Kortverhale

Titel: Een dag
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As jy klein is, is pappa Superman, en mamma Lois Lane. Die wêreld is jou speelgrond. Jy is bang vir niks! Jy het verbeelding en geluk, en ook ware vreugde. Maar soos wat lewe met jou opvang, word jou verbeelding verkrimmel deur realiteit, jou geluk vertrap met vrees en jou vreugde uitgewys as verkeerd deur die samelewing.
Ek wens dat ek vir nog net een dag 4-jaar oud kan wees. 'n Dag sonder die wuskindige uitwerkings waar rondom mense leef, en die wetenskaplike antwoorde vir alles, wat tog so onakuraat is. Want wanneer wetenskap 'speechless' staan, het die Here al die antwoorde.
Ek wens vir 'n dag, net een dag om te kan wakker word en nie te wonder oor hoe die wêreld deur dié dag gaan wees nie. - Net een dag. -
Maar hier's die ding...
Ek het dit vir baie lank gehad, vir tog so lank ervaar. Toe het ek groot geword. Ja, ek wens ek kon terug gaan, maar ek kan nie. Die verlede is verby en ek moet maar aangaan. My kop hoog hou, wiskundig ge-evalueer word, wetenskaplik geantwoord word, lewe in 'n chaotiese wereld en self bevraagteken word.
Dit is die "nou" van die lewe. Ek is nou in die hede, nie meer in die verlede.
Maar eendag sal ek bereik wat ek wou bereik, en die laaste woorde voor ek my oë gaan toemaak sal wees; "Dit het een dag in my verlede gevat, om een dag in my hede te waardeer."



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

" a comic strip, potato chips...
icecream cones and bubblegum..
oh how I envy little kids and wish that I were one" (BR) Ek dink almal wens dit soms.
9 jaar 3 maande 2 weke 1 dag 8 ure oud



Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar