Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die wind looi die rietdak se latte van die skuins huisies se dakke vanoggend. Sommer van die rant af kan Gallie sien die weer staan storm se kant toe. Elke keer as die gebreekte hortjie klap, ruk nog ʼn stuk kalk van die venster los. Hy dink hy moet dit regmaak, alles verval. Die rook uit die skoorsteen van hulle huisie maak net so ʼn vaal streep see se kant toe dan is dit weg. Net hulle huisie het nog ʼn rokie oor, al is hy skeef vanoggend. Die ander drie huisies is opgebord en die se mense is Grootbaai toe.

Hy vou sy oil skin dubbeld om sy benerigheid en moet styf staan met die wind van agter. Die see is donkerblou en die wit van die brekers buig soos was seep skuim verkeerde kant toe om, terug diepsee se kant toe.

Die bakkie is hoog en droog bo die hoogwater merk op gesleep en vas gemaak aan die windverskeurde Peperboom met dik toue. Die, het hy vroeg lankal gedoen toe hy nog bietjie krag gehad het. Seker, verseker gaan die hoogty die bakkie vandag kom spoeg met ʼn soutwatertjie want dit is spring gety en spring gaan hy die keer. Daarna is hy die binneveld in om vir Mara haar veldkossies en die blaartjies en worteltjies te gaan kry.

Sy lê weer en die keer is dit ʼn lang lê gewees, nou wil sy Ouma Katie Khoi se raat vir die siekte probeer. Sy het Katie se vergeelde boek al deur gewerk en is nou op die laaste resep. Al het die dokter op die dorp gese daar is net tyd oor vir sy Mara.
Al die jare wat hulle getroud was, was sy ʼn hardekop, ʼn mooi vrou gewees en sterk ! Vir 61 jaar al, van die Sending Doemnie hulle vasgehak het, is hulle maats, en nou is haar tyd min. Maar sy het nog tyd en sy het vanoggend die laaste bladsy van die veldmedisyne boek oopgeslaan. Hy het gaan haal wat sy vra en onthou om alles te kry. Hy kan mos nie lees of skryf nie maar Mara is ʼn geleerde vrou. Sy het geskool tot standerd drie.

Maar hulle het tyd, en hy het sover reggekry om vir haar weg te hou van sy siekte , daai kankertjie wat hom opvreet, dink hy so ʼn die stap. In sy seilsakkie wat hy gewoonlik vir die rooiaas gebruik het hy die hele order vir Mara se tee en hy is net terug toe die los druppels begin uitsak.

Hy maak die deur toe en grendel dit teen die wind. Dis half donker binne, maar kerse is vir in die aand. Mara is op en sy het haar beste blom rok aan met rooi en pers en geel spatsels rose en ander vreemde blomme. Sy lyk beter, amper of sy so ʼn blink in haar verbloude ogies het. Hy sit sy offer van Giljam en Karsaai en Tsoemmie wortels voor haar op die lendelam bankie neer. Sy het klaar die water gekook en behendig haal sy die groot geel enemmel teepot van die rak af ( die een wat sy vir hou vir mense). Sy kap en snipper en gooi die hele spul in die kokende water om te trek. Sy neurie so af en toe “ As hy weer kom as hy weer kom, kom haal hy sy Pêrels.” Sy reik weer na die boonste rak en vat die boksie suiker.. ʼn spesiale dag voorwaar.
“Kom Gallie, kom ons drink ons Tee en dan kom lê jy hier by my op die kooi goed en hou my hand bietjie styf vas dan dink ons aan ons jonk dag!”

Sersant Vivijee staan met die uitgeskeurde koerant uitknipsel in sy hand. “Oudste inwoners van Lakenbaai sterf dieselfde dag. Die Egpaar, Mara 99 en Gallie 98 het albei gevorderde Kanker gehad en wou geen hulp van die Distriksgeneesheer hê nie ...ens ens. ....”

Hy is binne en kyk na die woonvertrek met die gehekelde kombers op die kooi en hy kyk na die tafel. Daar staan ʼn groot geel teepot met kruie tee en ʼn boksie Miergif en ʼn dessert lepel langs twee gechipte blou Delft koppies en hy wonder oor die Bybel wat op die laaste blad oop lê... en die Vergeelde Resepte boek, ook oop op die laaste bladsy..

Katie Khoi se resep vir die permanente verligting van pyn.

Een bossie ryp Giljang bossie
n handvol karsaai stingels
Twee groot Tsoemmie wortels fyn gerasper
Een opgehoopte Dessertlepel Niekerk's se Ant Poisin gemeng met Suiker
(om die hele ding soet te maak)
Laat goed trek, neem een koppie en gaan lê tot dit werk.

Mara O Mara !



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankie
Vic, lekker om kommentaar te kry op Stories.
6 jaar 10 maande 1 week 17 ure oud


***
Interessante storie -- mooi vertel!
6 jaar 10 maande 1 week 19 ure oud



KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar