Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Na die vakansie besluit Catherine om met haar Polo terug te gaan. Sy vat vroegoggend pad want sy wil nog haar woonstel gaan in orde kry en stop sy vroegmiddag voor die woonstelblok. Sy begin dadelik uitlaai en met twee slae se loop dra sy alles woonstel toe.

Sy merk op dat Dalene se woonstel oop is en net die veiligheidsdeur gesluit is. Sy stap nuuskierig nader om te hoor hoekom Dalene al by die huis is maar sien sy die vent wat by haar bly betyds raak en draai om terug na haar eie woonstel toe.

Sy is net klaar toe sy die klop aan die voordeur hoor. Die voordeur staan oop en is dit net die veiligheidsdeur wat gesluit is en skrik sy toe sy Dalene voor die deur sien staan. Dit is duidelik dat Dalene besig is om agteruit te gaan en is dit of haar gesig verouder het.

Catherine nooi haar in en maak vir hulle koffie. Die hele tyd praat Dalene nie n woord nie en is dit eers toe hulle sit wat Dalene die stilte verbreek: “Catherine jy moet nie snaaks dink nie maar ek deel my woonstel nou met n man. Die lewe raak duur en hy moet help huur betaal want ek kan nie meer alleen die mas opkom nie”.

Catherine beskou Dalene nou aandagtig en is daar n paar dinge wat haar opval. Dalene is senuweeagtig, dit is of sy met n effense sleepstem praat en haar gesig het verouder. Haar klere hang sakkerig aan haar want sy is besig om gewig te verloor. Sy is nie n skaduwee van die Dalene wat Catherine leer ken het nie en Catherine besluit dis nou of nooit, veral toe sy die naaldprikke in die waai van Dalene se arm sien toe haar bloes se mou opskuif.

Sy spreek Dalene ook dadelik aan: “Dalene wat gaan aan met jou. Kyk hoe lyk jy, jy kan mos nie so aangaan nie. Het die dwelms nou al so jou baas geraak dat jy besig is om alles oorboord te gooi in jou selfvernietiging. Ek glo nie daardie storie van jou woonstel deel met n man sodat hy kan help betaal nie. Hy is werkloos en jy moet vir julle albei sorg”.

Catherine swyg n paar oomblikke en sit dan haar tirade voort: “Jy sal iets moet doen Dalene en vinnig ook. Die dwelms gaan jou onderkry. Hoekom soek jy nie hulp nie, al beteken dit dat jy na n rehabilitasiesentrum toe moet gaan om van die goed ontslae te raak. Smyt jou loseerder uit en gaan soek hulp, ek sal jou nog help soek. Ek is seker jy kan by jou werk reël vir verlof vir die tyd wat jy inrigting toe moet gaan”.

Dalene antwoord nie, kyk haar verwilderd aan en staan op en loop.

Sy is net weg toe Jaap aanklop en aankondig: “Word Boerevervoer se nuwe rekenmeester nie ingenooi nie. Ek het jou baie gemis en ek het nogal verlang na jou”.

Catherine kan die deur nie vinnig genoeg oopsluit nie en word Jaap omtrent opgevreet. Hulle gaan saam kombuis toe en maak hulle koffie. Jaap bekyk die stoof en kondig dan aan: “Ek moet in my nuwe baas se dogter se goeie boekies bly en nooi haar om vanaand saam met my te gaan uit eet en die aand saam met my te geniet”.

Catherine antwoord: “Jou nuwe baas se dogter neem die uitnodiging aan. As jy klaar is met jou koffie moet jy skoert sodat die baas se dogter haarself kan gereed maak vir n aand saam met Boerevervoer se rekenmeester om in sy goeie boekies te bly”.

Toe Jaap weg is gaan spring Catherine gou onder die stort en en soek haar klere uit. Vananaand wil sy Jaap se voete onder hom uitslaan en gaan sy nou alles in die stryd werp om sy hart te verower. Daar is nie meer n Pieter wat haar kan rem nie.

Haar aandrok bly maar n treffer en na baie wik en weeg besluit sy tog op haar wit aandrok met die silwer omboorsels en rond sy haar prentjie volmaak af met n stel goue oorringe en n pêrel halsnoer. Bietjie lipstiffie doen die res en is dit n baie tevrede Catherine wat haaself met n vonkel in die oog in die spieël staan en beskou.

Toe Jaap aanklop om haar te kom haal gryp hy gemaak ernstig na sy bors. Catherine kan maar net glimlag en haak by Jaap in nadat sy die deure gesluit het. Sy bly by hom ingehaak tot hulle by die motor kom en Jaap vir haar die deur oopmaak. Toe sy inklim tref dit Jaap weer dat hy besig is om baie ernstig verlief te raak op Catherine en noudat daar nie meer n ander man in haar lewe is nie dit tyd geword het om haar hart te verower.
Jaap het weer vir hulle plek bespreek in die restaurant wat hulle die vorige keer was en wag daar weer n yslike bos blomme op die tafel. Catherine se asem slaan behoorlik weg en trek sy Jaap teen haar vas en soen hom in die nek, die fondament vir n volmaakte aand is gelê en is dit of albei vanaand baie meer ontspanne is in mekaar se geselskap.

Dit is toe wat sy Jaap vertel van Dalene se besoek die middag en hoe sy met Dalene gepraat het maar dat sy twyfel of dit enige indruk op Dalene gemaak het. Sy noem dit vir Jaap dat sy vermoed dat Dalene nou op baie sterker dwelms is en haarself inspuit.

Jaap se antwoord is weereens eenvoudig: “As sy haarself nie wil help nie sal niemand dit kan doen nie. Ek stem saam met jou, sy is te ver heen om haarself te rehabiliteer. Sy sal van daardie vent, en haar Vrydagaand lover moet ontslae raak en dan na n sentrum toe gaan dat hulle haar kan rehabiliteer en van die goed ontslae raak”.

Hulle praat nie verder oor Dalene nie en gaan die aand hopeloos te gou verby. Met hulle terugkeer by die woonstelle merk Jaap op dat Dalene se woonstel oopstaan, nie eers die veiligheidsdeur is gesluit nie. Hulle besluit om ondersoek in te stel en is die toneel wat hulle begroet toe hulle die woonstel instap iets afgrysliks. Dit is duidelik dat die woonstel lanklaas skoongemaak is en hang n aaklige soet reuk in die sitkamer. Daar staan twee vuil glase rond en n leë drankbottel lê op die vloer. Die twee asbakke loop oor van die stompies en as lê oral op die tafeltjies rond. Die wasbak in die kombuis staan opgestapel met ongewaste skottelgoed en is dit duidelik n paar dae se skottelgoed.
Hulle kry hulle grootste skok in die slaapkamer. Op die bed lê Dalene en Gustav albei half nakend, albei net geklee in onderbroekies. Hulle word nie eers wakker toe hulle inkom nie. Die eerste wat hulle opmerk is die twee spuite en die lepel wat saam met n vuil glas op die spieëltafel staan saam met twee stukkies watte met bloedkolletjies op. daar staan ook n botteltjie ontsmettingsmiddel met n stukkie watte langs die bottel. Daar staan ook n kers wat seker gebruik is om die dwelms te verhit.

Dit is of Jaap en Catherine saam aan die selfde dink toe hulle n kombers neem en oor die twee trek. Dit is toe hulle die aantal spuitmerke op albei opmerk maar sê niks vir mekaar nie. Woorde is onnodig en stap hulle uit toe hulle die twee toegegooi het. Toe hulle uitstap kry Jaap die sleutels op n tafeltjie in die sitkamer. Hy sluit die veiligheidsdeur en nadat hy die sleutels deur die tralies diep in die vertrek ingegooi het trek hy die voordeur toe. Toe hulle in Catherine se woonstel kom is Catherine die eerste wat die stilte verbreek: “Jaap hulle is besig om hulleself te vernietig. Ek weet nie wat nie maar ons sal iets moet doen, dit kan nie so aangaan nie en ek dink dit is ons plig om in te gryp”.

Jaap neem haar hand waar hy langs haar sit en antwoord: “Catherine jy het al met haar gepraat en dit help nie. Die ou mense het altyd gesê as jy nie wil hoor nie moet jy voel en dit is wat nou nodig word hier. Los dit in my hande ek sal die nodige doen”.

Net hierna soengroet Jaap haar en gaan na sy woonstel toe. Catherine kan daardie nag nie slaap nie want sy bekommer haar dood oor Dalene wat nou so op die afdraande pad is.

Die bom bars die Vrydagmiddag net nadat Catherine by die huis gekom het. Sy was net in haar woonstel toe sy die twee mans en n meisie voor haar deur sien verbybeweeg en langsaan aanklop. Sy hoor hoe hulle hulleself identifiseer as polisie en dan kan Catherine niks verder hoor nie want blykbaar het Gustav hulle ingelaat en is hulle nou in die woonstel. Net daarna kom Dalene tuis en loop sy haar ook in die polisie, wat nog steeds in die woonstel is, vas. Dit is n hele rukkie daarna wat hulle weer uit die woonstel uitkom met Gustav en Dalene wat blykbaar saam met hulle gaan.
Toe die meisie Catherine in die deur sien staan stop sy voor Catherine se deur en stel haarself voor as sersant Olivier van die polisie. Sy sal graag n paar woorde met Catherine wil wissel as sy nie omgee nie. Catherine sluit oop en nooi haar in.

Sers. Olivier val dadelik met die deur in die huis: “Juffrou ons het op n wenk gereageer en dit is hoekom ons hierdie klopjag op die woonstel langsaan uitgevoer het. Ons het genoeg bewyse gekry dat hulle aan dwelms verslaaf is en het ook kokaine en dagga in die woonstel gekry. Ons gaan hulle nou ondervra en kyk of ons meer inligting kan kry soos wie hulle verskaffer is. Was u bewus daarvan dat hulle aan dwelms verslaaf is”.

Catherine knik haar kop en begin die hele storie vertel. Sy is nog aan die vertel toe Jaap ook daar aankom en stel sy hom voor aan sers. Olivier wat haar storie beaam. Op sers. Olivier se vraag of hulle bereid is om verklarings af te lê antwoord hulle bevestigend. Dit neem n rukkie en het sers. Olivier net hulle verklarings afgeneem en vertrek toe Dalene se Vrydagaand minnaar aan haar woonsteldeur klop.

Jaap gaan na hom toe en nooi hom in na Catherine se woonstel toe. Toe hy sit deel Jaap hom kort en kragtig mee dat Dalene en haar woonstelmaat deur die polisie weggeneem is vir ondervraging en dat hulle gaan aangekla word vir die onwettige besit van dwelms.

Attie word grysbleek en dit is toe Jaap sy hou inkry: “Ek stel voor jy gaan huis toe en verbreek alle verbintinisse met jou minnares anders gaan jy ook betrek word. Ek voel vir jou niks maar ek dink aan jou vrou en kinders om hulle die hartseer te spaar om te weet dat jy dwelmslaaf as n minnares aangehou het. Jy is nie die enigste wat haar bed met haar deel nie, haar woonstelmaat het ook”.

Die man kan nie vinnig genoeg wegkom nie en is dit toe hy weg is wat Catherine vir Jaap vra: “Het jy hulle aan die polisie weggegee?

Jaap antwoord bevestigend; “Catherine dit was ek. Ek het net gevoel dit kan nie so aangaan nie en iets moet gedoen word. Ek weet daar lê vir haar n moeilike tyd voor maar is dit ook nou die geleentheid om hulp te vra as sy wil rehabiliteer. As sy skuld erken en die hof daarvoor vra as haar saak voorkom sal hulle haar na n inrigting toe stuur”.
Die aand is vir hulle nie n groot sukses nie want die gebeure van die aand lê swaar op hulle gemoed en nadat sy vir hulle iets te ete gemaak het kuier Jaap nog n rukkie en gaan toe na sy woonstel toe om te gaan slaap. More voel hulle dalk albei beter.

Saterdagoggend is Jaap vroeg by haar en nooi haar saam polisiestasie toe. Hy wil gaan hoor hoe die ondervraging afgeloop het en of daar iets is wat hulle vir Dalene kan doen.

Catherine het sers. Olivier se nommer en spreek hulle af om mekaar oor n uur by die polisiestasie te kry. Sy mag vir Dalene iets te ete saambring want die kos in die selle is nie te watwonders nie. As sy so voel kan sy vir Dalene ook skoon klere later deur die dag bring. Sy sal egter eers die sleutels by haar moet kom kry.

Toe hulle by die polisiestasie kom is sers. Olivier reeds daar en versoek hulle om eers na haar kantoor toe te kom voordat sy hulle selle toe neem om Dalene te sien.
In haar kantoor nooi sy hulle om te sit en dan open sy die gesprek: “Mense wat die man aanbetref het ek vir julle nuus. Die mannetjie is voortvlugtig en ons soek hom al n hele rukkie vir verkragting en huisbraak. Mnr. de Villiers baie dankie vir die wenk. Jy het ons baie gehelp om n ou kalant in die hande te kry. Wat die meisie aanbetref ons gaan haar aankla vir die onwettige besit van dwelms want dit is haar woonstel. Ons wag nog vir die bloedtoetse se uitslae van forensies af en sal dit seker eers volgende week hê. Ons gaan hulle Maandag voor die hof bring maar dan uitstel vra tot ons ondersoek voltooi is”.

Op Jaap se vraag of hulle in aanhouding sal bly antwoord sers. Olivier: “Wat die man aanbetref ja ek sal n borgaansoek in sy geval teenstaan. Wat die meisie aanbetref beveel ek aan dat julle vir haar n prokureur kry wat n borgaansoek kan indien. Ek sal dit nie teenstaan ne maar ek dink sy moet so spoedig moontlik in n rehabilitasiesentrum kom. Sy is erg verslaaf en al ver heen. Sy sal nie sonder hulp kan rehabiliteer nie”.

Voor hulle opstaan om selle toe te gaan waarsku sers. Olivier hulle: “Julle moet maar sterk wees mense. Ek was nou daar voordat julle gekom het en sy begin nou onttrekkingssimptomes kry. Ek het n dokter laat kom om hulle te ondersoek en om vir hulle kalmeerpille saam te bring. Ek glo nie hy was al hier nie want hulle sou my laat weet het as hy al hier was.”

Dt is nie n mooi gesig wat hulle in die sel aantref nie. Dalene is verwilderd, bewe erg en is heel deurmekaar. Toe sy hulle sien is sy dadelik op die aanval en beskuldig hulle dat hulle verantwoordelik is dat sy nou in n sel sit. Jaap wil antwoord maar sers. Olivier wys vir hom om te swyg. Enigiets wat hy sê gaan net vet op die vuur wees en dalk is dit beter dat hulle liewer loop want mens kan nie met Dalene redeneer nie.

Catherine en Jaap volg sers. Olivier se raad en toe hulle by die woonstel kom breek Catherine en gaan aan die huil. Jaap pobeer sy bes om haar te troos en is dit na n hele rukkie wat sy bedaar met die woorde; “Jaap weet jy dit is of ek myself in daardie toestand sien as ek nie omgedraai het op die dwelmpad nie. Ek kry Dalene bitter jammer en ons moet vir haar doen wat ons kan. Sy is nou bitter alleen en het net ons om op te steun”.

Jaap het nie werklik woorde nie en al wat hy op hierdie stadium kan doen is n prokureurs vriend skakel wat hom vra om hom te kom sien oor n uur. Hy sal hulle in sy kantoor sien.

Toe hulle by die kantoor kom is Jaap se vriend, Hennie Schoeman, geklee in gholfklere, daar en nooi hulle in om hulle te woord te staan. Hulle vertel hom die volle storie terwyl Hennie sit en aantekeninge maak. Hy onderbreek hulle nie een keer nie en toe hulle klaar is sit hy n ruk en nadink oor hoe hy gaan optree.

Dan praat hy met hulle: “Ek ken vir sers. Olivier en sal n afspraak met haar reël om te hoor of daar verklarings afgelê is. Indien nie sal ek ek eers met Dalene gaan gesels en dan sal ek dat sy n verklaring in my teenwoordigheid aflê. Ek sal al die dinge vandag moet doen, tata golf, sodat ons Maandag kan gereed wees as sy voor die hof kom om formeel aangekla te word. Dan sal ek n borgaansoek indien wat ek glo ons sal kry as sers. Olivier dit nie teestaan nie, maar soos dit vir my klink sal sy dit nie teestaan nie”.
Hennie bly n oomblikkie stil en gaan dan aan: “Jaap ons kan ook aansoek doen dat sy in n sentrum opgeneem word. Dan sal n borgaansoek nie nodig wees nie”.

Oppad terug woonstel toe gaan doen hulle eers inkopies maar is dit of die gespanne atmosfeer maar nie wil ontspan nie. By die woonstel maak Catherine vir hulle middagete en kyk hulle n fliek op televisie om hulle aandag bietjie af te lei.

Toe Jaap se foon lui is dit of hulle meer gespanne raak voordat hy die oproep antwoord.

Dit is Hennie Schoeman wat wil weet of hy hulle gou kan kom sien. Hulle wag sy aankoms in spanning af en n uur later stap hy die woonstel binne. Catherine bied koffie aan wat met dank aanvaar word deur hom en Jaap.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

19
Genade tog ... jou storie is eg menslik, realisties en dra nie doekies om nie. Ek's bly daai vent is nou uit Dalene se lewe uit.
5 jaar 4 maande 3 weke 16 ure oud


WD 19
Kommentaar nou oorbodig... Gaan dadelik 20 lees...:-)
5 jaar 4 maande 3 weke 6 dae oud


DIE WINKENDE DOOD HFSTK 19
Dit lyk vir my daar's darem lig vir die arme Dalene, te danke aan Jaap en Catherine,
5 jaar 5 maande 4 dae 7 ure oud


Winkende dood 19
Geniet jou storie baie! Geluk, puik verhaal.
5 jaar 5 maande 4 dae 12 ure oud


winkende dood 19
sjoe hierdie was omtrent n intense hoofstuk. Ek bid werklik Dalene gaan hulp aanvaar. Lekker gelees Neels en wag in spanning vir die res van die verhaal
5 jaar 5 maande 4 dae 19 ure oud


19
Die dwelms bly groot moeilikheid, nog 'n treffer Neels!
5 jaar 5 maande 4 dae 19 ure oud


19
Aangrypend en ook tragies. Dalne is geukkg dat daar mense s wat haar wil help. Hoopnet nie sy is hardkoppig nie.
Kan nie wag vir die olgende aflewering nie.
5 jaar 5 maande 4 dae 23 ure oud


Winkende dood 19
Baie goeie skrywe. Ek hoop Dalene en Catherine bly nog vriende en dat sy haar probleem sal oorkom. My hart gaan uit na Dalene toe, maar aan die einde van die dag moet ons keuses maak en dit was haar keuse. Pragtige hoofstuk en aangrypend
5 jaar 5 maande 5 dae 1 uur oud


19
There go I, but by the grace of God - so voel ek namens Catherine.
En nou het die arme Dalene nog 'n kriminele rekord ook. Ai ek hoop dat hierdie verhaal iemand sal keer om dwelms te gebruik.
5 jaar 5 maande 5 dae 1 uur oud


19
dis eindlik wreed om te dink dat dwelms so houvas op n mens se lewe het. ek kry Dalene regtig jammer want as jy eers begi n het word dit net erger en is dit deksels moeilik om om te draai. en weg testap. ja. nee een maal in sy kloue , altyd in sy kloue tot iets drasties gedoen word. danki Neels ek het weereens die verhaal geniet
5 jaar 5 maande 5 dae 4 ure oud


Dwelms . . .
dis darem maar meer as tragies dat mense so vasgevnag word . . .
5 jaar 5 maande 5 dae 5 ure oud



slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar