Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Hierdie is `n ware verhaal ,vir almal wat vir die liefde val ...

Wanneer jy begin belangstel in iemand, wanneer jy weet dat jy regtig van hom hou, dat dit die een is met wie jy jou tyd wil spandeer, die enigste een wat jy wil versorg, die enigste een saam wie jy die res van jou lewe wil bly …. Dan is dit gedurende hierdie tyd wanneer "feetjies" rondom jou gebore word.

Dit is onmiskenbaar dat hulle werklike feetjies is wat rondom jou vlieg, daai persoonlikheid wat glimlag, daai soet oë, en elke woord uit die mond van iemand waarvoor jy so lank voor gewag het. Elke dag wanneer ons ontmoet en elke keer wanneer ons praat, voel dit vir my of my lewe perfek is. Jy laat my glimlag, jy deel al jou stories met my, ons voel warm en ons het mekaar, en dit was nog altyd genoeg vir my .......

Dag tot dag en nag deur nag .... Maand vir maand totdat ons 100% seker is oor ons liefde vir mekaar. Ons hou ons hande so styf, soen so sag en het gesê: "Ek is lief vir jou" Ek wil hierdie spesiale oomblik stop totdat my liggaam uit die wêreld breek...... en toe ek my oë toemaak sien ek 'n duisend van ons feetjies rondom ons dans.

Al was daar baie mense rondom my, dit kon nie my liefde, wat ek aan jou gegee het verander nie, en niemand kon jou ruimte neem of my verander nie. My feetjies het altyd ons liefde beskerm.

Elke dag het ons nuwe klein feetjies gemaak. Tot op 'n dag die huis vol van ons feetjies was. Hulle het almal `n naam gehad: "Glo" "Liefde" "Hou" "Druk" "Verewig" "Saam" "Sorg" "Glimlag" "Ons" "Vergewe" "Aanvaar" "Trou" "Lag" "Eerlikheid" "Belofte" en nog vele meer. Hulle volg ons oral waar ons gaan en help ons in alles wat ons doen. Ons bly saam en is nou 'n groot familie ..... Ons het hard geveg om saam te bly. Ons het so hard probeer om naby aan mekaar te wees, want ons kon nie ver van mekaar af leef nie ...."Kom bly asseblief by my, laat ek jou beskerm met my hele hart."

Maar dit was asof die hemel met ons gekskeer. Met tyd het ons vergeet om ons feetjies te versorg en vele redes het tussen ons gekom. Te besig met werk en ons vriende om vir ons familie te sorg. Nou lyk dit asof ons so ver van mekaar af is... Hoekom kyk ons nou so anders na mekaar? ... Waar is die een op wie ek verlief geraak het? Waar is jy? Wie gaan vir ons feetjies sorg? ....... Ek mis jou.

Baie vrae hardloop deur my kop, baie stories wat ek wil vertel, baie plekke waarheen ek jou wil vat, maar waar is jy? Ek sien jou hier langs my, jy glimlag vir my, maar hoekom sien ek nie die feetjies nie? My hart wil aan jou raak, maar hoekom het my hande nie genoeg krag om dit te doen nie, en toe ek terug kyk, sien ek ons feetjies sterf, een vir een elke dag ..........

"Wat kan ek doen, wat moet ek doen, hoe kan ek jou help? My feetjies asseblief ... asseblief wees sterk ... asseblief wag vir my, ek gaan jou weer gesond maak, ons kan nie sonder julle bly nie.

"Wat is verkeerd met jou is jy alright?" Jou vrae tref hard in my hart "Ja!! Ek is alright, ek dink net, dit lyk dit asof ons so ver van mekaar af is. Niks is meer dieselfde soos tevore nie, ek mis jou ... Ek mis jou werklik, my hande bewe, my oë is bloed rooi. Ek weet nie hoe om dit aan jou te verduidelik nie ...."

"Hey!! Ek is hier, kan jy my nie sien nie? Niks het gebeur nie, ek het jou lief "......

"Ek het jou ook lief !!" Ek het dit gesê, maar hoekom diep in my hart kan ek nie ten volle dieselfde voel nie. Miskien omdat ons mekaar elke dag sien, of dalk ken ons mekaar net meer en meer ... voel jy regtig dieselfde soos toe ons eers verlief geraak het? Kan jy nie sien ons feetjies is hartseer nie? ... Maar die is net vrae wat ek diep in my hart hou ......"

Hoe kan `n verhouding bestaan sonder ons feetjies? Wat gaan gebeur as al ons feetjies sterf? Ek wil nie hê dit moet gebeur nie, ek wil veg vir ons ...... Tyd kan ons nie verander nie ..... verveeldheid kan ons nie breek nie, solank ons feetjies hier is!!!

"Staan sterk feetjies staan asseblief sterk ... Ek sal my beste doen om julle lewens te red, asseblief bly verewig saam met ons ... ... feetjies moet asseblief nie sterf nie ... moet asseblief nie sterf nie!!!"

*** Feetjies is die gevoel wanneer jy verlief is. Hulle maak jou wêreld pienk. Hulle maak jou lewe vol. Al die tyd wanneer jy naby aan "ware liefde" is, vlieg daar baie feetjies rondom jou ... moet asseblief nie vergeet om vir hulle te sorg nie, en hulle sal jou help om vir jou liefde te sorg, verewig ***


Tinkie het Henry lief, en ek mis jou …… 3-12-2014 2.18 pm.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

feetjies
ag dis nou sommer pragtig... ja so moet ons die liefde elke sekonde koester en dra anders gaan ons feetjies rerig dood... n huwelik is opoffer en harde werk van al2 kante af.... ek se mos altyd dit is glad nie soos in die "movies" nie... maar gelukkig lewe ons feetjies nog na 31 jaar!
4 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 13 ure oud


.
I do believe in faries. I do. I do.

Dis hoe Peter Pan vir Tink gered het.
Onthou?
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 5 ure oud


Kommentaar
"Om lief te wees vir iemand, beteken om iets vir iemand te gee wat dit nie verdien nie." (Jacques Lacan)

4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 10 ure oud



Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar