op die dansbaan. Die manne koop die drank en is dit later die aand wat die een langs Catherine sy hand hoog op haar been sit. Catherine hou glad nie hiervan nie en haal die mannetjie se hand van haar been af. Duidelik vererg die mannetjie hom vir haar en snou haar toe; “Wat is dit nou met jou ou girl dat n man nie eers bietjie aan jou mag vat nie, lyk my ek sal jou moet makmaak. Ek hou van wilde meisies” en met die sit hy weer sy hand op Catherine se been wat haar nou duidelik vererg en die mannetjie toesnou: “Hou jou hande van my af “.

Intussen begin die tempo van die musiek toeneem en is daar al van die manne wat al uit hulle hemde uit en begin van die meisies ook onder luide applous van hulle bloeses ontslae raak. Dit is toe die mannetjie Catherine vasdruk en haar probeer soen. Catherine vererg haar en gee hom n taai klap terwyl sy opstaan en vir Dalene wys dat hulle nou moet padgee, sy is nie lus vir hierdie mannetjie se vatterigheid nie. Dalene is nie baie lus om te gaan nie maar sien sy dat Catherine vasbeslote is en moet sy noodgedwonge maar saam met Catherine loop en ry hulle terug woonstel toe.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

14
Ai, soveel versoekings daar buite.. Sal maar sien wat verder gebeur! Lekker gelees, Neels..
5 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 11 ure oud


O my genade
Ag nee man!!!Ai, ai, ai. Voordat ek lelike woorde kwytraak, laat ek eerder ophou ...

Ek moet erken, jy kan die leser se emosies sterk beinvloed, Neels. Komplimente.

Maar, ek's nog steeds sommer beneuk.
:))
5 jaar 7 maande 3 weke 2 dae 15 ure oud


w'dood
So word sy weer verlei, glo sy sal sterk wees...
5 jaar 7 maande 3 weke 2 dae 23 ure oud


14
O genade ek hoop Catherine besef dat hierdie nuwe vriendin nie n goeie ding is nie. Ek hoop sy kan sterk staan. Maar verkeerde vriende kan jou lewe verwoes.
5 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 8 ure oud


HFSTK 14
My nekhare rys sonder dat ek dit wou hê.....
5 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 9 ure oud


Winkende dood 14
Dit is 'n slegte vriendskap wat hier ontwikkel, of dalk het Meels iets anders in gedagte?
5 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 18 ure oud


14
:-)
5 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 20 ure oud


Dwelms
Ag toggie ~ hoe gevaarlik tog die dinge . . .
5 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 22 ure oud


winkende dood 14
ag nee ek kan nie glo Catherine het weer in 'n dwelmnes betrokke geraak nie!!! Mens sou dink sy het haar les geleer... ons hoop maar sy knip die vriendskap met Dalene vinnig kort

Lekker gelees Dankie Neels.. laat waai sommer vinnig met die volgende hoofstuk asb
5 jaar 7 maande 3 weke 6 dae oud


Dalene
Ja, en daar is altyd iewers 'n vriend of vriendin wat die ander in die versoeking laat val. Wonder of Catherine hond haar af gaan maak met Dalene!
5 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 1 uur oud


winkende dood
Aijaijaijaijai ek ditto die res. Dankie vir die deel.
5 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 1 uur oud


Dood
Ag nee. Ek hoop sy kom tot besinning.
5 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud


Z
O Wee! Moeilikheid! Dankie tog ek het nie kinders nie!
5 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud


14
Oijojoi die uitdagings en temtasies! Dankie tog my kinners is groot!
5 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 5 ure oud


dood 14
In hierdie hoofstuk betree die tweede karakter die verhaal. My mening is dat dit juis die tweede deel van die verhaal is wat belangrik is want met Daleen Jacobs gaan ons die volle verwoestende pad van dwelms loop
5 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 8 ure oud



Sonsoene

deur Doret Johnstone-Robertson

In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar