Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Omdat sers. Olivier oorspronklik met Dalene se verdwyning gewerk het word die dossier terug verwys na haar vir verdere ondersoek na Dalene se geheimsinnige dood. Sy besef dat die sleutel tot die oplossing van die hele saak by die eienaars van die gesteelde Mazda bakkie lê maar om hulle op te spoor gaan nie n maklike taak wees nie. Daar sal op groot skaal gesoek moet word na die bakkie en volgens haar kollegas in die voertuigafdeling is die bakkie al n jaar terug as gesteel aangemeld. Vir hulle het die diefstal maar een van vele onopgeloste sake geword en al kans wat daar is om die bakkie toevallig in die hande te kry is dalk wanneer die bakkie in n padblokkade vasgekeer word of dalk deur die verkeerspolisie om een of ander rede aangekeer word,

Vir sers. Olivier is dit nie genoeg nie en bespreek sy die saak op die oggend vergadering met haar kollegas. Dit is toe sy onverwagte hulp van sers. Jacob Mofokeng kry wat voorstel dat hulle toestemming by die speurhoof kry dat hy haar help om die bakkie op te spoor. Sers. Mofokeng is n man wat baie by sers. Molefi op Vaalbos geleer het voor hy stad toe verplaas is. Soos Molefi staan hy bekend as n man wat sy man kry en is hy n meester in die ondervragings kuns. Sy bynaam onder sy kollegas is nie verniet varkhond nie, waar Mofokeng vasgebyt het los hy nie weer voordat hy die gewenste resultate gekry het nie. Vir hom is daar nie so iets as n onopgeloste saak nie.

Met die nodige toestemming verkry groet hy sers. Olivier en sê haar dat hy haar n paar dae nie gaan sien nie, hy gaan die gesteelde Mazda bakkie soek tot hy hom kry.
Presies een week later is sers. Mofrokeng die oggend terug op kantoor met n breë glimlag, hy het die bakkie opgespoor by twee Mosambiekers wat n winkel in Soweto het.

Hy het net ingekom om n klopjag aan te vra want hy is redelik seker daarvan dat hulle groot dwelmverskaffers ook is en dat die ou winkeltjie maar net n front is. Behalwe die dwelms is hy oortuig daarvan dat hulle onwettig drank ook verkoop.

Die volgende aand slaan die polisie op die winkel toe en oes n rype oes van dwelms, onwettige drank, asook die gesteelde Mazda bakkie. Die twee Mosambiekers word summier gearresteer op verskeie aanklagte en word hulle toegesluit om later ondervra te word nadat hulle voor die hof gebring is en sers. Olivier uitstel kan vra het vir verdere ondersoek in die saak. Een van die redes wat sy aanvoer is die feit dat die bakkie op nog n misdaadtoneel opgemerk is wat verband hou met die onwettige verwyder, vervoer en begrawe van n dooie liggaam. Op grond hiervan staan sy ook enige borgaansoek teen.

Terug in die selle gaan sers. Mofokeng tot aksie oor. Hy kies die swakste een van die twee uit en maak hom sit in die ondervragingskamer. Agter die Mosambieker neem n jong konstabel stelling in, al wat hy moet doen is elke slag as die Mosambieker sy kop laat sak moet hy dit optel dat hy sers. Mofokeng die hele tyd in die oë kan kyk.

Wat in die ondervragingskamer deur die middag gebeur weet niemand nie. Die Mosambieker se maat word ook later gehaal en kan sers Olivier nie gewone tyd huis toe te gaan nie want die twee Mosambiekers wil graag verklarings aflê.

Hulle sing soos kanaries en kom met alles tevoorskyn. Hulle verskaf ook die adres van die Nigeriër waar hulle die liggaam gaan haal het om van onslae te raak. Omdat dit die nag gereën het het hulle, toe hulle die stad uit is, besluit om die liggaam sommer in die omgeploegde mielieland te begrawe.

Die volgende aand word n klopjag op die Nigeriër se gesellinklub geloods en word die hele satansnes, insluitende die gesellinne, opgeruim. Die Nigeriër is n harder neut om te kraak as die twee Mosambiekers maar na n nag in sers. Mofokeng se geselskap, terwyl sers.Olivier die gesellinne ondervra, is hy meer as bereid om n verklaring af te lê en n paar name van dwelmverspreiders ook te verskaf. Die volle verhaal van Dalene se ondergang kom tevoorskyn uit hulle verklarings en is dit net die deeltjie na haar verdwyning uit die hospitaal wat duister bly.

Dit is n verligte sers. Olivier wat Catherine een middag by haar woonstel inwag om haar die volle verhaal van Dalene se laaste tyd op aarde en haar dood te vertel. Catherine sit die hele tyd en luister en is dit toe sers. Olivier klaar vertel het wat Catherine by haar venster gaan staan en lank oor die stad uitkyk. Dan draai sy om en bedank sers. Olivier dat sy haar kom vertel het, dit voel vir haar of sy nou rus sal kry noudat sy die waarheid van Dalene se laaste tyd op aarde weet.

Catherin voltooi die res van haar jaar op technicon om na haar studies terug te keer na Vaalbos waar sy haar besigheid vanuit die huis begin bedryf na haar en Jaap se huwelik. Dit is n huwelik wat Vaalbos seker nooit weer sal sien nie want dit is nie aldag wat twee susters op dieselfde geleentheid trou nie.

Die romanse tussen Japie en Veronica het floreer en is hulle later in die nuwe jaar getroud omdat Japie gereken het dat dit goedkoper is om te trou as om knaend Bloemfontein toe te ry. Dit was egter n swak verskoning want sy en Veronica se liefde het gestraal.

Catherine het haar belofte aan Riana gestand gedoen en het by die ondersteuningsgroep aangesluit en toe Veronica ook nog bykom het hulle n gedugte span geword wat dit hulle lewenstaak gemaak het om Vaalbos skoon te maak en skoon te hou van dwelms. Hulle het met kinders gesels om hulle op die gevare van dwelms te wys, praatjies by die skole en kerke gehou en was dit hulle grootste vreugde gewees as n kind hulle nader met n dwelmprobleem en hulle van hulp kon wees om so n kind te help om van die dwelms ontslae te raak en weer n vol lewe te kan voer.

Elke slag het sy haarself daaraan herinner dat sy uit dankbaarheid teenoor haar Skepper n lewenstaak het om hierdie satan met alle mag en krag tot haar beskikking te beveg want dit kon so maklik gebeur het dat sy dieselfde paadjie as Dalene geloop het. Sy het dit ook baie keer vir Jaap gesê dat sy net dankbaar is teenoor God wat hom op haar pad gesit het toe sy die tweede keer amper gefaal het en weer n verslaafde geword het.

Miskien kan n mens die kroon op Catherine se rehabilitasie sit toe sy die aand geboorte gegee het aan hulle eersteling, n pragtige ou dogtertjie met haar ma se blondekoppie.
Dit is toe sy die ou kleintjie styf teen haar vashou en Jaap, wat by haar sit, met dankbare oë aankyk en sê: “Weet jy Jaap as ek nie die dwelmpad gelos het nie het ek jou nie gehad nie maar dan was hierdie ou kleintjie ook nie daar nie. Ek het soveel rede tot dankbaarheid want my lewe is n vrolike lied. Niemand moet vir my kom vertel dat dwelms die moeite werd is nie en ek gaan nog harder veg om mense uit die dwelmdraak se kloue te red. Ek glo my Skepper het my met n doel deur alles gelei om my toe te rus om n soldaat vir Christus te wees om dwelms met alles in my te beveg maar ook om hulle tot bekering te lei en Christus, wat vir ons sondes aan die kruis op Golgota gesterf het, te ontmoet ”.

Jaap het maar net geglimlag want hy staan by sy Catherine deur dik en dun en hy sal ook haar inspirasie in haar stryd teen dwelmmisbruik wees, al is dit net ter wille van hulle kinders om te verseker dat hulle nooit op die dwelmpad sal beland nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

slot
n baie goeie slot. so met al die hartseer is daar vreugde ook.
1 jaar 10 maande 2 weke 11 ure oud


Slot
'n Pragtige storie in styl geskryf.

Ek geniet altyd jou vertellings. 10/10
1 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 6 ure oud


Slot
Liewer laat as nooit, kom lees ek nou eers, maar ek roep luidkeels:
BRAVO!!
1 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 15 ure oud


slot
baie dankie Neels, dit was baie insiggewend en het jy baie navorsing gedoen om ons iets meer te leer oor die vernietigingswerk van dwelms. Gelukkig dat daar darem ook oorwinnaars uit die stryd tree wat andere weer kan bystaan!
1 jaar 10 maande 2 weke 5 dae 19 ure oud


slot
Dankie vir hierdie verhaal wat weereens op die gevare van dwelmgebruik dui. Dis iets waarvoor daar geen plek in die samelewing mag wees nie. Goeie storie :-)
1 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 9 ure oud


SLOTHOOFSTUK
Solank 'n mens net iets kan leer dan het jy al baie gewen.

Goeie hoofstuk.
1 jaar 10 maande 3 weke 20 ure oud


WD slot
Uitstekende slotaflewering van 'n baie insiggewende verhaal van die invloede van dwelms op individue, gesinne en gemeenskappe .. Dankie Neels, jy het die tema baie goed hanteer.
1 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 8 ure oud


Winkende dood
Uitstekende einde. Dankie Neels vir hierdie spanningsverhaal met soveel lesse om te leer. Sien uit na jou volgende een.
1 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 18 ure oud


winkende dood
Wonderlike bymekaarmaak en deurtrek van gebeure. Knap afgesluit. Bravo
1 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 20 ure oud


Dwelms
Dis so jammer dat baie opeindig waar Dalene opeindig :(

Maar dis nog beter dat baie gered word uit die kloue van dwelms en die duiwel.

Dankie!

1 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 21 ure oud


w'dood
Puik slot!
1 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 22 ure oud


Winkende dood slot
ai Neels hierdie was n harde verhaal wat so mooi positief geeindig het.. Baie dankie vir die lekker lees deur al die hoofstukke. Hoop om sommer baie vinnig n nuwe verhaal uit jou pen te mag lees
1 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 23 ure oud


Winkende dood
So was Dalene se lewe dan ook nie nutteloos nie, sy het 'n belangrike rol gespeel in die stryd teen misdaad. Pragtige afronding. Ek het verhaal baie geniet.
1 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 5 ure oud



Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar