Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Eendag lank gelede het HY daarbo in die hemel gesit
En kyk wat gaan hier op aarde aan
Wat HY gesien het, het HOM met weemoed vervul.
HY het diep bepeins oor wat HOM te doen staan.
Moet HY alles tot niet maak en almal vernietig?
Moet HY sy rug op alles keer en almal maar hulle eie heil laat uitwerk?
NEE , besluit HY , die mooi van die skepping kan nie tot niet gaan nie en HY is so lief vir die mens.
Hy kyk weer af en sien die rivier wat kronkellend sy weg deur die woestyn maak.
Hy sien die grootsheid van die berg , die see skitter prag blou .
Daar ver in die bosse hardloop ‘n wildebees en speel met sy kop in die wind.
Onder die koelte boom le leeu uitgestrek op ry rug , want sy maag is vol gevreet.
Die rooikruis arend wieg van die een lugstroom na die ander en skielik gewaar hy sy prooi en skiet na benede om die haas te vang.
Die dolfyn speel in die helder water en die walvis slaan met sy massiewe stert op die water .
Die by vlieg singend van blom tot blom en versamel sy nektar terwyl die miskruier agterstevoor sy nuutste vonds op pad probeer hou.
Dan kyk HY weer na die mens en HY sien kindertjies wat met oorgawe in die veld hardloop en die narsings pluk.
HY verskuif SY blik na die poort by die ingang van die stad en HY sug.
Iemand is besig om ‘n ander se beurs te steel en die los vrou stoot haar tong verleidelik oor haar lippe en glimlag vir die skaam jong man .
In die huis twee blokke van SY tempel af trek ‘n jammerlike geween SY aandag. Die man van die huis slaan sy vrou brutaal met die vuis.
Buite die stads mure is twee kwaaijongens besig om ‘n ou boemelaar met stokke dood te slaan .

HY sit peinsend agteroor en maak SY oe toe, trane biggel oor SY wange .
Skielik sit HY regop asof HY iets gehoor het.Om die draai kom SY SEUN aan , HY wat na SY eie beeld gemaak is . Sorgloos stap SY SEUN na HOM toe en groet met eerbied. DIE SEUN sien SY Vader se droefheid en vra wat is fout .
HY kyk met nuwe oe na SY SEUN en HY neem ‘n besluit.

“ MY SEUN, ek moet jou ‘n groot guns vra.”
“Ja ABBA VADER ?”

“Die skepping is besig om tot niet te gaan deur die sonde van die mens wat ons geskape het . EK het hulle so lief , dat EK hulle nie so kan laat aangaan nie . Die duiwel sit listig en wag , dat hulle moet sterf en verlore gaan”
Hy sug en steek sy hande uit en vat SY SEUN se hande in SYNE.
“MY SEUN, jy wat deel van MY is , ek wil JOU vra om alles in te boet , sodat EK JOU na die aarde kan stuur om hulle wat verlore gaan te red ?”
Sy SEUN staar SY VADER met groot oe aan , maar se “ Laat U wil geskied .”

So word DIE Seun as ‘n seuntjie uit ‘n maagd gebore en ondervind wat SY VADER gesien het in persoon. HY leer die gewoontes van die mens en HY vermaan en smeek , want alhoewel HY in die wereld was, was HY nie van die wereld nie .
Maar die mens weier om te luister en SY WOORD aan te neem.

Eendag word HY gevange geneem en soos ‘n misdadiger gekruisig en HY verlaat hierdie sondige aarde om self sonde te word.

MAAR soos altyd hou DIE VADER SY BELOFTE en laat HY DIE SEUN uit die dode verys en so word ek en jy vrygekoop van sonde.

DIT noem ek WARE LIEFDE.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

geen groter liefde
Mooi gepen. Stem saam met Kiekies.
4 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 4 ure oud


Liefde
Die hele reis van begin tot einde puik saamgebind en oorvertel.

Vir die wat wil
is hulle skuld nou nul!
4 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 23 ure oud


Geen groter liefde
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die LIEFDE projek.
4 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 2 ure oud



Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar