Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Peanut loop sleepvoet oor die droë rooi grond. Hy kyk kort-kort om en dan sidder hy: “Dit was so amper! Dit was so byna of Oupa uil het hom gevang!”

Peanut sien ‘n holte in die muur. Hy kruip versigtig en moeg deur die tonneltjie en maak homself gerieflik langs ‘n warm, wollerige kombersie. Hy druk sy muiskoppie onder sy voorpootjie in en dan is hy in droomland.


“Siela!, Siela!”, roep Mamma
Siela hardloop met volle vaart reguit sitkamer toe. Sy sien egter nie hoe Boetie-Klein met sy balletjie speel nie en “Kardoeps” ploeg Siela pens en pootjies oor die vloer. Sy lig haar koppie, skud dit heer en weer, staan dan regop en met een gil pyl sy op Boetie-Klein af. Hy sien die gevaarte en skuif rats uit haar pad en weereens val Siela oor dieselfde balletjie. Nou lê Siela stil.

Mamma het die geraas gehoor en haas haar na die kinders. Een sit in die hoekie en die ander een lê roerloos op die vloer. Boetie-Klein se oë is so groot soos pierings en Siela se oë is toe.

“Siela?”, Mamma skud haar effens.

Siela se een oog gaan oop: “M..m..muis, Mamma!” fluister sy sag, maar tog ernstig.
Haar handjie bewe in die rigting van waar sy die muis gesien het.
Mamma spring op: “Muis!, Muis!”, gil sy hardop en trippel dan soos ‘n skouperd.

Met die hele petalje, het Peanut nooit besef dat hy in die huis is nie. Hy ruk uit sy slaap uit en hier voor hom sien hy twee groot mensvoete ‘n danspassie uitvoer. Hy sit versteen en staar na ‘n oog wat vir hom loer en dan is daar nog die eienaardige gegil van ‘n skril stem ook!

Peanut druk sy muis-ore toe, “Aai, maar mense kan darem raas!”

“Gaan haal vir Swartes”, skreeu Mamma vir Siela.

Siela staan ewe gehoorsaam op en hardloop so vinnig as wat sy kan, reguit na Swartes, die kat. Sy gryp hom om sy magie en kom dan versigtig tot by Peanut wat in die hoekie sit.

“Vang hom Swartes!”, skreeu sy en draf dan vinnig tot by Mamma.

“Ja, eet hom!” por Mamma aan.

Swartes kyk na Peanut en hy kyk na die mense wat so tekere gaan.

“Haai, Peanut?” groet Swartes so ewe.

“Gaan jy my regtig opvreet, Swartes?”, vra Peanut effens onseker en bewerig.

“Dink jy, ek moet jou opeet?”, Swartes draai sy kop skeef en lek sy lippe af.

“Wat draai jy so, Swartes? Eet daai muis!”, kom dit steeds benoud van Mamma.

Swartes voel skielik baie jammer vir Peanut. Hy lek sy voorpootjie en kap speel-speel na Peanut.
“Ek sal jou sê wat ons doen. Ek sal met ‘n vaart op jou afpyl en dan spring jy op my rug. Ek sal jou dan buite toe dra en dan kan jy huis toe draf. “

Peanut wil nog iets sê, toe sien hy hoe Swartes vorentoe beur. Peanut spring rats oor Swartes se kop en klou vir so al wat hy werd is aan Swartes se maanhare vas. Swartes ruk en plus vermakering, maar Peanut hou. Mamma, gil in die agtergrond en Siela staan op die sitkamerbank. Boetie-Klein gryp sy balletjie en gooi dit na Swartes: “Tout!, Toute kat!”.

Swartes skrik vir Boetie-Klein se balletjie en spring verbaas eenkant. Peanut kry sy kans en met ‘n rates beweging kruip hy terug in die tonnel waardeur hy ingekom het.

Peanut haal vinnig asem en sy hartjie klop: “doef-doef; doef-doef!”

“Peanut?, Peanut?”, kom ‘n bekende stemmetjie
Peanut maak sy oë oop en gryp vir Mamma Muis om die nek. Hy druk en soen haar en dan woel hy sy koppie tot styf teen haar bors.
“Toemaar, Peanut”, sê sy sag: “Ek dink jy het ‘n nare droom gehad.”
Peanut knik net bevestigend en dan weet hy dat hy altyd veilig sal wees, waar Mamma Muis is.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Peanut
Moekie. Tot my skande moet ek erken dat ek nou eers hierby uitgekom het! Peanut is rerig baie oulik. Hiervandaan sal ek moet werk maak om die res te lees. Jy het genoem dat jy dit ingestuur het vir 'n uitgewer? Het daar iets van gekom? En wat van tydskrifte wat kinderstories publiseer?
En ek hoop rerig nie dat jy jou profiel gaan toemaak nie? Ek het nog 'n hele paar uur nodig... :-)
5 jaar 9 maande 2 dae 6 ure oud


Peanut
Tout! Toute blerrie muis tot ek het vir die ding gebid! Hoop daar is nog van Peanut, Moekie? Puik
6 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 1 uur oud



DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

deur Christo Nel

Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar