Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Seker my Ma se liefde vir klippe dat planeetaarde se korssamestelling my ook so fassineer. Maar laat ek myself net eers bekendstel. My naam is DeWet, afstammeling van die geliefde boeregeneraal, opperste patriot en tweede jaar geologiese student.

My praktiese huiswerk vir die Julie-vakansie is monsters van sediment-samestellings, en waar nou 'n beter plek om dit te versamel as op my Pa-hulle se be-oogde aftreeplasie naby Letsitele. Op die plasie wat slegs vyf kilometer van die Eiland vakansie-oord gelee is, is sitrus en mangoboorde en twee klein kamphuisies. Pa-hulle wat in Pietersburg werksaam is, besoek hul klein paradys bykans elke naweek.

Tydens die vloed van 2002 het die sandloop wat deur ons grond loop en die Sabierivier voed, sy walle byna 'n kilometer ver oorstroom. Die watermassa het ons gronddam se wal gebreek en 'n tweede donga agter die oorspronklike dam uitgekalwer wat rotsformasies blootgele het na enige geoloog se hart. Die gebande gneis is 'n beladingsmetamorfose wat uit graniet gevorm is. Tussen die verbrokkelde kwarts het ek goudstof afsetsels ontdek. Ook op die sandloop se bodem, wat nou rustig vloei, glinster klein brokkies spoelgoud in die sonlig op die water.

Ek het 'n monster na my Prof geneem wat bevestig het dat dit fyngoud is. Hy het 'n ou geologiese kaart te voorskyn gehaal en toe ek aanstip waar ons grondjie gelee is was ek verbaas om te sien dat die grond se oorspronklike naam "Goudplaatz" was. Met 'n frons tussen sy digte wenkbroue het Prof gevra of daar nie iewers op die plaas 'n ou skag of uitgrawings is nie. "Nee, nie na my beste wete nie", het ek geantwoord." Ek het die plaas al van lyndraad na lyndraad en van rots na rots deurstap en elke formasie bekyk".

En nou is ons hier vir die Julie vankansie. Dit is nou ek, my broer Basjan en Debora. Basjan is matriekleerling, hoofseun en Victor Lidorom van Pietersburg Hoer. Debora is in graad 11, prefek, voorste akademiese pryswenner en 'n voorbeeldige pastoriedogter. Debora, my Debora, ons Debora. Basjan en ek weet albei waar ons harte le, maar dit is Debora wat nie kan kies nie. En met my weg op universiteit het my gewilde broer natuurlik 'n groot voorsprong. Maar tog, Debora besit 'n diepte wat ver bo die van my broer, wat boer is in murg en been, uitstyg.

Die dae luier verby. Smorens, as dit nog koel is, sien my broer om na die spuitprogram van die boorde. Dan neem Debora haar digbundel en ek my prospekteerhamer en vaar ons met 'n skaterlag op die driewiel, die bosse in. Terwyl ek prospekteer sit sy onder die koelte van 'n Appelblaar of Mopanie haar verse en lees. Het ek my verbeel of was daar 'n sagte vertedering in haar oe toe ek dit onverhoeds op my swetende lyf betrap? Smiddae, die temperatuur kan styg tot 45grade, pak ons 'n piekniekmandjie en kuier ons tot laat by die Eiland. Debora in haar swembroek, Wat kan ek se. Eers meet ek en broer haar lyf met ons oe, en dan meet ons mekaar.

Maar terug by die eintlike doel van my verhaal. Vanoggend toe ek buurman Naas, by die lyndraad raakloop, vertel hy my dat ons grondjie oorspronklik aan die kerk behoort het. Met die terugstap loop ek verby die ou vervalle ruine wat op sy tyd 'n hut moes wees. Ek loop oor die sementblad daar neffens en glimlag oor ma se bespiegeling dat dit 'n graf van 'n swart indoena is wat so deeglik deur die vorige eienaar toegemaak is om enige grondgryp eis te voorkom. Skielik dink ek weer aan Prof se vraag of hier nie dalk iewers 'n ou skag is nie? Ek draai in my spore om en gaan spring op die blad. Dit klink hol. Se nou hier is 'n skag onder die sementblad? Die blad is groter as 'n normale graf. Nou ken my nuuskierigheid geen perke nie en begin 'n plan in my kop vorm aanneem. Terug by die kamphuis gaan koop ek sement by die kooperasie op Letsitele, om weer mee toe te maak.

Die nag, en elke nag daarna spring ons drie met die grootste geheimhouding in die lig van 'n lantern aan die werk. Uiteindelik is die sementblad opgebreek en lig ons met groot inspanning die verweerde sleepers wat oor die gat geplaas is, op. Dit is defnitief nie 'n mynskag nie. Dan seker maar regtig 'n graf van een of ander gevalle indoena. Ek lig met die flits. Die gat is baie dieper as wat ek verwag het en jou waarlik daar hang 'n touleer teen die wand. Debora ril hierlangs my. Se nou net daar le 'n hele paar kopbene daaronder? Hoo-ooo-ooo! spook Basjan in die maanlig. "Die wat dit waag om die voorvadergeeste te steur sal vannag nog boet".

Baie versigtig klim ek eerste af. Dan volg Debora en laaste Basjan. Na wat vir my voel soos 'n ewigheid bereik ek uiteindelik die einde van die vier meter leer. Versigtig-bang vir inval trap ek eers net liggies met een voet. Dit voel soos metaal. Dan trap ek ook met die ander voet. Die oppervlakte voel stewig en veilig. Ek help vir Debora af en toe staan ons aldrie op 'n metaalgedoente. Ek lig voor my en sien dat die kis waarop ons staan omtrent 'n meter hoog en twee meter lank is. Voor die kis is daar 'n gangspasie. Ek klim weer versigtig af. Dit voel veilig en beduie ek vir die ander twee om ook af te klim.

Met my sakdoek vee ek die dik laag stof van die kis af. "Lig hier, hier staan iets geskryf", se Debora. Saam lees ons die drie groot letters: "Z A R". "Natuurlik" se ek, "dit staan vir Zuid Afrikaanse Republiek". "Wow!" se Basjan. 'Ek voel dit aan my bas, hierdie is 'n geskiedkundige oomblik. Ons staan hier voor iets groots". "Help my om die swaar deksel op te lig", se ek vir die ander twee. Debora val byna flou in die kis in: "Dit is goue munstukke!" Ek lig op die munt in haar hand. Die kop van Paul Kruger. "Wil jy nou meer. Ons het die lang verlore goue Krugerponde ontdek". Alles maak skielik sin. Die grond wat aan die kerk behoort by name van "Goudplaats". Ons skep hande vol muntstukke en luister na die klank daarvan as dit terugval. En ons lag, ons lag soos wat ons nog nooit tevore in ons lewe gelag het nie. En dan raak ek ernstig. "Niemand mag hiervan weet nie. Ons gaan by die huis indaba hou".

Die indaba duur tot die vroee oggend ure. Uiteindelik kom ons met eedswering tot 'n vergelyk. Die geheim mag nie verklap word nie. Nie met die huidige Regering aan bewind nie. Die goud behoort aan die boerevolk. Op die regte tyd, wanneer ons volk weer hul vryheid herwin het sal ons die goud in die nuwe ZAR se staatskas stort. Dit sal die land weer opbou en veral werk verskaf vir die duisende verarmde werklose wit Afrikaners.

Die volgende paar nagte het ons die sleepers terug geplaas en die gat weer netjies toe gesement. Toe het ons droe blare en grond daaroor gestrooi. Niemand sou eers kan raai dat daar wel 'n gat is nie.

Terug by die kampus het ek my dadelik verkiesbaar gestel om op die Universiteits Raad my volk se belange te verteenwoordig. En Debora? Daardie wonderlike maanlig nag het sy toe uiteindelik gekies. Of dit my ontdekking was, of my wakker bruin oe wat die deurslag gegee het, weet ek nie. Maar wat ek wel weet is dat my hart wil bars van liefde. Kan nie wag dat Debora oor 'n jaar by dieselfde Universiteit as ek kom studeer nie.

En Basjan. Oom Naas het toe geskakel en gevra of sy Annamart maar die dag saam met ons Eiland toe kan gaan. Annamart, ook in matriek, is 'n beeldskone bruingebrande boerenooi wat haar pa se trekker ry. Met die eerste kyk het sy alrreeds Basjan se hart laat smelt. Ek is so bly dat sy Debora uitgesit het. Terwyl ek en Debora hier onder die Appelblaar langs die stil stroom le en droom, gallop Basjan hulle nou net verby op Annamart se vurige ryperd.

"My kop staan al hoe meer politiek toe", se ek vir Debora terwyl ek haar bolip met 'n grassie kielie. Dink jy nie ook, dat 'n voorbeeldige pastoriedogter die ideale presidentsvrou van die nuwe ZAR sal maak nie?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Goudplaatz
Lekker gelees dankie.
6 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 16 ure oud



Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar