Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Foto op ‘n kas
Kleintyd het ek agterkom as mense doodgaan word hulle ‘n ‘foto op ‘n kas’. Myself toe al voorgeneem geen van my mense in die dode gaan ooit op ‘n kas sit en vir my kyk nie, nooit. Nee, hulle sou vir my kyk as ek verbyloop, wat ek ookal doen, sou die oë my volg, het ek geglo.
Vandag dink ek met ‘n glimlag terug aan daardie kleintyd “vrees”. Ek weet nou dat ons almal eendag ‘n foto op ‘n kas gaan word. My ma is nou een. Sy is ‘n foto in my kort gangetjie, op haar eie wit kassie, onder haar eie spieel, en sy kyk vir my.
Dis nie ‘n grillerige of slegte kyk nie, dis ‘n goeie een, ek hou van daai kyk. Ek verstaan nou beter. Nou kan ek nie haar oë, of haar glimlag vergeet nie. Die herinnering wat ‘n foto bring is so eg, ek hoor sommer haar stem ook. Uiteindelik weet en verstaan ek die doel van die foto op ‘n kas. Ek is ook nou ‘ok’ daarmee om eendag een te word …’n foto op ‘n kas…
Gedink ek sal my oë toemaak as die kleinkinders verbyloop, net tot hulle verstand kry en weet ek kyk vir hulle met ‘n “mooi kyk”.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Foto
Ja ek gee ook nie om as ek 'n foto op 'n kas of muur word nie. Maar voor dan, wil ek hulle BAIE dinge gee om te onthou wanneer hulle na daai foto kyk.
Ek het hierdie gedagtes van jou geniet.
Dalk kan jy ook iets oor ons nuwe Vandag in Woorde tema wat in die nuwe nuusbrief van later bekend gemaak word, skryf.
4 jaar 11 maande 3 weke 11 ure oud


Ano
Foto
Ek kan waarlik nie help om hieroor te glimlag nie, want dis tog so waar. Maar gister se fotos word vandag se herinneringe :-)
4 jaar 11 maande 3 weke 14 ure oud



Ontdek die Siel in my

deur helna

Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar