Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die hotel is blink in al die rigtings. Nie een plekkie sal jy ‘n hopie stof kry nie. Oompie kom kuier en als moet reg wees. Hy is die eienaar van die Hotel. My ma se broer ma hoe dit ook al sy ons sit ons beste voet voor. Die personeel het vars blomme in sy kamer gesit en staan onrustig rond. Hul wag vir sy aankoms.

Die huurmotor trek in en ons almal trek rug reguit en wag hom bly in. Hy is geen tiran nie en is ‘n vreeslike aangename man. Maar dis hoe dit ma met mense soos hy werk. Hy dwing respek af deur sy ferm vriendelikheid. En dus wil niemand teleurstel nie.

Hy groet almal vriendelik en ons stap kantoor toe sodat ons die syfers goed agter die rug kan kry voor ons bietjie kuier. Die kantoor is oorgeverf en lyk heel anders as wat hy dit laas gesien het. Hy is beïndruk. Dit was ‘n morbiede donker vertrek met een venster en was glad nie mens vriendelik nie.

Dit was een van die eerste dinge wat ek aangepak het toe ek daar gekom het. Ek is ‘n normale “run of the mill” tiepe mens ma soek die omgewing om my netjies en vriendelik. Jy moet uitsien om dit in te gaan.

Wel, na die nommers het ons ‘n eet ding nodig. Ek sê ons moet in die stad iets gaan eet. Ek kon nie weg kom uit die Hotel die laaste paar weke nie en is lus vir vreemde kos. En om so bietjie uit te kom, sal my goed doen.

Ons vertrek na die Waterfront toe. Ek vra oompie moet ‘n restaurant voorstel aangesien hy meer gereeld in die geweste was as ek...wat nog die Kaap leer ken....en ek sal betaal.

Hy kry so duiwelse glimlaggie en sê dadelik hy het net die plek in gedagte. Ek skrik niks aangesien ek meer as genoeg geld by my het vir twee mense.

Ons stap met roltrappe op na die boonste vlak en kom voor ‘n baie deftige restaurant tot stilstand. Ek nog glad nie verdag die. Tot die dame wat ons by die deur ontmoet my en oompie so half snaaks aankyk. Kyk ek het nou die Spur of Wimpie in gedagte gehad of enige goeie “steakhouse”. Dus het ek my jeans netjiese stap skoene en warm kamp baaitjie aan. Oompie lyk ook nie te deftig nie. Hy is “gedress” vir travel.

Die dame help ons nie te min na die naaste tafel toe. Die plek is hel deftig en die meublement laat my heel “underdressed voel. Die stoele lyk soos my skoonma se Victorian stel sin. Daai wat in die sitkamer staan waar net die dominee en die president sou sit as hul daar sou besoek af lê. Daai wat jy na kyk ma nooit op sit nie. Ek meen jy is nie die president nie en die dominee kom net nou en dan daar aan.

Elk geval ons is toe aand tafel en my kop draai onbeheers in al die rigtings soos my oë al die kandelare en duur dekor bekyk. Ek begin toe bietjie worry. En soos Napoleon sal ek nooit oorwinning aanvaar en aan oompie erken dat ek vermoet dat die geld in my sak skielik nie meer so dik voel soos toe ons by die hotel weg is nie.

’n Vriendelike dame kom staan lang my......dieselfde een wat ons by die deur ontmoet het en ons aangestaar het asof ons die lugversorgers kom regmaak of ’n borgskap kom vra vir arm mense.

Ek laat my nie roer en maak asof al die goed vir my heel normaal is. Sy begin ’n lesing gee oor die spyskaart en noem Shef se naam vreeslik baie. So baie dat ek gedink het ons hom ook kan eet.

Sy verduidelik wat op die voorgereg spyskaart is asook wat als op die hoofgereg spyskaart is. Sy begin dan die nageregte af rammer en dis net daar waar ek nie meer by hou nie. Ek is nog aan die voorgereg te besluit en ek val haar in die rede.

Ek verwys na die heel eerste ding wat sy op die voorgeregte spyskaart genoem het. Ook al wat ek kon onthou ma dis iets met aspersies en salm te doen. Ek noem dat sy later weer die versie kan kom op sê vir hoofgereg maar dat ek en oompie.....wat op die stadium ook nie meer kop hou nie..... die aspersie besigheid sal eet.

Sy knik haar koppie en vra wat ons sou drink. Sy begin die wyne af rammel en verduidelik hoe lekker die een en ander saam met van hul disse is. Ek stop haar weer onverwags en sy stotter tot stilstand soos daai Idols deelnemers wanneer die “Judges” hul stil maak.

Net ’n coke asb. Oompie stem saam en bestel vir hom ook dieselfde. Hy nou al oor sy verwarring en begin my on vernuf met die mondelingse spyskaart vreeslik geniet.

Meteens verskyn daar ’n mannetjie met ’n skinkbord vol servette. Die word netjies en akkuraat langs ons geplaas. Dan nes jy dink dis veilig oorval daar nog ’n kelner ons met warm tuisgebakte broodjies. Nie die wat jy by McDonalds of een van daai plekke af kom wat so gebak word dat hy weke later nog vars lyk nie. Regte varsgebakte brood rolletjies. Hy plaas twee in elk van ons sy borde en verdwyn net soos hy verskyn het.

Nie lank daarna nie of die aspersie en salm voorgereg verskyn. Die bord lyk soos ‘n prentjie en ek veg daarteen om my kamera uit te ruk en ‘n fodie te neem om vir ma by die huis te gaan wys. Die aspersies is in so ou sonnetjie gepak met die salmpies wat die middelpunt van die sonnetjie uitmaak. Aan die einde van die aspersies sit ‘n pikante klein tamatietjie so groot soos ’n albaster.

Ons val weg en verorber die son in rekord tyd. Jy sal maar moet eet om vol te kom. Ma ons kla nie en bestel die eerste ding wat popjas vir ons uitblaker oor die hoof gereg. ’n Kreef platter. Dit lyk heel belowend toe hul die borde met die stomende krewe en so bietjie garnale voor ons neerlaat.

Teen die tyd het daar ander mense ook hulself gemaklik gemaak om ons. Die hoogste Engels word geuiter. Klink kompleet soos ’n Britse restaurant sou moes klink as ons daar was.

Ons val weg. Ek baklei met die kreef aangesien ek dit nog nooit geëet het nie. Ek trek en stoot die ding om al die vleis uit te kry. Ek loer ’n tannie oorkant my af en sien dat sy so halfhartig neus in die lug meer vleis uit die ding kry as ek.

Ek stoei voort en is skoon uitgeput toe ek die laaste garnaal sluk...ek vermoet ek het dele daarvan geëet vat nie bedoel is vir eet nie. Oompie hou heel goed als bymekaar en maak tweede klaar.

Ek nou heel uitgeput, sien nie kans vir nagereg nie. Ek dink dis die rekening wat my laat bekommer het oor die koste besparing wat ons sou hê sonder die nagereg.

Ek vra ewe galant die rekening en besluit dat as die ding in sierskrif daar aankom, ek oompie net daar los en gaan geld soek. En so land die rekening voor my. Gewone papier soos jy by Checkers kry en ek voel beter. Maar skielik tot by skok sien ek die bedrag wat daarop gedruk is. Die voorgereg kos soveel soos hoofgereg by Spur en die kreef dink ek is in Finland gevang so duur is dit.

Nie te min begin ek die blou en pers note bymekaar gooi en kom tot ’n skok agter dat ek wragtig te min geld hêt. Oompie sit my met ’n helse grin en staar. Ek sien die genot wat in hom op borrel soos hy lekker kry deur my te sien sukkel. Ek moet toe erken soos ou Napoleon ook ma moes doen dat die oorwinning my ont fnuik het. Oompie ruk sy kredietkaart uit en bars uit van die lag.

Ek kyk hom stip in die oë en begin net so lag. Ons is toe die restaurant uit soos twee bakvissies wat ’n grappie gelees het wat bedoel was vir ’n meer volwasse gehoor. Ons besluit toe ma om ‘n KFC roomys te gaan eet en is lag-lag terug hotel toe. Roux



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar