Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek gaan die hof verdaag vir dertig minute. Sy staan op en stap uit.

Toe die verrigtinge hervat, het ‘n lang skraal figuur ongesiens ingesluip en agter in die hoek gaan sit. Sy hoof is gebuig en dit lyk asof hy bid.

“Staan! Regter Weegskaal hervat die verrigtinge.”

Regter Weegskaal neem haar plek in en wag totdat almal weer tot ruste kom.

"Eerstens wil ek almal bedank wat hier teenwoordig was en my gesag tot dusver, nie ondermyn het nie."

Dit voel asof sy nie kan asem kry nie. Sy maak haar oȅ vir ‘n oomblik toe. Skraap moed bymekaar en gaan voort.

“Vandag sal weereens ‘n merk in ons samelewing los. Vir die eerste keer in baie jare, word die doodstraf weer inwerking gestel.”


“Dis reg! Hy moet hang!”

“Dit moes lankal gebeur het!”

Soos een man staan die gehoor op en skree saam, “Doodstraf… doodstraf!...doodstraf”

Sy wag dat almal tot bedaring moet kom.

Die lang skraal figuur wat in stilte gesit het, het intussen opgestaan en deur die mense gevleg tot by Advokaat Mooipraat. Vinnig wissel daar ‘n paar woorde. Advokaat Mooipraat skud sy kop hewig en beduie na die regter se kant. Sy sien wat aangaan en dwing die skare tot stilte.

“Dis genoeg! Ek is nog nie klaar nie. Laat my toe …”

Die skare word stil en neem weereens hul sitplekke in.

“Advokaat Mooipraat, wil u iets byvoeg voordat ek verder aangaan?”

Hy kyk na die regter en dan na die persoon langs hom.

“U Edele. Ek het hier by my, die Vader van Juffrou Sonskyn. Hy wil graag iets sȇ.”

Sy wys met haar hand na die man om deur te gaan na die verhoorhokkie.

“Meld asseblief u volle name en verwantskap, vir ons rekords.

Die lang man neem sy plek in.

“Ek is Liefde Sonskyn. Vader van Stella Sonskyn.”

Skielik snak mense na hul asem en alle oȅ is nou op hom gevestig.

Regter Weegskaal vra direk, “Meneer Sonskyn, wat wil u die hof meedeel?”

Hy lig sy kop op en kyk na die gehoor. Almal mense wat wraakgierige gedagtes kweek. Mense wat kon vuur spoeg, as dit moontlik was. Dan kyk hy na die regter en hy sien verwardheid en onsekerheid.

“U Edele, ek wil in beskuldigde X se plek galg toe gaan.”

Die regsbank en die gehoor is woordeloos. Dit neem ‘n oomblik vir die regter om tot verhaal te kom.

“Ekskuus? Kan u dit herhaal?”

Liefde Sonskyn aarsel nie een oomblik nie. Hy kyk vas in die donkerbruin oȅ van die regter.

“Ek wil in die beskuldigde Meneer X, se plek galg toe gaan.”

Die regter is verbaas.

“U is nie die veroordeelde nie, Meneer Sonskyn. Waarom sou u so ‘n besluit wou neem?”

Liefde Sonskyn haal diep asem, dan verduidelik hy met ‘n helder stem.

“U sien UEedele; ek was nie altyd Liefde Sonskyn nie. Ek het ‘n donkerkant gehad. My lewe was woes en onverantwoordelik. Om die waarheid te sȇ; my naam was “Vuil Gemors” en was selfs al in die tronk vir moord. Op ‘n dag, het ‘n man my pad langs gekom en hy het my gehelp om my hele lewe om te draai.

Sy woorde was, “Eendag moet jy ook iets goeds vir iemand anders doen. Soms moet mens deur die vuur stap vir daardie persoon en as jy werklik omgee, dan sal jy selfs sterf vir hom of haar.” Ek het daardie dag ‘n eed geneem om te verander en het my naam toe laat verander na Liefde Sonskyn. Sedert daardie dag, het ek alles in my vermoeȅ gedoen om ander mense te help en te vergewe.”

Regter Weegskaal hou hom fyn dop.

“Meneer Sonskyn, wil u heermee tekenne gee dat u Meneer X se moord op u dogter vergewe?”

Die gehoor is doodstil.

“Ek vergewe Meneer X vir die daad wat hy gepleeg het.”

Die mense staan uit die gehoor op. Sommiges maak aanmerkings en verslaggewers skryf met bewende hande, om elke sin en emosie vas te vang.

“Stilte in die hof! Stilte! Stilte in die hof!”

Regter Weegskaal draai na Meneer X.

“Meneer X, Wat dink u van Meneer Sonskyn se voorstel?”

Meneer X kan die trane nie keer nie.

“E…ek h…het altyd ge…geweet dat Meneer Sonskyn ‘n besonderse man is.”

Hy kyk na Liefde Sonskyn.

“Meneer Sonskyn, ek is bitter jammer oor u dogter. Baie jammer… Ek verkies om self vir my daad te boet en is bereid om galg toe te gaan. Ek het immers haar dood veroorsaak, as gevolg van my humeur en jaloesie.”

Die regter tree tussenbeide.

“Dis nie vir een van u om te besluit wie galg toe gaan nie, maar dis my besluit. As ek regverdigheid wou laat geskied, dan sou Meneer X vanaand al galg toe gegaan het, maar omdat ek kan sien dat Meneer Liefde Sonskyn se hart opreg is en dat die besluit net ‘n positiewe omwenteling in Meneer X se lewe kan te weeg bring; gaan ek toelaat dat Meneer Liefde Sonskyn in Meneer X se plek gehang sal word.”

Die skare skreeu en raas. Hulle probeer om na vore te beur, maar die regter is gereed vir hulle.

“Indien enigeen binne die afsperring deurdring, sal daardie persoon ook vanaand galg toe gaan!”

Liefde Sonskyn kyk met trane in sy oȅ na haar.

“Dankie U Edele. Ek wil net nog ‘n versoek rig.”

Die regter wys dat hy mag voortgaan.

“Sodra ek dood verklaar is, moet Meneer X se naam verander word na “Vergifnis Ontvang.”

Regter Weegskaal skud haar kop.

“Meneer X, ek glo u nuwe naam sal u twee keer laat dink, voordat u weer ‘n moord sal pleeg."

Sy neem al die dokumente in haar hande; plaas dit dan in 'n mooi stapeltjie op die hoek van die regsbank. Haar oe soek na 'n gat in die muur, wat nie bestaan nie. Haar stem is hard en koud.

"Wagte, neem Meneer Liefde Sonskyn na die galg!”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

...
Sjoe, mooi geskryf.
Sterk boodskap deur gegee.
4 jaar 10 maande 1 week 2 dae 2 ure oud


Slot
Alla wereld wat n oorspronklike storie met 'n onverwagse wending!
Heeeerlik gelees en sit nou met gedagtes.
4 jaar 10 maande 1 week 3 dae 3 ure oud


galg
moekie as daar Oscars toegeken qas op Woes het ek vir hierdie Oscar wenner van jou gestem
4 jaar 10 maande 1 week 6 dae 13 ure oud


Galg toe met hom!
Hierdie storie is geskryf a.g.v. die Oscar saak.

Baie mense sou 'n swaarder straf wou he; en as die doodstraf inwerking was, sou dit sy voorland wees?

My vraag was: Wat sou Jesus doen?

Baie dankie aan almal wat die storie gevolg het.
4 jaar 10 maande 1 week 6 dae 13 ure oud


Galg toe met hom! (Slot episode)

Wat 'n dramatiese einde!
4 jaar 10 maande 1 week 6 dae 14 ure oud


Slot
Wat 'n les is hier nie te leer nie. Nou is ek eers dankbaar dat ek en Ouvrou om die person wat by ons ingebreek het, vry te spreek en selfs te bid dat hy nie gevang word nie. Dat Jesus op 'n mooi manier met hom sal werk, en op die regte pad sal bring.
4 jaar 10 maande 1 week 6 dae 22 ure oud


slot
sjoe Moekie hierdie is n harde verhaal wat met soveel deernis gepen is... n groot les vir elkeen om saam te neem...
4 jaar 10 maande 2 weke oud



Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar