Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


So het sy by ons aangekom: Kort swart rokkie, rooi naels en lang blonde krulle. Ek kan seker nie se sy het so aangekom nie, meer soos so het ons haar betrap. Dit was ‘n lieflike lente mÔre en ons het oudergewoonte gaan stap terwyl ons pap besig was om af te koel. Halfpad op die gewone roete het ek besef dat ek die voordeur oop vergeet het en het dadelik aan my man gese dat ons sal moet omdraai. “Ons bly in Suid-Afrika. Dis nie Switzerland waar daar nog eerlike mense bestaan nie. En ek vertrou glad nie die bobbejane wat in die boom langs on huis bly nie.” Hy het sy oë gerol en aan Bruintjie beduie dat hy moet kom. My tienerseun het gesug en gedwee agter my en sy pa aangestap. Toe ons by die huis kom het niks uit plek uit gelyk nie. Ons het gaan sit aan tafel en na Pappa Beer die seën gevra het wegeval in die lekker mieliepap.
“My pap is te warm.” Het Pappa Beer geneul. Hy is maar so ‘n siniese man en ek sal dit seker nooit kan verander nie.
“My pap is te koud.” Het ek sarkasties opgemerk, moeg vir die feit dat my man altyd iets negatiefs te sê het oor my kos.
“Iemand het al my pap opgeëet!” Het Bruintjie geskok uit geroep. Ek wou my eers vervies. Die tieners van vandag kan mos so oordryf, maar toe ek die lëe bakkie voor hom sien het ek gesnak na my asem. Daar was sowaar iemand wat die pap verslind het. Daar was iemand in ons huis. Ek het gegryp aan my man se harige arm en gefluister dat ons deur die huis sal moet loop om te kyk waar die vent is wat Bruintjie se pap geeet het. Hy het net weer sy kop in ongeloof geskud en homself verskoon.
“Rugby.”het hy gemompel en homself met ‘n bier in die hand gaan neerplak voor die televisie.
“My stoel is te hard.” Het hy geneul en ‘n sluk van sy bier gevat. Ek het langs hom gaan sit op my stoel en sarkasties opgemerk dat my stoel te sag is.
“Ek wens net julle wil na my luister!”het Bruintjie geskree en beduie na die stoel wat stukkend op die grond gelê het. “Iemand het my stoel gebreek!”
“Bruintjie!”Het my man geraas. “Wanneer gaan jy leer om nie alles te breek wat jy in die hande kry nie?”
“Maar pa...”
“Nie maar pa nie! Liewe hemel Bruintjie. Laas week was dit jou motorfiets, nou die stoel.”
Ek het my bloediglik vererg vir my man wat duidelik nie ‘n duit om gegee het vir my of sy seun nie. Ek het verskoning gemaak dat ek ‘n bietjie gaan lê. Na ‘n ruk het my man die kamer binne gestrompel. Die sterk reuk van drank wat aan hom gekleef het, was al so deel van hom dat ek dit maar aanvaar het.
“My bed ish te hard.”Het hy sleeptong meegedeel.
Ek het hom aangegluur en in my gedagtes hom vertel dat my bed te sag is.
Bruintjie het histeries by die kamer ingestorm en gegil dat daar iemand in sy bed lê. Ek het opgestaan om te gaan kyk. Ja, Bruintjie het ‘n groot verbeelding gehad, maar so ontsteld het ek hom nog nooit gesien nie.
Daar in sy bed het die mooiste blondekop meisie gelê. Haar lang krul hare het sag om haar gesig gevou en sy het kompleet soos ‘n engel gelyk. (Dit was voor ek haar kort rokkie en die manier wat Bruintjie na haar gestaar het opgemerk het.)
“Bruintjie, ons moet haar hier wegkry voor jou pa ontwaak.” Het ek gefluister en nader aan die bed gestap. Die mens het skielik haar oë oopgemaak en het verskrik om haar rondgekyk.
“Help!” Het sy gegil maar Bruintjie het sy groot klou op haar rooi lippe gesit.
“Kalmeer. Ons sal niks aan jou doen nie. Jy moet weg kom voor my pa jou in die hande kry. Hy het nie genade vir mense nie. Hy sê mos dis hulle skuld dat hy nie meer vry in die bos kan rond hardloop en jag nie, maar soos ‘n menslike wese in ‘n huis moet bly en groente eet.”
Ek kon sien sy is baie bang, al het sy dit hoe hard probeer wegsteek.
“Ek is jammer. Ek was net so honger en wou net ‘n bietjie rus, en toe ek my kon kry is ek vas aan die slaap. Ek is haweloos. Kan ek nie maar ‘n rukkie hier by julle vertoef nie, dis tog beter as buite in die koue.” Haar stem het gebewe en ek kon tekens van desperaatheid in haar oë sien.
“Natuurlik!” Het Bruintjie hartlik aangebied en haar van die bed af opgehelp. “Kom ek gaan wys jou so bietjie rond in die huis.”
“Bruintjie.” Het ek my seun vermaan. “Sy is nie soos ons nie. Sy’s ‘n mens en mense is die grootste vyand wat diere aanbetref.”
“Maar Ma, sy’s dan so mooi. Ek dink dis liefde met die eerste oog opslag.” Hy het haar sitkamer toe gesleep en ‘n koppie tee aangebied.
“My naam is Gouelokkies.” Het sy haarself naderhand voorgestel.
My man het egter later ontwaak en daar was groot moeilikheid oor die meisiemens in on huis. Sy het egter dit later reggekry om my man ook met haar skoonheid sag te maak.
Hier is dit nou ‘n jaar later. Ek pik ‘n traan. My enigste seun trou vandag. Met sy droomvrou. Gouelokkies.
Dit klink dalk vir julle eienaardig, maar ek glo dis maar nog net die begin van baie groot dinge vir die evolusie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Goue Lokkies
Ek het jou storie baie geniet.
7 jaar 5 maande 3 weke 20 ure oud



The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar