Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Vuur weerkaats ‘n vlammesee van naderende dood in beangste oë. Droë snuifgetrapte poeierstof laat sper die diere se neusgate nog wyer oop in ‘n desperate poging om snuiwend die lug te verken na ‘n moontlike ontsnappingssroete of dalk, met genade, lewensreddende reën teen die brand wat woed oor die verdroogde landskap.

Die asem van die sterk wind jaag witwarm as onder die verdorde gras, bome en bosse in. Blasend tot die volgende vuur vlamvat en met versengende hitte alles wat lewe, verkool. Geen genade, geen empatie, net die krys- knettergeluide van verdorde hout wat as word. Donderende hoewe maal in ‘n vlamstrik sirkel. Om en om, geen ontsnaproete nie, net vrees - hulle meester. Of perde ook kan bid weet Manie nie want hy is ‘n agnostikus, maar as hulle wel kan, moet hulle vandag baie hard bid – die hel het losgebreek - ‘n wegholbrand inferno.

“Petrus, laat die manne spoed optel. Maak ‘n voorbrand by die onderste grensdraad by die rivierloop en breek die kampdrade dat die perde kan deurkom huis se kant toe. Vandag brand hierdie plaas tot op die grond toe af as ons nie roer nie.”

Manie kyk hemelwaarts. Donkerswart onweerswolke met waterbelofte. Weerlig het ’n kragdraad afslaan en die brand het as gevolg daarvan op die buurplaas begin. Toe die wind draai het die vuur oorgespring na sy plaas toe. Hy kyk weer op. Die weer lyk belowend maar soos hy glo kan geen mens verseker weet of dit wel gaan reën nie – net soos hy ook glo dat hy nie God se bestaan moet glo of ontken nie, omdat dit onmoonlik is om verseker te weet. Wat hy wel verseker weet is dat hierdie vuur nie beheerde vuurstokboerdery is nie. Nie strategies beheer is nie. Hier gaan dit vandag om lewe en dood en gaan die aanddou dit nie blus nie.

Vuurslaners uit die omliggende omgewing daag op en dit is ‘n miernes van bedrywighede. Bevele word gegee en koers gevat om die vuurmonster onder beheer te kry. Manie vat die voortou. Gelukkig is daar verskeie begaanbare paadjies wat die taak vergemaklik. Na ure se spook is die vuur onder beheer. Manie kyk om hom rond. Die son sak en die wit rokies wat hier en daar nog uit die swart gebrande stompe draai, lyk soos drakepype wat in die aandskemering gerook word. Hy sal môre die plaas deurgaan om die skade te bepaal. Sy oë is droog en branderig en die moeg vat hard aan die spiere tussen sy blaaie. Die perde kon hulle gelukkig red en is aangejaag na die naburige plaas.

Hy gaan sit-val plat op die agterstoep. Bene opgetrek. Sy kop sak en hy wonder hoe bid mens. Toe oë of oop oë. Hoe bid mens werklik? Hy hoor in sy gedagtes oorlede Ma Lenie se stem.
“Ons moet in God glo deur geloof en Sy weë vertrou in geloof. God is gereed en bereid om Homself op wonderbaarlike maniere te openbaar aan diegene wat in Hom wil glo. Deuteronómium 4:29 verklaar, “Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.”

Toe bid Manie vir die eerster keer in sy lewe. “Dankie Heer vir genade en krag en hulp – ek sal môre weer probeer bid, verskoon tog maar dat ek nog dom is met die bid besigheid.” Hy maak sy oë oop, kyk hemel toe. ‘n Reëndruppel plons neer op sy oog en vorm ‘n rivier saam met ‘n traan. ‘n Wit rivier van genade en dankbaarheid wat afloop teen die swart roetgesig. Die hemel se sluise gaan oop en Manie maak die sluise van sy gemoed ook oop.

Die droogte van sy - net bestaan - is gebreek.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Hierdie is nou uitstekend geskryf. Die ooreenkoms wat jy tussen die natuur droogte en die siel droogte trek is uitstekend.
4 jaar 2 weke 4 dae 12 ure oud


Droogte
Het geniet om dit te lees. Dit laat my stom hoe mens nog steeds vandag mense kry wat twyfel aan God se bestaan.....gelukkig het die ou se oe oopgegaan....of sal ek se - toegegaan!!!
4 jaar 3 weke 15 ure oud


DROOGTE VAN 'N NET BESTAAN


"Toe bid Manie vir die eerste keer..." Wat 'n pragtige slot vir so 'n sielvolle skryfsel!
4 jaar 3 weke 1 dag 16 ure oud


DROOGTE
Ons ondervind dikwels droogtes. Maar hierdie droogte is werklik erg.
Mag daar oral verligting kom, soos in jou mooi skrywe. Ons moet almal bid, en glo.
4 jaar 3 weke 2 dae 22 ure oud


Gebreek
Baie goed geskryf!

Jou slot vang vas . . .
4 jaar 3 weke 3 dae 2 ure oud


droogte
werklik n aangrypende verhaal
4 jaar 3 weke 3 dae 3 ure oud


DROOGTE VAN 'N NET BESTAAN
Magteloos staan 'n mens en toekyk hoe word die veld verteer deur warem gloed van die vuur.
4 jaar 3 weke 3 dae 5 ure oud


Droogte
Aangrypend die wisseling tussen natuur-en geloofsdroogte.
4 jaar 3 weke 3 dae 8 ure oud


DROOGTE VAN 'N NET BESTAAN
Heerlik inspirerend!
4 jaar 3 weke 3 dae 11 ure oud


Droogte van n net bestaan
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die DROOGTE projek.
4 jaar 3 weke 3 dae 14 ure oud



Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar