Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het geweet dat dit liefde was, met die eerste oogopslag, al was dit nie van ons albei se kant af nie. Ek het geweet dat sy eendag myne sou wees, net nie geweet dat dit ses jaar sou neem nie. Haar naam was Rocelle, ‘n naam wat nooit uit my gedagtes kon gaan nie, al het ek hoe hard probeer, nie dat ek wou nie.

Die eerste keer toe ek haar sien, was in die Junie – Julie skoolvakanise, van 1987. Ek was maar vyftien – en sy twaalf jaar oud. Ek het by my neef-hulle gaan kuier. Min het ek geweet dat ek my liefde daar sou vind en verloor.

Sy het buite in die pad, tennis gespeel. Ek was nuuskierig om te sien wie daardie oulike meisie was. Ek kon voel hoe my hart vinnig begin klop, elke keer as sy na my gekyk het. Sy was vir my alles en niks kon daardie warm, hartstogtelike gevoel wegneem nie, of so het ek gedink, maar vir daardie oomblik was dit my droom. Vlinders het my maag gevul en niks het so goed gevoel soos daardie oomblik nie.

Sy was gaaf teenoor my en ek het hard probeer om haar te wys hoe perfek ek kon wees, miskien het ek te hard probeer, maar dit sou ek eers later ontdek. Ek dink sy het my aangesien as ‘n soet seun, wat niks verkeerd kon doen nie.

Saans wanneer ek en my neef in die kombuis, besig was om skoon te maak, dan het ek vir ure voor die venster gestaan, met die hoop dat sy ook daar sou wees. Soms was sy daar dan het daardie warm gevoel, weer my hart gevul. Ek het dan tekens van my liefde vir haar gewys, maar kon nie met woorde uiter, wat ek in my hart vir haar gevoel het nie. Ek kon nie wag dat die nag moes omgaan, sodat ek weer in haar teenwoordigheid kon wees.

Ek het al my moed bymekaar geskraap en haar gevra om met my te kuis. Dit was maar moeilik, maar die groot vraag was gevra. Sy het my ook nie dadelik geantwoord nie, maar later wel ja gesê, ek was in die wolke. Ek het soos ‘n ruiter gevoel, soos ‘n soldaat wat ‘n jaarlange vyand verslaan het. My hart het so vinnig geklop dat ek bang was sy hoor.

Ons het gekuis, of laat ek liewer sê ek het gekuis. Iets was net nie reg in hierdie verhouding nie. Vir haar was alles natuurlik soos sy dit wou gehad het. Ek het besluit om geduldig te wag en te hoop dat ons verhouding, of wat dit ookal was, meer na ‘n kuis sou uitdraai. Dit het gevoel asof ek nie haar kêrel was nie, maar liewer ‘n vriend.






1.



Daardie vakansie was nie net die ontdekking van my groot liefde nie, maar ook die einde van liefde wat ek nooit weer sou voel vir ‘n ander nooi nie. Ek het gevoel wat dit was om verlief te wees en om ‘n liefdes teleurstelling, te hê. Dit was vir my die seerste, moeilikste en onaangenaamste gevoel en ervaring wat ek nog ooit beleef het. Dit het gevoel of iemand die wind uit my seile haal.

Ek het geleer, en op die harde manier dat ek niemand kan vertrou nie. My neef en ek, was die middig kafee toe. Met ons terrugkoms het ek die goed wat ons gekoop het na hul huis geneem. My neef het vooruit na haar huis gegaan, tot my spyt. Toe ek ingaan by haar huis het ek verwag om hulle in die voorkamer aan te tref, maar hulle was in haar ma se slaapkamer, agter ‘n geslote deur. Ek kon maar net raai, wat aan die gang was. Soos ek vroeër gesê het, jy kan niemand vertrou nie, as ek maar geweet het. My neef, of liewer, die liefde van my lewe het my bedrieg!

Ek het nog nooit sulke woede gevoel soos daardie oomblik nie, maar nou ja, op vyftien-jarige ouderdom, was ek seker nie te jonk om uit te vind dat die lewe soms ‘n vuil spel met ‘n mens kan speel. Hierdie was ‘n duur les wat ek geleer het, en ook niemand toegelaat om my weer so teleur te stel nie. Na daardie petalje het ek dadelik my sak gaan pak en my vakansie kort geknip, of liewer dit was kortgeknip deur die een aan wie ek my hart aan toe vertrou het. Dit was nou duidelik dat hierdie nooi nie ‘n bloue duit vir my omgegee het nie. Ek kon dit seker maar verwag het, sy was maar dertien, nog ‘n bog snuiter, soos ek, met die verskil, vir my was dit liefde met die eerste oog opslag!

Ek het ook geweet dat my liefde vir haar eg was en dat ons paaie eendag, dalk weer sou kruis. Baie jare het verby gegaan en baie dinge het intussen in my, sowel as in haar lewe gebeur, maar ek kon steeds nie daardie gevoel teenoor haar afskud nie. Dit was duidelik dat ek nie van haar sou vergeet nie, en was nog steeds lief vir haar. Ek het ook allerhande planne uitgedink om na my neef te gaan, met die hoop om my eerste liefde, dalk te sien. My hart het ook nog steeds so gebok spring, soos daardie eerste dag, die oomblik toe ek haar weer sien. Ek het gebly hoop dat haar gevoel van vriendskap teenoor my sal verander.

Vandag, na soveel jare is ek getroud met my eerste liefde, en het twee pragtige dogters wat ons lewens elke dag verryk. Ek is nog net so verlief op haar, soos daardie winters-vakansie van 1987.

Ek glo in liefde met die eerste oogopslag, al kom dit in die begin van een persoon.








Eerste Liefde 1987
2.21.11.19.9.5



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Eerste liefde
Dit klink tog so bekend. Ek het net te min van myself gedink om die saak deur te voer, maar onthou alles nog soos gister. Ek wonder of sy ooit geweet het hoe ek voel.

Die liefde bedek alles, glo alles, hoop alles en verdra alles.
12 jaar 1 maand 1 week 6 dae 22 ure oud


JY GEE ONS ANDER HOOP
dankie hiervoor jy laat my besef dat niks ware liefde kan keer nie,kom wat wil en ek is so bly vir jou part dat jou sprokie 'n "happy ending" het

Groete
Chanti
14 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 7 ure oud



DIE HIV MOORD

deur neels claasen

n Speurverhaal waarin moderne tegnologie n groot rol speel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar