Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hello almal. Dit is vir my ‘n groot voorreg om vandag met julle te kan gesels by die damestee. Ek is Sonja, soos julle almal weet, en ek wil eintlik begin deur om net dankie te sê aan die organiseerders van hierdie lieflike dag, julle het voorwaar julle self oortref.

My storie is eenvoudig, en jy gaan heel moontlik wonder hoekom een persoonlike ervaring my lewe verander het, en jy wonder seker wat het my persoonlike ervaring met jou te doen. Dit raak jou mos nie? Maar ons almal hier het iets in gemeen... Ons is Christene, ons glo in God, ons Verlosser, en daarom voel ek dat ek die ervaring met julle kan deel.

Ek is net die verteller. Jy kan na my luister of jy kan maak of jy na my luister, ek is nie hier om julle te dwing om na my te luister nie, ek is bloot hier om my storie met julle te deel.

Dit was ‘n warm somersdag. ‘n Goeie dag vir roomys eet en ontspan onder ‘n koelte boom, met ‘n piekniek mandjie en ‘n paar kinders wat rond hardloop. Die skool se netbal span het vandag hulle laaste wedstryd vir die seisoen gespeel. 9 Opgewonde meisies wat nie kan wag om hulle laaste wedstryd te speel nie, almal reg om die seisoen op ‘n goeie not af te sluit.

Dit was Sandra se beurt om vandag die kinders te vervoer.
“Kom julle, ons moet weg wees! Waar is Petra?” vra sy angstig terwyl almal skarrel om alles reg te kry sodat hulle kan ry. “Hier is ek mamma” antwoord klein Petra. “Kom nou dogters, ons moet nou ry voordat julle laat is vir die groot wedstryd.” Sandra hardloop gou in huis toe net om die boks eiers te kry wat sy moet saamneem vir die kos stalletjie. Sy kom haastig terug en sit die boks eiers in die kattebak van die kar. “Reg so, is almal reg om te ry?” vra sy terwyl sy snak na haar asem. “Nee mamma, ons wag nog vir Katrien. Ons kan nie sonder haar ry nie.” Net soos klein Petra dit sê laai Katrien se ma haar by die hek af. “Jammer dat ek laat is tannie” sê Katrien en klim in die kar in. “Goed is almal nou reg om te ry?” vra Sandra vir ‘n laaste keer. Annelie, Katrien se ma, sien hoe vol die kar is en sê “Sjoe, maar julle sal Liewe Jesus moet nooi om saam met julle te ry, en om julle te beskerm op die pad en die baan.” ‘n Klein stemmetjie van agter antwoord “Sjoe tannie, hier is nie plek vir ‘n muis nie. Liewe Jesus sal maar in die kattebak moet sit.” Almal lag vir die onskuldige grappie en Sandra klim in die kar en ry.
Dis ‘n lang pad tot by die bane, maar daar is nie ‘n oomblik se stilte nie. Almal lag en gesels, en almal is op hulle senuwees vir die laaste wedstryd. Hulle het hard geoefen, so dan sal hulle mos die vrugte daarvan pluk.

Min weet hulle dat alles binne die volgene paar oomblike gaan verander.
Terwyl almal lag, grappies maak, musiek luister en gesels, verloor Sandra vir ‘n oomblik konsentrasie, en terwyl sy om ‘n lang slap draai gaan, verloor sy beheer oor die motor. Die kar rol, kinders skree, party mense ry verby, ander probeer die mense in die kar help. Hoe help jy iemand as jy geen kennis het nie? Dit was nie lank voordat die ambulans, brandweer en polisie op die toneel verskyn het nie. Dan praat ek nie eers van die toeskouers nie.

Die noodhulp mense het ure gesukkel om die deure van die motor oop te sny net om te kyk of daar enige oorlewendes was. Maar daar was nie. Almal in die motor is opslag dood. Na ‘n lang gesukkel is die toneel opgeklaar, en die moeilike werk lê voor – laat weet die familie van die die kinders wat in die motor was van die ongeluk. Een van die polisie manne dink toe daaraan om te kyk of daar enige iets in die kattebak is. Hy maak, sonder enige moeite, die kattebak oop en kry ‘n hele boks vol eiers in die kattebak. Mens sou dink dat die eiers gebreeak sou wees en dat dit een groot gemors was. Nee. Elke liewe eier in daardie boks was heel gewees. Nie een was gekraak, stukkend of uit plek uit nie.

Mense sal wetenskaplik probeer uitvind hoekom dit so was, en heel moontlik sal iemand met een of ander slim en akkurate verduideliking kan opkom. Maar ek sê nou vir julle, dit was maar net ‘n saak van geloof.

My dogter was die klein stemmetjie wat in die agtergrond gesê het dat daar nie plek in die kar is vir ‘n muis nie, en dar Liewe Jesus in die kattebak sal moet sit. Mens kan nie die kind blameer vir wat gebeur het nie, want sy het dit as ‘n grap bedoel. Die kar was oorvol en daar was nie plek vir n muis nie. Moes ek nie maar eerder aangebied het om van die kinders te vervoer nie? Moes ek nie maar eerder my vergadering gekanseleer het en my dogter gaan ondersteun het nie? Ek sal nie weet of die storie anders sou uitdraai nie. Natuurlik sou ek wou hê dat die storie anders moes uitdraai.

Nou dat julle weet wat my storie is, wonder julle seker “regtig? Hoekom het sy dit nou vir ons vertel?” maar ek kan vir julle sê dat daar altyd plek is vir die Here, dit maak nie saak hoe vol jou hart, kar, kamer, woonstel of lewe is nie. Die Here vat nie ‘n hele sitplek op nie, en jy hoef nie ‘n ekstra koppie koffie te koop as jy Hom nooi om saam jou koffie te drink nie. Al wat Hy vra is dat jy Hom in jou hart saam dra. Dat jy Hom sal erken, dat jy Hom sal loof en eer.

Die Here sê nie dat jy geen hartseer gaan ervaar in jou lewe as jy Hom aanvaar as jou Vader nie, nee, maar wanneer jy die moeilike tye in die gesig staar en nie weet waar om jou kop in te druk nie, dan is Hy met jou en Hy dra jou.

Daar gaan nie ‘n enkele dag verby wat ek nie wonder oor hoe die storie sou uitdraai as daar plek vir die Here in die kar was, en nie in die kattebak nie. Dalk sou die ongeluk nogsteeds plaasgevind het, maar dalk die keer sou die eiers in die kattebak breek, en nie die honderde harte van mense wat ‘n geliefde en kind verloor het nie.

Baie dankie dat ek vandag my storie met julle kon deel. Dit was vir my ‘n voorreg om my storie met julle te kan deel. Kom ons geniet nou ‘n heerlike koppie tee, en ‘n snytjie koek, en kom ons wees dankbaar dat ons kinders van die Here is en dat ons die Here ken. Kom ons nooi die Here om saam met ons die koppie tee te kom geniet.

Dit is maar net ‘n saak van geloof.

Baie dankie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dit is maar net 'n saak van geloof.
Wat 'n pragtige getuienis.
6 jaar 9 maande 2 ure oud



Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar