Kortverhale

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Martie is ongeduldig:
“Klara. Los nou jou hare, ons gaan ry net ’n draai; jy wil tog seker voel hoe ry my nuwe tjorrie.”
Klara trek die woonsteldeur toe en by die grasgroen Volla sit Elise en Ronel klaar kiets regop op die agter stoel.
Martie trek weg, ry ’n paar draaie en draai in op die N1 en Martie trek die dingetjie se ketel oop en die meisies glimlag van lekkerte vir die karretjie se spoed en lekker ry.

Elise is die voorbok, die ervare kampeerder saam met haar ouers en die ongetemde avonturier :
“Ek is tevrede en kan ek maar uitroep?”
Ronel is die versigtige een – die Kunstenaar. Sy skryf, sy skilder sy verewig die Natuur op doek en in woord en sy weifel:
“Wat wil jy uitroep vriendin ?”
Elise antwoord nie en juig uit volle bors:
“Etosha, hier kom ons!”

Dit was maande se beplanning, se uitwerk en uitsien. Elise het die nuuskierigheid aangewakker want sy en haar ouers was al daar en sy kan nie uitgepraat raak nie en die lang Wintervakansie breek aan, die skole sluit en die vier juffrouens vat die pad – die pad Noord!
Met meer as drie weke tot hulle beskikking is haastig geen rede en die bagasie bestaan uit; een stel aan die bas en een stel in die was en kos is ook geen probleem nie; die eienaar van die wildplaas se leuse:
“Die is my plaas en hierdie plaas voorsien in alles”
Met sonsopkoms vertrek die vier uit Stellenbosch en toe hulle die afrit na Melkbosstrand verby is dit net Ronel wat stilweg brom:
“Boude, julle moet hou, eenduisend nege honderd kilometers, hier kom ons.”

Maar dit was onnodig. Met genoeg stopplekke, genoeg vrugte en vrugtesappe en net twee keer se oornag eindig die rustige rit op oom Jan se plaas : ‘Maroela” reg teen die grens van die Etosha wildreservaat.
Die heerlike blou water van die swembad tussen die gaste rondawels het alles wat Suid van hier is afgewas en vir die heel eerste keer proe hulle die smaak van vakansie in die wild.

Dit was die eintlike motivering; die beloofde afsondering.
Elise het belowe dat hierdie nie ’n toeriste sirkus is nie, hier is net twee rondawels met plek vir ses elk en al vat net twee gaste ’n rondawel, sal dit die gaste vir die periode wees en wyl hulle nog swem, son lê en geniet, kom ’n ander dubbelkajuit bakkie en parkeer op sy plek langs die oorblywende rondawel en die meisies se onder kake val oop en hulle kyk met tinteling in die are na die drie manne wat uitklim, afpak en indra en Klara maak keel skoon:
“Hallooooo, nog nooit ’n mansmens gesien nie ?”
Voorbok Elise, net kop bo die water in die swembad, lig haar hand en tel hardop en duidelik met die wysvinger: “Een . . .twee . . .drie !”
Sy draai in die rondte en tel hulle groep: “Een . . .twee . . .drie . . .vier - wie sit uit ?”
Ronel staan op van waar sy gelê het, gaan die rondawel binne en kom uit met haar stapskoene en ‘n rompie en die swembroek se bra, swaai haar sketsboek: “ Ek het gekom om te werk” en stap na die groot maroela wat so ’n ent vêrder staan.
Martie kyk haar agterna: “Haar potlood en en papier is haar kamera. Sy gaan beslis die kamp area nou rofweg afneem en môre dit op die doek vaslê.”
Klara se: “Oeeeps!” en onder die water induik, laat die ander twee opkyk.

Sy kuif is effe deurmekaar maar die donkerbruin van sy oë in sy kyk, is reguit en sy stem, diep bariton en duidelik en klink na die van ’n omroeper of iets:
“ Dames, my naam is Pieter, is hier apartheid of mag ek en my vriende ook maar kom afspoel?”
Martie laat nie die kans verbyglip nie, klim uit die water, loop hom tegemoet net so, sonder om ’n hand doek om haar bikini-swembroek lyf te gooi en steek haar hand uit:
“ Ek is Martie, daai donker bossiekop in die water is Klare en daai slap een op die sonstoel wat agter haar donker bril wegkruip is Elise en as jy na doeeeer , by die groot Maroela kyk, sien jy vir Ronel.
Vir haar moet jy oppas, sy’t ’n kamera in die vorm van ’n potlood en papier en as jy te lank vir haar kyk, is jy geteken met daai skewe mond van jou en al. Toe, moenie ons dreig nie en loop haal daai skaam seuntjie pelle van jou!”
Pieter wuif ’n “haai” vir Klara in die water en sy waai terug, hy stap na Elise toe waar sy lê en steek sy hand uit; sy lig net haar bril met haar een hand en reageer nie op sy hand-uitsteek nie:
“Ek het gehoor, jou naam is Pieter, die water behoort aan julle ook” en sy skuif haar bril terug op haar neus. Martie ken haar maats en wil net vir Elise se gedrag verskoning maak, toe die ander twee manne, klaar in hulle swembroeke aansluit en Pieter sit sy hand op die naaste een se skouer; hy is so ’n slanke ou met mooi skouers en ’n bos wilde blonde hare:
“Hierdie is Tom, hy is ’n Yank en ons is al drie jaar saam maar hy sukkel nog met die Afrikaans; help om hom te leer asseblief” en hy draai na die maer, seningrige rooikop toe: Hierdie is Rodney, hy is in Engeland gebore maar hy hou van ons klimaat en ons boere meisies, hy is redelik met die Afrikaans – ons drie is navorsers by die WNNR in Pretoria en bly ook vir twaalf dae. “
Pieter mors nie tyd nie en trek sy kortbroek net daar uit en saam- saam duik hulle die water in en Klara swem vlugtend en klim uit, om weg te kom. Sy is versigtig vir hierdie groot manne en sy trek ’n sonstoel teenaan Elise en wys net vir Martie om iets te drinke te loop haal.

Terwyl die manne in die water soos stout seuns baljaar, merk Klara dat Elise nogtans skelm-skelm onderdeur haar donker bril loer en Martie kom met die koeldranke en sonder enige woorde ervaar die meisies dieselfde tinteling van die afwagtende avontuur wat voorlê.
Martie is die ervare een en met haar voorstel, bereik hulle ’n kworum:
“Geen voorkeure nie, geen uitsoek en afpaar nie, bly in die bondel want hierdie is net ’n avontuur en ook net van korte duur.”
Klara en Elise stem saam, oor Ronel is hulle nie gepla nie; sy is koud, op haar eie missie en as vyfde wiel aan die wa, sal dit mooi inpas om die onpaar beginsel in stand te hou.

Tyd vir baie redekawel was daar nie. Oom Jan en sy Gids draai in met die besoekers voertuig en hy roep die groep bymekaar en Martie vra vir Pieter of hy kan fluit - vir Ronel kan fluit om te kom. Pieter is ’n meer galante heer en draai na oom Jan:
“Die een dame is besig op te teken by doerie groot Maroela, mag die Gids haar gaan haal?”
Om Jan praat in sy taal en die gids ry in Ronel se rigting.
“Is julle ingegrawe?” En hy loop van rondawel na Rondawel kyk na binne of alles reg is en roep almal nader wyl hy na die derde rondawel stap en dit oopsluit:
“Hierdie is waardevolle goed en ek sluit dit maar toe vir veiligheid, kom julle manne, daar is die klank toestel en genoeg CD’s met musiek. Dit is die naaste wat julle aan die beskawing kom as julle wil dans.”
Ronel sluit aan en oom Jan wys na die klerehangers:
“Daar is beskerm klere, hoede en opryg stewels; pas aan en help julle self, ek kom haal die sleutel in die oggend en na julle vakansie, los alles in die rondawels, ek stuur dit weg vir skoonmaak.”
En hy wink die gids nader en sit sy hand op sy skouer. Sy Afrikaanse naam is Dawid en oom Jan gee een vel papier vir Pieter.
“Hierdie is die program vir julle 12 dae hier. Dawid is in beheer en julle volg hom net. Julle sal sien daar is 4 dae se nag besigtiging, 4 dae se voetslaan en 4 dae sy ry besigtiging. Julle sal sien dat al die gebeure word afgewissel en die tye is daar. Ek vra net dat julle by die tye sal hou en die program begin om 06.00 môre met die voetslaan. Geniet julle vakansie.”

Dit was die laaste sien van oom Jan en sy manier van dinge doen het die groep sommer laat bind en almal bespreek en praat en is opgewonde terwyl die manne die musiek goeters na die lapa dra en die dames onder die klere insak, uitsoek en rondawel toe neem.
Net voor skemer bring Dawid die aand en oggend se eetgoed en sê hy sien ons om 06.00 in die oggend.

Pieter is die die selfaangestelde leier en orden die dames:
“Die rugsakke is daar en die koshouers en waterbottels, julle moet sorg vir die dag se kos vir môre.”
Martie kom uit met ’n droog: “Ja, Baas” en die blonde Yank bring die yskoue bier uit hulle rondawel en die fees begin.
Ronel is beslis die aantreklikste en Rodney se oë bly wandel oor haar. Die manne roer die vuur en Martie soek die musiek uit en die aand eindig met Peter wat halt roep:
“Ek maak die koffie in die oggend en julle moet lekker slaap.”

Die dames het die voorgenome dissipline gehandhaaf. Sonder om ongeskik te wees, het hulle die aandag aan die mans mooi verdeel alhoewel die mans beslis ander planne bespreek het – uitsoek voorkeure.
Ronel het koud gebly en gedurende die “af” tye net geskilder en net eendag is gesien dat Rodney vir haar ‘n bossie veldblomme pluk wat sy aanvaar het en in ’n houertjie op die tafel gesit het.
Klara kan dit nie verhelp nie, Steven het iets binne hom wat haar raak. Hy het ’n besondere liefde vir plante en bestudeer en fotografeer elke blom, boom en struik en maak aantekening en praat op sy klein band masjientjie van wat hy sien. Hy laat haar vreeslik aan haar pa dink in sy kwekery by die huis.

Een aand was daar ook so ’n stilte en rustigheid en het hulle net gesels en Klara noem dit aan Steven dat haar pa ook ’n liefde vir plante het en vertel hom van die kwekery. Sy was effe teleurgestel want die Yank het haarnet stil en deurdringend aangekyk en sy kon aanvoel dat sy nie sy volle aandag het nie maar hy was duidelik daarna meer maats met haar as dit in die veld by plante kom deur haar vra geduldig te beantwoord.
Steven het homself by die bondel gehou en met elke meisie ewe veel verkeer’
Na die einde van die vakansie was daar beslis koppeling binne die groep. Pieter het vir Elise gekies. Ronel se hardgebak het Rodney se aandag na wilde Martie getrek en Klara kon Steven nie nader trek nie en dit het haar effe gehinder. Steven was beslis iemand om beter te leer ken.

Die laaste aand besluit hulle op ’n heerlike kuier met braaivleis, bier en musiek net vir die onthou. Gedurende die vrolikheid kom hulle nader na mekaar en ruil telefoonnommer en E-pos adresse en beloof om kontak te behou en die dans was beslis veel meer intiem en daar was ’n duidelike hartseer. Hierdie vakansie is beslis ’n weer herhaal vakansie.
Die oppak en ry was ook anders. Die groep ry saam tot op Grunau waar hulle paaie sal uitmekaar gaan maar hulle ry anderste.
Pieter en Elise en Rodney en Martie ry met die manne se voertuig. Klara aanvaar dat Steven net ‘n ware heer wil wees en hy bestuur die Volla met Klara langs hom en Ronel alleen op die agter sitplek. Steven het absoluut neutraal gebly en regtig met sterk belangstelling geluister en gedeel in beide Klara en Ronel se lewens en aktiwiteite.

Op Granau het hulle oornag, in die hotelletjie se kroegie heerlik saam gekuier en die oggend die totsiens uitgerek en uitgerek en met soengroet afgesluit.
Klara is sterk afgeskakel en doen ’n laaste probeerslag om vir Steven effe, net effe, ’n stywer drukkie te gee. Feitlik die heelpad terug bestudeer sy Steven se telefoonnommer en E-posadres wat sy op haar foon gestoor het en Martie terg:
“Klara, los hom, laat hom gaan, hy het heel moontlik iemand anders in die oog en buitendien is afstand ’n groot faktor.”
“Martie, onthou net, Pretoria het ook skole. Ek kan enige plek ’n pos kry.”
Martie snuif deur haar neus:
“En die kwekery en vir jou pa groet?”

Wonde genees, soete herinneringe kom terug. Met die vakansie lank reeds agter die rug en die daaglikse roetine op volle swang en Klara se vroeë besluit dat wat gebeur het verby is en sy moet aangaan met haar lewe, breek ‘n lang na-week aan en Klara se pa vra haar om te kom handgee in die kwekery.
Sy is effe laat en sien haar pa staan met ’n besondere lang man by ’n rak met orgidee. In die verbygaan sien sy die man se netjiese kapsel blonde hare en die pak klere wat hy aan het, laat hom lyk na een of ander verkoopsman.

Klare hou verby om haar sakkie in die kantoor te gaan neersit en haar pa se roep laat haar terugdraai en nader stap. Die lang man draai om en Klara se brein stol effe en sy hoor haar pa se stem vaagweg:
“Klara, dit is Doktor Steven McClaire . Hy is ‘n Botanikus en ons twee gesels al lank oor die foon. Hy wil inkoop in die kwekery en ons moet uitbrei. Hy het wonderlike voorstelle en . . .”
Klara hoor nie verder want sy sien net die terg trek om Steven se mond en hy steek sy arms uit:
“Ek het regtig verlang Klara .”
Steven trek haar slap gewillige lyf nader en soengroet haar tot uiterste verbasing van Pa:
“Ken . . ken julle mekaar?”

Willie F v an Tonder
2013/03/24
N/S.
Pieter en Elize is gelukkig getroud en woon in Pretoria
Rodney en Ronel het ook by mekaar uitgekom
Martie bly net wilde Martie.
Nog ‘n naskrif:
Ek het die ander dag daar verby en die smile op jou gesig gesien.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Dis nou regtig 'n mooi verhaal, regtig goed vertel!
6 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 20 ure oud


Vakansie romanse
Kyk...nou het ek myself gate uit geniet. Ek wil net dit sê....Hierdie storie is heeltemal waar...al die feite is net verander...haha....dankie Sneeuwolf
6 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    beloftes

    deur daniel v kaylan

    'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar