Kortverhale

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is n stil volmaanligaand op Elstow stasie, net buitekant Springfontein op die Noupoort lyn. Die stilte word net verbreek deur die nagbesies se gesing en kwakende paddas ver in die vlei. So af en toe kan die getjank van n jakals in die verte gehoor word. Dit is of die natuur n sug van verligting slaak oor koeligheid van die nag na die dag se versegende hitte van Januarie maand.

Die geblaas van die Tilley lampe wat die platform helder verlig is al mensgemaakte geluid in hierdie nag. In die stasie brand twee lang glas Alladin lampe, een wat die sinjaalraam in die seinhuis dof verlig en een agter in die stasie wat die agterkant ook dof verlig.

In die lig van die Alladin lamp in die seinhuis blink die sinjaalhefbome en die van Schoor instrumente. Teen die muur hang die ou stasiehorlosie in sy houtraam en ronde gesig in Romeinse syfers. Op die gesig staan Westclock en S.A.R.-S.A.S. Langs die horlosie hang die opwen sleutel aan n toutjie oor n spyker in die muur.

. Op die tafel is die treinregister waarin die trein bewegings aangeteken word. Agter in die stasie is nie veel nie, net n toonbank met n gasstofie daarop. Langs die gasstoof staan die nodige koffie, suiker en melkhouers en n wasbak teen die muur. Die ronde koolstofie is hierdie tyd van die jaar in onbruik maar in die winter werk hy oortyd om die stasie warm te hou.

Weerskante van die stasie kan die wit agterligte van die sinjale tussen die helder sterre teen die sagte naglig gesien word. In die verte verlig Springfontein se straatligte die horison aan die Noordekant dof.

Die volmaan verlig die omgewing in n sagte lig en in die twee stasievoormanne se huise agter die stasie is daar maar die gewone huislike bedrywighede. In die verte verlig die maanlig die omgewing.

Voor die stasie op die bankie sit Koos Brand, wat hierdie week nagskof is, en drink die sagte nagrus in. Soos altyd is hierdie aantreklike 25 jarige man netjies geklee in sy swart uniform broek met die wit hemp. Op sy skouers is die swart epoulette met die twee silwer strepies en die bewoording stasievoorman daarop.

Om die hoek van die stasiegebou verskyn n pragtige lenige blondekoppie, haar hare tuimelend in krulle op haar skouers. Sy is gekleë in n vrolike bont somersrokkie, wat die kurwes van haar liggaam beklemtoon. Sy kom dadelik langs Koos op die bankie sit en sy neem sy hand dadelik in hare. Sag glimlag sy vir Koos en steel sy n soen met haar warm lippe op Koos sn.

Koos se hele lewe en sy trots, Marietjie. Hulle is nou bietjie meer as n jaar getroud en vir altwee van hulle is hulle getroude lewe nog net een groot wittebrood.

Koos en Marietjie het mekaar vier jaar terug ontmoet toe Koos as kwekeling stasievoorman op Norvalspont begin werk het. Marietjie het in die poskantoortjie op Norvalspont gewerk, haar pa is Norvalspont se stasiemeester, en was dit liefde met die eerste oogopslag.

Dit is seker die rede hoekom Marietjie en Koos mekaar dadelik gevind het, sy het as n spoorwegdogter groot geword terwyl Koos ook uit n spoorweghuis uikom, sy pa is stasiemeester op Colesberg.

Die passievolle soen word onderbreek deur drie klokslae op die Van Schoor instrument aan die Springfontein kant en moet Koos opstaan om die klokslae te gaan antwoord.
Flink antwoord Koos die drie klokslae en met die laaste een hou hy die knoppie in om stroom te gee vir Springfontein om n tablet te verkry vir die trein wat Springfontein wil afstuur.

Marietjie het hom gevolg en stap na die agterkant van die stasie toe waar sy die gasstofie opsteek en die ketel water opsit om koffie te maak. Twee bekertjies word reggesit en voorberei vir n heerlike beker koffie.

Nadat Koos die tyd in die treinregister aangeteken het sluit hy by Marietjie aan agter in die stasie. Dadelik is sy in sy arms en die soen word voortgesit tot Marietjie uitasem wegbreek: “Stadig Koos, jy sal mos maak dat ons kop verloor hier”, sê sy tewyl haar oë n liefdesspel met haar held se oë speel.

Dan word die romantiese oomblik verbreek deur Springfontein wat die trein wegslaan en die ketel begin kook. Marietjie maak die stofie dood en gooi vir hulle koffie in. Stadig roer sy dit terwyl Koos die tyd en treinnommer in die treinregister aanteken en dan bring sy die twee bekers koffie seinhuis toe waar sy flink op die tafel spring om op die tafel te sit nadat sy Koos se koffie op die tafel neergesit het.

Nadat Koos sy koffie so halfpad gedrink het sit hy dit neer en staan op om op die Priors instrument lyn vir die aankomende trein te kry deur drie klokslae te slaan. In die verte begin die geblaf van twee 23 klas lokomotiewe die nagstilte versteur.

Priors antwoord en gee vir Koos stroom om n tablet uit die instrument te draai. Koos sit die tablet op n tablethouer en klim onder die sinjaalhefbome in om sinjale vir die aankomende trein te bedien.

Die geblaf van die twee klas 23 lokomotiewe word al harder en dan storm die trein by die sinjale verby. Koos is in die preekstoeltjie met die tablethouer wat hy met uitgestrekte arm uithou vir die voorste drywer van die trein uithou om dit met sy arm te vang. Skuiwend word die ou tablethouer met die Springfontein Elstow tablet afgegooi en dan leun die drywer so entjiwe uit om die nuwe tablethouer met die Elstow Priors tablet te vang.

Dan volg die geklap van die wiele oor die spoorlaste soos die trein verbysnel en dan raak dit stil met die geblaf van die klas 23 lokomotiewe wat in die verte verdof.

Koos tel die tablethouer op, haal die tablet van die houer af en stel die sinjale terug op gevaar. Die tablet word in die magasyn van die instrument aan die Springfontein kant ingesit en met n twee en klokslag terug gedraai.

Die twee verliefdes gaan sit op die bank voor die stasie en Marietjie se vingers begin lig oor die epoulette op Koos se skouers streel terwyl se sê: “Koos ek wonder hoe lank ons nog saam die tydjie op Elstow gaan geniet totdat jy begin nominasies aanvaar vir spesiale klas en ons weggaan hier en op n dorp gaan woon”.

Koos antwoord: “Hier begin nominasies kom maar ek aanvaar nog nie, ek is nog te junior daarvoor. Maar ek sal seker so oor n jaar begin aanvaar want ek wil darem eendag n stasiemeester word”.

Hulle sit nog so n rukkie in stilte tot Priors twee een slaan en dadelik drie om lyn te kry vir n trein. Toe Springfontein ook drie slaan staan Koos op om te gaan antwoord en stroom te gee vir tablette.

Toe hy klaar is klim Marietjie in sy arms in: “Ek gaan nou slaap Koos jy het n kruising aan die kom”, en met die groet sy Koos met n soen vol beloftes om dan om die stasiehoek te verdwyn huis toe.

Met die maan wat deur die naglug kruip kom en gaan treine deur Elstow stasie tot die daglig vroeg oggend teen die Oosterkim breek om die sterre te laat verdof en die maan oor die horison verdwyn.

In die ry bome agter die stasie begin die gekoer van die tortelduiwe en die mossies begin bedrywig raak. Die laaste trein vir die nag storm deur die stasie en die son breek oor die Oosterkim om Elstow in sonlig te baai.

Ses uur op die kop stap Koos se maat, Jan Roets die stasie in en word daar oorgegee en skofte geruil waarna Koos groet en huis toe stap toe die stasiearbeider ook met n groet in die stasie kom om die stasie te kom skoonmaak. Daarna moet hy met die kruiwa na die sinjale toe om die sinjaal lampe (parrafien lampe) te gaan afhaal en te kom versorg om hulle weer vanmiddag laat te gaan opsit.

By die huis gekom steek Koos n oomblikke voor die huis vas om Marietjie se klein blomtuintjie te bewonder. Hyself het n groentetuin agter die huis aan die gang. Water is nie n probleem nie want elke dag word die Lister diesel enjin aan die gang gesit om die stasie se watertenks uit n boorgat uit vol te pomp.

Marietjie is alreeds aan die gang en het al vuur in die koolstoof aan die gang om die water in die geyser, wat aan die stoof gekoppel is, warm te kry dat Koos netnou kan gaan bad voordat hy gaan slaap. Een ding van Marietjie, haar huis is altyd pynlik netjies al is die enigste besoeker gewoonlik hulle ouers wat soms kom kuier en dominee wat elke maand kom huisbesoek doen.

Die enigste luukse in die huis is Marietjie se Electrolux parrafien yskas waar die melk in gebêre word en kaas en botter asook vleis oor naweke as Marietjie se daaglikse bestelling vleis saterdae twee dae se vleis is. Die vleis kom altyd van springfontein af met die oorlaaitrein.

Een maal n maand gaan hulle met Koos se Morris Minor dorp toe wanneer Marietjie haar inkopies vir die maand gaan doen.

Koos word met n warm soen verwelkom en dan gaan trek hy gou sy uniform uit om in n kort broek en hemp te verklee want hy moet eers gou hulle twee koeie gaan melk wat in die kamp agter die stasie loop. Dan is dit ontbyttyd. Lekker pap en melk voordat Koos bietjie in sy groentetuin gaan werk met Marietjie wat fluks meehelp met bossies uittrek. Vanaand as dit koel is sal Marietjie gou bietjie die tuin natmaak voordat sy vir Koos op die stasie gaan kuier.

So elf uur se kant gaan klim Koos in die bed om te gaan slaap maar natuurlik kom kuip Marietjie by hom in vir n paar minute en word Koos in die afgrond in verlei.

Net voordat hy gaan slaap trek Koos met sy vinger patroontjies oor Marietjie se gesig en vra: “Is jy nog gelukkig hier by my liefding”.

“Koos sielsgelukkig. Ek dink dit is ons eenvoudige manier van lewe wat ons huwelik so gelukkig maak. Ons het net mekaar om voor te lewe”.














Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Huwelik
Ai ou Neels, baie mooi storie, weereens mak oor die mooi beskrywende deel oor die stasoe, lampe, sinjale, loko's, wens ek kan my ouer boet kry om te lees, want hy was 'n meganiese ingenieur by die spoorwee in die ou SA. Hy was in die span wat die treine weer op die spore moes sit wanneer hulle ontspoor.
1 jaar 10 maande 6 dae 7 ure oud


estow
Neels ek geniet altyd vertellinge. Ek kry net min tyd deesdae om te kan lees wat al my maters hier rond skryf.

Maar om terug te kom na jou verhaal. Pragtig. ek sou net nog so 'n bietjie langer wou lees. Dit is so lekker om die stuk te lees en toe waps moet ek ophou. Hou aan skryf ek geniet dit.
1 jaar 10 maande 2 weke 1 uur oud


elstow
Die heerlike nostalgie van 'n era wat verby is diep jy so reel op. Dankie dat jy jou kennis van stasies, treine en lewens wat by dit ingevleg is aan ons oordra.
Geniet altyd jou spporwegstories!
1 jaar 10 maande 3 weke 5 ure oud


ELSTOW
neels claasen ELSTOW PROJEK HUWELIK

Onderwerp: ELSTOW

. . . . nostalgie

. . . . dankie Neels jy het my nou aangesteek om my Pa se Caboose,
en my kinderjare liefde vir treine weer aangeraak;
. . . . en my eerste DATE met my liefde oor die straat Martie,
het ek na die Spoorweg Ontspanningsentrum geneem om 'n fliek te kyk,
en al die pad terug huistoe was daar vier Spoorweg-ouens wat al die pad
stadig gery het in hulle kar,
my geteister het,
waar ons loop om my mooi meisie te wil huistoe neem.
Ek was maar in Std 6 en sy in Std 7,
en hierdie terroriste was almal al werkende ouens.
. . . . dis darem nie reg nie.
Dit was my eerste les in liefde in die lewe:
. . . . Hoe mooier jou meisie;
. . . . Hoe groter die moeilikheid met ander mans.

En teen die aand,
toe Dawid van sy bed opgestaan het
en op die dak van die paleis wandel,
sien hy van die dak af ‘n vrou wat besig was om ‘n bad te neem;
en die vrou was baie mooi van aansien.

En toe sy by hom inkom,
het hy met haar gemeenskap gehad.

Daarna het sy na haar huis teruggegaan.
. . . . en (boodskap) gestuur om Dawid te laat weet: "Ek is swanger."

En Dawid het in die brief geskrywe en gesê:

Sit Uría (haar man) op die voorpunt van die hewigste geveg;
trek julle dan agter hom terug,
dat hy in die slag kan sneuwel.

". . . . your honour, this is premeditated murder. . . . "

DAWID SE LES IN LIEFDE EN DIE LEWE

. . . . toe kom die profeet;

Daar was twee manne in ‘n sekere stad,
die een was ryk en die ander arm.

Die ryke het ‘n groot menigte kleinvee en beeste gehad,
maar die arme het glad niks gehad nie,
behalwe een klein ooilammetjie wat hy gekoop
en in die lewe gehou het,
en wat by hom en saam met sy kinders groot geword het;
dit het van sy stukkie brood geëet
en uit sy beker gedrink
en in sy skoot geslaap,
en dit was vir hom soos ‘n dogter.

En toe daar besoek kom by die ryk man,
het hy ontsien om van sy kleinvee of beeste te neem
om vir die reisiger wat by hom gekom het,
iets te berei;
daarom het hy die ooilam van die arm man geneem
en dit berei vir die man wat by hom gekom het.

En Dawid het baie kwaad geword vir die man en aan Natan gesê:

So waar as YHVH leef,
die man wat dit gedoen het, moet sterwe!
En die ooilam moet hy viervoudig teruggee,
omdat hy hierdie ding gedoen het en geen ontferming geken het nie.

Toe sê Natan vir Dawid:

U is die man!
So sê YHVH ELOHIM van Israel:
Ék het jou as koning gesalf oor Israel,
Ék het jou gered uit die hand van Saul;
Ék het die huis van jou heer aan jou gegee,
Ék het die vroue van jou heer in jou skoot,
Ék het die huis van Israel en Juda aan jou gegee;
en as dit te min was,
sou Ek aan jou nog meer sulke dinge daarby wil voeg.

(onthou dit gaan oor die lammetjie in die gelykenis = Bátseba)

TOE KOM DAWID TOT BEKERING

Daarna het Dawid sy vrou Bátseba getroos
en by haar ingegaan
en by haar geslaap.
en sy het ‘n seun gebaar,
en hy het hom Salomo genoem.
en YHVH het hom liefgehad.

SJOE . . . . ek verstaan nie hierdie ongeregtigheid nie?
. . . . verbeel jou: Dawid het toe altreeds vier vroue gehad;
steel 'n ander man se vrou,
en sy word die moeder van Salomo,
wat 1,000 vroue gehad het;
. . . . elke twee weke 'n nuwe vars sappige Poppie.

. . . . waarlik is dit liefde? . . . . hy was immers die man met wysheid?

In my opinie was Salomo slegs 'n Ginekoloog,
wat die prag van die PIN-UPS besigtig het
en slegs een kind by se eerste vrou gehad het.

Verduidelik asseblief Huwelik en Wysheid en Nostalgie.

dankie Neels, ek waardeer jou mooi verhaal,
dis so mooi en skoon en rein en onskuldig eerlik.

Net vandag hoor ek statistiek in RSA:

2014 in RSA
amper 60,000 aangemelde verkragtings in SA
slegs 1 in 25 verkragtings word aangemeld
1 miljoen inhegtenisname;
slegs 300,000 sake eindig in die hof.
(wat word van die 700,000 misdade?)

die probleem is dat Polisie bang is vir Polisie
want Polisie baat by beskermde misdaad
1 jaar 10 maande 3 weke 21 ure oud


Huwelik
Ag man, 'n salige ongekompliseerde liefde en huwelik!! Dankie Neels.
1 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 21 ure oud


Elstow
Pragtige uitbeelding van 'n stasiewag (so het ons hulle as kinders genoem) wat sy werk verrig.
1 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 3 ure oud


elstow
Jy besit die vermoë om die leser diep binne jou skets in te trek en te laat meeleef. Welgedaan.
1 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 6 ure oud


ELSTOW PROJEK HUWELIK
Ware liefde skuil in die hoekie van omgee weg en daar sal 'n mens onvervalsde liefde vind.
1 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 14 ure oud


Elstow
Soms wens ek die lewe was so eenvoudig. Met die jare saam, kom daar ook uitdagings en meningsverskille.

Ek wens; ek wens... ek wens ek kon my huwelik weer terugdraai na die dae van verlief wees; waar niks mens kon pla nie...

Goed gedoen, soos altyd. Bo-baas skrywer.
1 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 20 ure oud


Elstow
. . . hmmmm. Dit klink na 'n heerlike plekkie om die avontuur van die spoorweglewe saam met jou maat te begin . . .

Hier het jy goed geslaag daarin om net genoeg atmosfeer te skep dat die leser kon inleef in jou storie. Gewys, nie vertel nie. Nou weet ek hoe dit voel binne-in die stasie se binnegoed.

Hierdie stories van jou het wonderlike stof vir atmosfeer-skep!

(Vermy woorde soos "Toe/en toe" "Dan/en dan". Kyk na die verskil:

"Dan volg die geklap van die wiele oor die spoorlaste soos die trein verbysnel en dan raak dit stil met die geblaf van die klas 23 lokomotiewe wat in die verte verdof."

Die geklap van die snellende treinwiele oor spoorlaste verdof – raak weg saam met die geblaf van die klas 23 lokomotiewe in die ver van die nag se stil . . . ")
1 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 23 ure oud


Elstow
Ai Neels jy mag maar stories skryf!!! Lekker gelees dankie
1 jaar 10 maande 3 weke 4 dae 4 ure oud


Z
Neels hierdie het ek nou geniet om te lees. Ek kon my lekker inleef.
1 jaar 10 maande 3 weke 4 dae 5 ure oud


Huwelik
Soos altyd baie lekker om iets uit jou pen te lees. Hoop daar kom sommer nog baie meer.
1 jaar 10 maande 3 weke 4 dae 6 ure oud


ELSTOW PROJEK HUWELIK
So klein bietjie nostalie gekombineer met die huweliksprojek. ons het n eie lewe op die buitestasies gehad maar ons was sielsgelukkig
1 jaar 10 maande 3 weke 4 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Grafte op die Berg

    deur Johannes de Swart

    Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar