Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Galg toe met hom!” Snou die skare die regter toe.

“Ja, wat maak hy nog in ons gemeenskap?”

“Dis belaglik, om te dink dat een persoon ‘n moord pleeg en wegkom daarmee!”

“Galg toe! Galg toe!” Dreun die gepeupel saam.

Die skare se oorverdowende geraas dwing die regter om haar hand op te lig en stelselmatig word dit stiller.

“Mense, dis ‘n baie uitsonderlike saak die.”

Sy draai haar effens skuins en kyk die beskuldige vierkantig in die oȅ.

“Beskuldige X, ek is die regter in hierdie saak en ek sal baie graag geregtigheid wil laat geskied. Die mensdom soek jou dood; veral noudat u skuldig gepleit het. Ek moet egter die verdedigingsbeampte Advokaat Mooipraat kans gee om ook u kant van die storie te verklaar.”

Beskuldige X voel hoe duisense oȅ hom deurboor. Sy hande sweet; voel hoe die rooi angsgloed deur sy gesig trek en sy hande bewe. Hy wens hy kon weghardloop. Wegkom van die lawaai, die koerante, die publiek en die regter. Sy voete voel so swaar soos lood. Hy haar diep asem.

Die regter het nog nie eenkeer haar oȅ van beskuldigde X, af weggeneem nie. Dis asof sy ‘n x-straal deur hom gooi en elke aar of bloedbuis deursoek as getuienis teen hom.

“Beskuldige X, ek gaan ‘n buitengewone ding doen…”

Sy kyk na die dokumente voor haar en blaai tydsaam daardeur.

“… Ek gee die verdediging “Advokaat Mooipraat” en die aanklaer “Advokaat Slagter”, net een uur elk om hul saak te stel.”

Die gepeupel rumoer.

“Dis nie nodig nie; hy is skuldig”

“Hang hom! Hang hom sommer nou!”

Die regter lig weer haar hand op en sy dwing onmiddelik weer respek af. Dit word doodstil voordat sy weer praat.

“Meneer X, u het bevestig dat u wel verantwoordelik is vir die dood van Mejuffrou Sonskyn op die aand van 28 Februarie 2013, maar dat u haar nie met voorbedagte rade geskiet het nie. Sy was u vriendin en, volgens u, was u baie lief vir haar. Sy het van tyd tot tyd aan’t huis oorgeslaap?

“Dis reg, u Edele” beaam die skuldige.

Die regter wys vir Advokaat Mooipraat om op te staan.

“Advokaat u mag nou voortgaan met verdediging.”

Advokaat Mooipraat staan tydsaam op. trek sy toga reg. Hy tel die notalys op; trek sy bril tot laag op sy neus; kyk na die beskuldigde en dan na die regter.

“U edel-agbare, die beskuldige, Meneer X is soos ‘n gewone man op straat. Sy kinderjare was nie maklik nie; hy was gedurigdeur met verkeerde vriende deurmekaar. Ongeag sy verlede, het hy verlief geraak op hierdie pragtige dame. Iemand wat sommer met een oomblik tot diep in jou hart ingeklim het. Haar glimlag en kalmte het mense in vervoering gebring. Selfs hierdie man, wat net tyd en plek vir homself gehad het, het sy hart verloor op Mejuffrou Sonskyn. Op die oog af, het hulle tog redelik gelukkig gelyk.“

Hy bly vir ‘n oomblik stil; plaas die notas weer op die tafel voor hom.

“Beskuldigde X is ‘n bekende fotograaf, in ons kringe. Ons lees van hom, sien hom op televisie en mense is geȉnspireerd deur sy bekendheid.en die hoogtes wat hy in die afgelope jare bereik het. Ek dink… Nee, ek weet dat die skare hier binne in die hofsaal en die mense wat die hofverrigtinge op televisie dophou, met veroordeling na beskuldigde X kyk, omdat Juffrou Sonskyn ook ‘n bekende en beminde was.”

Advokaat Mooipraat wys na die beskuldigde, “ Kyk na hom!”

Hy wag vir die inpak van sy woorde.

“Dis ‘n gebroke man wat daar sit. Trane loop vrylik oor sy wange. Hy weerhou hom van drank en kwaadwilligheid. Dis ‘n diepbedroefde man daardie.”

Almal se oȅ is vasgenael op die beskuldigde. Ja, sowaar! Daar loop ‘n traan en mense snak na hul asems.

“Edel-agbare. Hierdie man se berou is so opreg. Hy is bereid om alles op te offer, om net weer met sy lewe te kan voortgaan. Beskuldigde X kan gerehabiliteer word. Die doodstraf is so finaal. Moet ons werklik dood met dood vergeld? Maak dit nie dat ons, wat die beskuldigde tot dood veroordeel, ook skuldig word aan moord nie?”

Die regter is oombliklik op haar pos.

“Advokaat Mooipraat, u sal nie sulke kommentaar in my hof lewer nie. U uur is verstreke. Sluit af, asseblief!”

Advokaat Mooipraat druk met sy duim en voorvingers op die tafelblad en leuen effe vooroor.

“Ek is klaar , u edele.”

Die hofverrigtinge word verdaag vir tien minute…
... word vervolg



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Galg
Ek bly net hier op my plek sit, ek gaan nie uit vir die verdaging nie. Ek wil weet wat gaan gebeur!
4 jaar 11 maande 1 dag 5 ure oud


galg toe
Hierdie is nou n fyn ny storie maar uitstekend gedoen. laat my dink aan die cowboy dae toe perdediewe sommer in die veld verhoor, gevonnis en opgehang is. hulle is mos sommer op n perd sitgemaak met n tou om die nek. as die regter sê skuldig is die perd n klap op die boud gegee en daar gaan hy, minus die man op sy rug
4 jaar 11 maande 3 dae 13 ure oud


Galg toe met kom. Deel 1
Dis nou sowaar baie interessant en dis asof ek daar is en als beleef, oe kan nie wag vir deel 2. Somer o in die begin boei jy my.
4 jaar 11 maande 3 dae 18 ure oud


.
Onthou asb die leesversoeke ne, dat ek kan volg.

Ek wonder waar jou inspirasie hieraan vandaan gekom het? (lag)

Jy skryf baie bindend.
Ek hou van die prentjie.
4 jaar 11 maande 4 dae 6 ure oud



As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar