Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Catherine het op Jaap se aandrang haar hare laat groei en lê hulle nou in sagte golwe tot amper op haar skouers. Sy het dus vir haar n afspraak saam met haar ma en suster by die haarkapster gereël en moet hulle spring om by die haarkapster te kom. Antoinette het nie kans gesien vir n kosmakery ook op die dag nie en het sy gereël dat die spyseniering vandag vir hulle gedoen word want hulle verwag Jaap se mense vroegmiddag. Sy wil al haar aandag aan haar gaste gee om hulle te laat tuisvoel en hulle beter te leer ken.

Hulle is net terug by die huis van die haarkapster af toe sy n klop aan die voordeur hoor. Toe sy oopmaak is sy verbaas om Pieter en haar eertydse vriendin, Annetjie, voor die deur te sien staan. Sy nooi hulle egter in en gaan sit hulle in die sitkamer.

Pieter breek die ys: “Catherine ons het jou net kom geluk wens met jou verjaarsdag en vir jou n geskenkie gebring wat ek en Annetjie saam vir jou gekoop het”.

Annetjie staan op en oorhandig die pakkie aan haar en wens haar met n soen geluk waarna sy weer langs Pieter gaan sit. Catherine kry so n warm gevoel om die hart: “Dankie julle twee, ek waardeer dit. Sê my is julle twee gelukkig saam”.
Annetjie antwoord: “Catherine baie, en ek is net bly dat jy ook iemand gekry het nadat jy en Pieter uitmekaar is. Ek het al so skuldig gevoel daaroor dat ek hom by jou gevat het”.
Catherine verseker haar dat daar geen kwade gevoelens is nie en word hulle ook vir die aand oorgenooi vir haar en Jaap se verlowing. Hulle belowe hulle sal daar wees.

Hulle is net weg toe Antoinette sê hulle moet gou na Jaap se huis gaan, sy wil vir Catherine haar verjaarsdaggeskenk gaan wys wat sy en Johan vir haar gekoop het.

Jaap ontvang hulle en speel hy en Antoinette saam nadat hy Catherine geluk gewens het met haar verjaarsdag.

Catherine word eers geblindoek en dan lei Jaap haar in haar werkskamer in. Sy word eers toegelaat om die blinddoek af te haal toe sy in die kamer staan. In haar wildste drome het Catherine dit nie verwag nie. Voor haar staan n uiters moderne werksmasjien met al sy toebehore. Catherine trek haar asem in en stap nader. Sy laat haar hande sag oor die masjien gly en toe bars sy in trane uit van blydskap en is sy in Antoinette se arms: “Dankie ma so baie dankie. Julle is so goed vir my en ek is vandag die gelukkigste meisie op hierdie planeet”.

In die vertek staan nog n werkstafel ook wat Jaap vir haar gekoop het: “Nou hoef my aanstaande vrou nie meer op haar knieë te staan as sy patrone of materiaal sny nie”.

Nadat Catherine Jaap omtrent opgevreet het gaan sy saam met haar ma huis toe, Jaap sal later kom sodra hy gebad en aangetrek het.

Drie uur die middag stop Pierre de Villiers se wit Chevrolet Captiva voor die Scholtz woning. Jaap het intussen ook gekom en wag hulle almal vir Pierre en Maryna de Villiers om hulle welkom te heet. Agter uit die Captiva klim n lang meisie wat nie een van hulle ken nie. Sy bly eenkant staan tot almal gegroet het en dan stel Maryna haar aan hulle voor; “Ek hoop nie julle gee om dat ons n ongenooide gas saamgebring het nie maar toe sy Catherine se verhaal hoor het sy mooi gevra om saam te kom om Catherine te ontmoet want sy was ook aan dwelms verslaaf en is ook nou gerehabiliteer. Ontmoet Veronica van Niekerk. Sy is n weeskind wat saam met Pierre in sy firma werk”.

Ten spyte van haar lengte is Veronica n bitter mooi meisie, lenig gebou met lang pikswart hare wat in golwe tot teen haar rug afhang. Sy is geklee in n pragtige winterspakkie en maak sy n effense buiging voor Catherine toe die naderstap om haar welkom te heet en aan haar mense voor te stel.
Catherine moet n lag insluk toe Japie begin stamel toe sy Japie aan haar voorstel. Catherine is nie dom nie en sien dat die twee langer hande hou as wat nodig is. Die kyk in mekaar se oë is diep en daar val Vaalbos se seder.

Veronica is n stil meisie en praat nie baie terwyl hulle kuier nie en nooi Catherine haar saam kamer toe as sy gaan stort en aantrek want sy wil graag Veronica se verhaal hoor. Veronica moet sommer haar tas ook bring dan kan sy vannag by Catherine slaap in die ander bed. Pierre en Maryna sal die aand by Jaap gaan slaap.

Toe sy in die kamer kom maak sy Pieter en Annetjie se geskenk oop en kry sy opnuut trane in haar oë toe sy die pragtige hout juwelekissie sien wat hulle vir haar gekoop het.

Sy sit die kissie versigtig op haar spieëltafel neer en begin uittrek om te gaan stort. Sy en Veronica gesels die paar minute wat sy uittrek oor algemene dingetjies en is dit toe sy uit die stort uitkom en begin aantrek wat sy haar storie vir Veronica vertel Sy vertel van Dalene wat haar amper weer tot n val gebring het maar dat sy betyds tot inkeer gekom het en met Jaap se hulp betyds tot haar sinne gekom het. Sy vertel hoe hulle probeer het om Dalene te laat afstand doen van die dwelms en hoe sy uit die hospitaal uit weggeloop het die nag voor sy na n inrigting moes gaan en dat sy weg is tot vandag toe.

Onder hierdie gesels deur het Catherine haar wit aandrok aangetrek en besluit Veronica om ook haar aandrok aan te trek wat sy saamgebring het. Dit is n pragtige swart aandrok met goue omboorsels wat haar lang lenige figuur ten volle komplimenteer. Sy rond haar voorkoms af met n stel goue oorkrabbertjies en n pêrelhalsnoer. Catherine kan nie anders as om onder die indruk van Veronica se skoonheid te kom nie en in haar hart weet sy dat haar broer se voete onder hom gaan uit wees as hy Veronica sien.
Sy sit gou haar tieroog oorkrabbertjies aan met haar tierooghanger en dan is hulle gereed om by die ander aan te sluit. Veronica beloof om haar storie later vanaand te vertel.
Hulle het meer tyd gebuik as wat hulle gedink het en is al die mense al in die sitkamer bymekaar toe hulle instap om by die ander mense aan te sluit. Pieter en Annetjie is ook daar. Annetjie self is ook geklee in n pragtige rooi aandrok en Anneke slaan almal se asem weg met n lieflike roomkleurige aandrok met spierwit omboorsels. Die twee ouer vroue hoef nie n tree terug te staan in hulle eenvoudige wit aandrokke nie. Die manne kan hulle nie genoeg komplimenteer nie en Johan reken dat die mooiste meisies in Vaalbos vanaand sy gaste is.

Jaap en Japie is ingespan as kroegmanne om vir elkeen n sjerrie te skink met Leon en Pieter wat uitdeel. Hulle is net klaar met hulle sjerries toe is die spyseniers daar om die eetkamer gereed te kry vir ete. Die vrou ken haar werk en is dit nie lank voor sy kom sê dat alles gereed is en die mense kan kom aansit nie.

Die groot tafel in die eetkamer is pragtig versier met n blommerangskikking in die middel en kerse staan op die tafel rond. In die agtergrond speel sy sagte instrumentale musiek en toe almal sit maak sy die hoofligte dood en is dit net die kerse wat brand. Sy en haar twee bediendes staan reg om as kelners op te tree sodat die mense rustig kan kuier. Omdat die pare om die tafel gegroepeer is beland Japie, tot sy blydskap, outomaties langs Veronica
Eers word daar sjampanje geskink en staan Johan op om almal welkom te heet en n heildronk op hulle gaste in te stel. Daarna stel hy n heildronk op Catherine op haar verjaarsdag in en doen hy die aankondging dat Catherine en Jaap vanaand verloof raak. Hulle word geluk gewens en dan staan Catherine en Jaap op. Jaap heet almal welkom en word die verloofring onder luide applous aangesteek en word die verlowing met n innige soen verseël terwyl almal hulle met lawwe liedjies toesing.

Hulle neem hulle tyd met die smaaklike ete en tot Catherine se vreugde sien sy dat Japie en Veronica duidelik mekaar se geselskap geniet. Sy is dankbaar daaroor want Japie was al met baie meisies deurmekaar maar kon nog nooit die regte een vind nie. Dalk is Veronica die regte een en Catherine moet erken dat sy baie van Veronica hou.

Dit is laat aand toe hulle uiteindelik tot rus kom en is dit toe hulle hulle slaapklere aantrek wat Catherine Veronica deeglik beskou. Sy kom weereens omder die indruk van Veronica se skoonheid met haar lang lenige liggaam. Dit is toe Catherine besef wat dit van Veronica is wat haar so tref. Dit is haar manier van beweeg wat haar laat dink aan die grasie van n luiperd, Catherine het nog mooit soveel grasie in n vrou se bewegings gesien nie en noem sy dit.
Veronica glimlag en sê dankie, draai n kombers om haar om die winterkoue uit te hou en kom sit by Catherine op die bed om haar storie vir Catherine te vertel soos sy belowe het.

“My ouers is in n motorongeluk dood toe ek vyftien jaar oud was. Niemand van die familie wou my inneem nie en is ek dus weeshuis toe gestuur, ten pyte van die feit dat my ouers my, as enigste kind, goed nagelaat het. Die prokureur wat die boedel beredder het het die erfposie in n trust bewaar en het my n klein maandelike toelaag uit die trust betaal tot ek agtien geword het. Hierdie drie jaar tot ek matriek gemaak het was die swaarste tyd in my lewe. My ouers het my goed groot gemaak en kon ek nooit werklik die lewe in die weeshuis aanvaar nie”, vertel sy en bly dan n paar oomblikke stil.

Dan gaan sy aan: “Toe ek matriek klaargemaak het was ek al agtien en is die volle trust tot my beskikking gestel. Daar was nie genoeg geld om my universiteit toe te stuur nie maar ek kon darem vir my n woonstel kry, meubels en nuwe klere te koop en nog n hele klompie geld oorhou om my deur te sien vir die eerste tyd.
Ek het toe werk gekry by n rekenmeestersfirma met die doel om n rekenmeester te word”.

Veronica kry trane in haar donker oë en stoot haar hand uit om Catherine se hand vas te hou: “Ek was verbitter in die lewe en het geglo die lewe skuld my omdat my ouers van my af weggeneem is. Agtienjarige meisie met geld is n gevaar vir haarself en met niemand om my reg te help nie het ek begin hande uitruk. Ek was eensaam en alleen in my verbitterdgeid en het naweke op kuierplekke begin rondlê. Dit was nie lank nie of ek het vir Karel Landman op n kuierplek ontmoet. Ek was n maklike prooi vir hom en het hy een aand my drankie gedokter, met die gevolg dat ek alle sin vir redelikheid verloor het”.

Veronica swyg weer en gaan dan aan: “Hy het daardie aand saam met my woonstel toe gegaan en ek was skaars bewus daarvan dat hy daardie aand by my geslaap het. Ek was woedend omdat hy so misbruik van my gemaak het maar kon niks daaraan doen nie”.

Veronica swyg weer en gaan dan aan: “Ek het hom egter vergewe en het ons saam begin uitgaan. Met die dwelmsaadjie in my geplant het ons estacy begin gebruik om skop in ons uitaande te sit en voor ek myself kon kry was ek hopeloos verslaaf aan estacy”.

Veronica kyk Catherine diep aan en gaan dan aan: “Jy was self verslaaf en is dit nie nodig om die verkriklike drange wat ontrekking meebring vir jou te vertel nie. Dit is nie nodig dat ek jou vertel van die hemel en die hel wat dwelms vir jou ontsluit nie.

Ek het as leerling rekenmeester nie baie verdien nie en toe ek weer sien was die trustgeld feitlik uitgeput. Toe Karel dit agtergekom het het hy my soos n warm patat gelos en was ek alleen in my ellende, hopeloos verslaaf en met net my maandelikse salarissie”.

Veronica los Catherine se hand en trek die kombers n slag stywer om haar: “Ek het begin om myself met heroine te spuit en het ek begin agessief en agterlosig raak. Ek het nie meer n flenter omgegee nie en was dit nie lank of ek is afgedank en sonder werk ook. Die firma was nie meer bereid om my agterlosigheid en foute oor te sien nie”.

Veronica kry trane in haar oë: “Dit was toe ek besef ek het ek het n groot probeem en ek kan nie so aangaan nie. Ek sal moet hulp kry om van die dwelms ontslae te raak want alleen sal ek dit nie regkry nie. Ek het myself by die kliniek in Bloemfontein gaan aanmeld en laat opneem vir n maand van absolute hel in die onttrekkinstyd”.

Veronica vat weer Catherine se hand; “Catherine jy kry wel medikasie maar die onttrekkingsimptomes dryf jou teen die mure uit die eerste ruk tot jou liggaam begin aanpas om sonder dwelms klaar te kom. Dan is daar nog die sielkundige sessies ook en was dit vir my van groot waarde want ek het besef dat ek ook n plekkie in die lewe het. Ek het besef dat ek self my plekkie onder die son sal moet oopbaklei, niemand anders sal dit vir my doen nie. Ek het na twee maande n ander mens uit die kliniek uitgestap en vir die eerste keer in n lang tyd het die lewe weer vir my gewink”.

Vir die eerste keer val Catherine haar in die rede toe sy vra: “En waarheen is jy toe”.

Veronica antwoord haar: “Ek het darem nog n geldjie gehad om my woonstel se huur vooruit te betaal en is ek terug na my woonstel toe. Ek moes egter dringend werk kry maar niemand het in my belang gestel nie. Hulle wou nie n ex dwelmverslaafde hê nie. Pierre de Villiers was die enigste een wat bereid was om my n kans te gee en danksy Pierre en Maryna wat hulle oor my ontferm het het ek my studies buitemuurs voltooi en is ek vandag n gekwalifiseerde rekenmeester in hierdie wonderlike man se firma”.

Na n oomblikkie se stilte vertel Veronica verder: “Dit was vir my die moeilikste tyd in my lewe, daardie eerste paar maande. Almal behandel jou asof jy besmet is as hulle hoor jy was aan dwelms verslaaf. Dit is asof hulle wag dat jy weer moet val. Jy sal ook weet dat daar tog tye kom dat jy na dwelms hunker maar gelukkig gaan dit gou weer weg.
Wat vir my die bitterste was is wanneer jy iemand ontmoet en die vriendskap begin ernstig word. Dit het tweekeeer met my gebeur en dan kom jy agter dat sy mense eintlik nie die vriendskap tussen jou en jou vriend goedkeur nie, hulle is bang jy val weer”.

Veronica swyg, haar storie klaar vertel en begin die vaak nou ernstig toeslaan. Hulle sê mekaar nag en Veronica gaan kruip in haar bed in en raak hulle altwee aan die slaap.

Dat Japie die skoot hoog deur het is die volgende oggend duidelik toe hy vir hulle koffie in die bed bring. Catherine wil in haar hart stik van die lag want sy weet sy is nie so gewild nie, hierdie is witvoetjie by Veronica soek. Sy vlieg uit die bed uit, trek haar kamerjas aan, en versit na Anneke se kamer toe vir n heerlike susterlike skindersessie.

Die twee susters verlekker hulle in arme Japie se verliefdgeit en som Anneke dit mooi op; “Om te dink dat n meisie van Bloemfontein dit reggekry het wat Vaalbos se meisies nie kon regkry nie. Maar ek moet sê sy is n pragtige mens en as ek n man was….jo jo”.

Nadat almal gereed gemaak het vir die oggend word daar na n ligte ontbyt in die sitkamer bymekaar gekom om die oggend gesellig saam deur te bring. Japie en Veronica is afwesig want Japie het daarop aangedring om Veronica te gaan wys hou mooi is dit op die walle van die Vaalrivier. Toe hulle terugkom gaan eet almal middagete in die restaurant en is dit net na middagete wat die de Villiers familie groet om terug te keer Bloemfontein toe. Almal soengroet mekaar en maak Japie deeglik van die geleentheid gebruik om Veronica langer vas te hou en te soen as wat werklik nodig is en almal uhm.

Toe hulle weg is sak die stilte op die Scholtz woning toe. Leon is die een wat Japie se siel eerste begin uittrek: “Ek sien hier is n man wat gesneuwel het en sy hart verloor het. As ek so in my kristalbal kyk sien ek n Porchse elke naweek die pad stukkend ry Bloemfontein toe om vir n sekere donkerkop meisie te gaan kuier”.

Arme Japie, hy los net n groot woord van waar almal heen kan vlieg en verdwyn hy.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

HFSTK 24
Opregte liefde sal by die regte adres opdaag.
1 jaar 5 maande 3 weke 6 dae 5 ure oud


winkende dood 24
ek sien hier kom n 3 dubbele troue!!! Lekker gelees Neels dankie
1 jaar 6 maande 17 ure oud


w'dood
Lekker gelees Neels!
1 jaar 6 maande 17 ure oud


24
Ai ek is so bly vir almal, maar ken nie ophou wonder oor Daleen nie!
1 jaar 6 maande 18 ure oud


winkende dood
Ek ditoo die res en kan net beaam dat hierdie 'n treffer gaan wees. Dankie vir die deel.
1 jaar 6 maande 19 ure oud


WD 24
Daar is nou darem heelwat positiewe... Mooi geskryf , Neels..
1 jaar 6 maande 1 dag 3 ure oud


24
Ons hoop maar Dalene kom ook by hierdie redding en beter lewe uit ...
1 jaar 6 maande 1 dag 3 ure oud


Die Winkende Dood 24
Pragtige werk. En groot waarhede wat jy hier uitbring ook. Ek is bly dit gaan nog goed met hulle almal. Arme Dalene weet nie wat sy mis nie.
1 jaar 6 maande 1 dag 14 ure oud


24
Ag ek het nou lekker gekuier, die storie is pragtig. En tog kom wys dit mens net weer dat dWelms enige een kan tref maak nie saak of jou beeldskoon is nie. Dis beskikbaar orals en vir almal.
1 jaar 6 maande 1 dag 22 ure oud


24
Wonderlik dat alles so goed afloop vir almal. Wonder steeds wat van Dalene gaan word.
1 jaar 6 maande 1 dag 22 ure oud



DIE WIEL DRAAI

deur neels claasen

Die skrywer se vierde spoorwegroman uit die stoomera uit waarin hierdie dae weer herleef word



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar