Kortverhale

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Hierdie is nie my storie nie, ek ken dit ook nie goed nie, maar wil dit graag vertel .
‘n Chinese man wat eendag by ons geëet het, het die storie vertel omdat my kinders hom uitgevra het oor sy geloof en hardop gewonder het of Buda hemel toe gaan.Die manier waarop hy die gesprek hanteer het, het my so beïndruk dat dit my opinie oor ander gelowe en Budiste verander het. Hy was nie net volwasse genoeg om dit te hanteer nie, maar het genoeg karakter gehad om vir hulle ‘n morele voorbeeld te wees en te min ego om die aanval op sy geloof persoonlik op te neem. Die man het besef dat hulle groot geword het met net een geloof en nie verstaan dat daar baie ander gelowe is nie, hulle het aandagtig geluiser en het daarna beslis beter verstaan.
‘n Baie arm Chinese gesin het baie gelukkig gewoon en het elke dag in geloof geleef sonder dat dit ‘n godsdiens was. Die man het elke oggend die huis verlaat om te gaan visvang vir die gesin en die vrou het vas geglo hy gaan met ‘n vis terugkom en het klaar gemaak met die huis en die kinders sodat as hy saans tuis kom alles perfek was. Tafel was reeds gedek en alles was gereed om net daardie vis gaar te maak . Hulle het elke aand ‘n feesmaal gemaak van die vis wat hy huis toe gebring het. Die man het met tye van die vi swat hy gevang het vir die hander mans gegee wat nie gevang het nie, en met tye as hy niks gevang het nie, het hulle vir hom gegee.Hulle het nooit huis toe gegaan sonder kos nie.
Soos die man ouer raak het die hy begin siek raak en toe hy op sy laaste was het sy vrou bitter gehuil en gesê sy sal nie sonder hom kan oorleef nie, want sy kan die visvang nie nie. Sy was gewoont daar aan om te wag vir voorsiening. Die man het geweet hy is besig om te sterf en kon nie sy vrou so hulpeloos agterlaat nie. Hy het geweet dat sy vrou honderd present geloof het in sy voorsiening en het toe sy vrou in geloof gelaat. Hy wou haar nie afhanklik maak van ander se geloof nie. Hy het vir haar gesê sy moet elke dag ‘n emmer vat en by die water gaan sit, sy moet net wag tot die vis in die emmer spring en dan kan sy maar huis toe kom. Die vrou wat so goedgelowig was het nie vrae gevra of getwyfel nie.Vir lank daarna het sy en die kinders afgegaan na die water met die emmer en dan het hulle gewag totdat die vis in die emmer spring en dan het hulle huis toe gegaan, want haar man het so gesê. Sy het in volle geloof gaan sit met die verwagting van ‘n vis wat in haar emmer sou spring.
Eendag het daar ‘n man gesit en gevra wat hulle doen.Sy het toe in volle geloof vetel dat hulle wag vir die vis om in die emmer te spring. Die man het gelag en gespot met hulle en hulle verseker dat ‘n vis nie sommer in die emmer spring nie, jy moet dit vang. Sy is belaglik om so te sit en wag. Die vrou en die kinders het begin twyfel en het nogal onseker en verspot gevoel so voor ‘n leë emmer, en toe hulle om hulle kyk het hulle gesien die ander lag vir hulle. Hulle het visstokke en nette gehad.
Die vrou en haar kinders is toe huis toe en het nooit weer ‘n vis in die emmer gevang nie. Sy het met tye weer daar gaan sit voor die emmer as daar niemand anders was nie, maar haar geloof was geknak en haar kinders het geloof in hulle ouers verloor. Hulle was van daardie dag af afhanklik van ander se gunstes en gawes.
Die storie is bleikbaar ‘n ou volksverhaal onder die Chinese maar het dit nog nooit weer raakgelees nie, sou graag wou, as iemand miskien die oorspronklik storie het, maar die waarde van die storie is min of meer dat ‘n mens ander se geloof moet respekteer. Dit is vir hulle die waarheid, al maak dit nie vir jou sin nie, gun elkeen die Vryheid van geloof.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Geloof
Soos jy glo, so sal dit vir jou wees... dankie vir die deel hiervan.
7 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 3 ure oud


geloof
Dankie Thandi. Baie mense kraak gelowe af omdat hulle te veel daaroor wil twyfel. Geloof is presies so: Wanneer jy vir 'n klein kindjie die sekerheid bied dat jy hom sal vang as hy spring, maak nie saak hoe nie. Hy glo in jou en sal sonder om daaroor te dink, spring. Dit is ware geloof. Wanneer hy begin twyfel of jy dit kan doen, dis wanneer hy ophou glo in jou vermoeë om jou te vang, dis wanneer hy aarsel en val.
Mooi storie!
8 jaar 6 maande 1 week 2 dae 13 ure oud


Ek gun jou jou geloof
maar ons kan mos maar van opinie verskil oor sake nie waar nie? Ek wil nie stry met jou nie maar ek wil graag my opinie oor die storie ook gee. Ek hoop nie jy gee om nie.

Indien die man wys was sou hy besef het dat hy nie altyd daar sou wees nie en sou hy haar en die kinders lankal geleer het om self vis te vang eerder as om toe dit reeds te laat was in sy benoudheid wakker te skrik en toe nog boonop te hoop dat sy altyd sal glo.

Hulle hongersnood was afhanklik van sy kortsigtigheid.
8 jaar 6 maande 1 week 3 dae 8 ure oud


geloof
Kiekie jy het my net weer laat besef dat geloof vir party natuurlik is,ek wil amper geantwoord in alle respek;duh ja natuurlik was daar vis in die emmer,maar vir die wat twyfel sal dit eers wou sien en vir die wat nie glo nie sou dit nie eers glo as hulle gesien het nie,ek weet nie,dis net n storie maar omdat ek lees met geloof in my hart is daar beslis n lekker vet vis in daai emmer!
8 jaar 6 maande 1 week 3 dae 8 ure oud


Emmers
Jou storie laat my wonder. Het daar 'n vis in die emmer gespring, voordat sy begin twyfel het?
8 jaar 6 maande 1 week 3 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Jesus, die Doper met die Gees

    deur Christo Nel

    In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar