Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

GPS-eienaar parkeer sy bakkie voor die gebou waar hy werk. GPS is in die voorruit vasgesit. Hy werk saam met sewe ander op die grondvloer en die vensters kyk uit op die parkeerterrein.

"J-J-J-0HAN, IE-IE-MAND BREEK IN! Johan sien die kalant halflyf uithang uit sy bakkie en Johan versnel na jaagrat. Toe hy by die kantoor se deur kom is kalant al 20 meter weg maar die adrenalien pomp. Johan is nie baie fiks en skraal nie. Agter Johan volg Cathy, nog minder in shape. Kalant voor, dan Johan dan Cathy.

Die resies duur vir omtrent 2 kilometer maar Johan en Cathy raak nie uit wind nie. Hulle jaag. Kalant het nie 'n probleem met wind nie, hy is gewoond om gejaag te word.

By die bottelstoor tackle Johan hom. Eben Etsebeth kan kom lesse vat. In die tackle val die GPS uit kalant se sak (broeksak, hempsak, roksak, who cares - 'n sak is 'n sak). Johan en Cathy altwee sien die ding uitval van iewers op kalant se lyf.

Cathy sit op hom (nie rêrig nie) maar hulle pas hom op tot die polisie kom.

Om een draai het altwee hom vir 'n paar sekondes uit sig verloor, anders het hulle hom heeltyd in oog gehad.

"Djou honour, djy sien die deng hy werk so: Ek en myse broertjie het daar voor Pep Stores gestaan, toe sien ek hierdie man verbyhol en daar val 'n deng soos 'n cell phone uit homse lyf uit. Toe dag ek, ek dag toe ek help hom om daai deng vir hom op te tel. Ek djaag hom toe om die cell phone vir hom te sjee. Djy sien djou honour, ek werk hier uit die goetigheid van myse hart. Ek djaag hom en ek djaag hom maar hy hol onner my uit. Ek dag toe nee ek gaan hom nie vang nie en draai om na myse broertjie. Toe skierlik uit die Jirre se bloutigheid tackle hierdie wit man my en hy sê daai cell phone is syne, ek het hom gasteel".

Die bakkie se ruit is in stukkies gebreek.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

help
Lekker gegiggel. Dankie vir die deel.
5 jaar 2 maande 2 dae 3 ure oud


Hahaha
Siestog!

Lekker lag ek nou.
5 jaar 2 maande 3 dae 20 ure oud


Help
Dit was nou slim gelieg. Hy kry punte vir oorspronklikheid, sowaar!
Lekker gelees.
5 jaar 2 maande 3 dae 20 ure oud



Die Skree van Stilte

deur Alex Fan Moniz

37 spesifieke gedigte gekies uit ‘n versameling van oor 300 wat ek oor die afgelope 25 jare gedig het, wat ek graag met julle wil meedeel, daar is ook ‘n paar nuwe gedigte spesiaal vir die bundle gepen.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar