Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Minta loop suutjies tot by die groot groen deur. Vandag gaan sy Oupa se geheim ontrafel. Vir so lank het sy gewonder wat hy agter die deur wegsteek en hoekom hy so graag vir ure lank wegglip en eers laataand gaan slaap.

Haar hartjie bons vining toe sy die groot geel sleutel in die slot steek. Sy kyk vinnig heen en weer en dan draai sy die slot. Haar klein handies sukkel en haar asempie jaag. Sy knyp die sleutel stewiger vas, maar niks… die sleutel wil net nie draai nie.

Minta haal die sleutel uit die slot. Loer deur die gat en wat sal sy sien…?

“Niks! Net mooi niks! Die gat is donker, ek kan sowaar nie die deur oopsluit nie!”

Sy draai haar rug teen die deur en sak af tot op die vloer.

“Vandag gaan ek vir Oupa wag totdat hy huis toe kom. Hy moet vir my wys wat hy agter die groen deur wegsteek.”

Sy sit vir ‘n rukkie, met haar oȅ toe en haar koppie agteroor teen die deur… Skielik hoor sy voestappe. Ja, sy hoor Ouma en Oupa se stemme ook. Sy hou die trappe dop en met elke trap wat kraak, kyk sy effens onseker op, om te sien wie van die twee eerste hul verskyning gaan maak.

“Hulle mag nie die sleutel by my kry nie” dink sy en steek die sleutel vining in haar kous.

Net toe sy dink sy sien Oupa se kop by die trappe, toe gebeur die snaakste ding.

‘n Lang groen hand gryp haar en soos blits glip Minta deur die deurslot. Sy staan skielik aan die anderkant van die groen deur en wat ‘n verrassing? Hier staan sy voor hierdie enorme groot kas. Daar is plante, blomme, gieters en selfs ‘n room kleurige asblik.

“Wow? Wat het ons hier?” Fluister Minta.

Maar iets voel snaaks.

“Ek het gekrimp en… en ek het net my frokkie en broekie aaan! Help! Heeelp!” skreeu sy.

Sy hardloop na die eerste groot groen blaar en hou dit skuins oor haar lyfie. Sy sien ‘n stukkie watte en wol en voor jy kon “mes” sȇ, lyk sy soos ‘n …

“Ha-Ha! Nog ‘n Trol!. Ons gaan jou vang, jou afskil en opeet!”

“Ja, jou opeet. Ek kan nie wag nie.”

“Wie is julle en hoekom wil julle my opeet?” vra Minta benoud. Soekend na die stemme wat met haar praat.

“Ons is die groot plante wat insekte en goggas …”

“… en trolle opeet!”, praat die plante so deurmekaar.

Minta kyk benoud rond, maar sy sien nie die groot plante wat met haar praat nie, Sy sien net die klein potplante en bakkies wat oral rondstaan; totdat sy omdraai en hier; teen haar neus is ‘n groot groen kop met skeel ogies en groooot wittande en slym wat uit sy mond kwyl en … en …

“Nee! Iemand help my!”

Nog ‘n groen kop kom nader en sis saggies, “Hier is niemand om jou te help nie. Jy is die enigste Trol hier.”

“Ek is nie ‘n Trol nie. Ek is ‘n mens”

Die koppe kyk na mekaar en hulle oȅ word op skrefies getrek, Hulle praat stadig, asof hulle elke word sing.

“’n Mens? Wat is ‘n mens? Ons ken nie mense nie.”

Hulle draai so gelyk terug na Minta en sy ruik hulle groen asems.

“Julle moet my Oupa ken”, sȇ sy hoopvol.

“Oupa? Wat se ding is ‘n Oupa?” ril die een groen plant hier voor Minta.

“ My Oupa is ‘n groot, lang man met grys hare en ‘n bril op sy neus.”

“Mmmm. ‘n Groot, lang man met grys hare? ONS KEN NIE SO IEMAND NIE!!!” skreeu die twee koppe gelyktydig.

Minta skrik so groot dat sy agteruit beweeg en skielik voel sy ‘n skerp ding in haar hand. Sy loer oor haar skouer en besef dat sy ‘n skerp potlood raakgevat het. Sy bring dit te voorskyn en hou dit soos ‘n spies voor haar.

“Ag siestog. Die Trol wil ons seermaak. Jy sal dit nie regkry nie, Trol”, smeul die een kop.

Minta hou albei koppe met skerp ogies dop.

“Ek sal vir Oupa roep en as hy julle sien, sal hy julle vinnig van julle ontslae raak.”

“Wat? Dis onmoontlik hy kan ons niks doen nie. Wȇ-wȇ!”, koggel hulle haar.

“Ons ken nie ‘n Oupa nie, maar ons ken vir Herman die reus. Ons sal vir hom luister en as hy sȇ dat ons jou kan opeet dan sal ons.”

Minta staan nou gereed vir enige gebeurtelikheid, “Reg. Roep Hom!”

Die plante blaas hul kiewe op, en dan roep hulle hard. Dit klink soos ‘n blaas orkes en Minta moet haar ore toedruk van die geraas.

Skielik gaan die groen deur oop en voor haar staan…!

“Minta? Kom, word nou wakker, skat. Jy het voor ons groen deur aan die slaap geraak.”

Minta kyk op en sien hoe Ouma en Oupa vir haar kyk. Oupa buk af en tel haar van die vloer af op.

“Kom, ek gaan sit jou op jou bedjie neer, dan kan jy rustig voort slaap.”

“Het ek regtig gedroom?” wonder sy terwyl Oupa haar met die trappe afdra na haar kamer.

Dan voel sy die potloot in haar hand en sy kom agter dat die sleutel nie meer in haar kous versteek is nie.

“Oupa?”

“Ja, Minta?”

“Wat steek Oupa agter die groot groen deur weg?”

“Oupa steek niks weg nie. Dis maar net my werkskamer.”

“Oupa, wat is ‘n werkskamer?”

“Dis ‘n plek waar ek met plante werk.”

“Leer Oupa hulle om Trolle te vang en op te eet?”

“Trolle? Daar is nie so iets soos Trolle nie. Toe, maak nou jou ogies toe en slaap lekker.”

Oupa verlaat haar kamer en stap na die groot groen deur. Hy haal die geel sleutel uit sy sak en gaan in.

“Ai, so amper het my geheim uitgekom.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

3
Wat 'n lekker verbeelding-op-loop-sit verhaal het foto3 by jou laat ontstaan. Pragtig!
5 jaar 3 weke 3 dae 20 ure oud


minta
Stem saam met Arnold. daar moet n opvolg wees
5 jaar 3 weke 4 dae 4 ure oud


Foto 3 Minta en die geheime deur (Kinderstorie 6-8 jariges)

Hierdie is 'n opvolg werd, wat is oupa se geheim?
5 jaar 3 weke 4 dae 9 ure oud



Sonstraalbeloftes

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Digbundel. Grootliks in Afrikaans, maar bevat ook vyf van my gedigte wat ek in Engels vertaal het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar