Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die glimmer-maan. Dof en rond tussen die donker wolke. ñ Koel wind waai deur die vallei in die warm nag. Die paddas kwaak onder in die panne, en in die verte blaf ñ hond in die swart nag. Nagtegaal sing soet en treurig sy eensame lied hoog bo in n wilgerboom. Die takke van die boom swiep hartseer op die grond. Die glimmer-maan. Die tower-uur. Die maan gloei dof soos ñ silwer muntstuk hoog bo in die stêrrelose nag. Die nag. Die nag. Raspiltoljan is uit vanaand. Die mal man van die maan. Hy lag, en dit rol saammet die wolke en die wind, soos die lae dreuning van donderweer. ñ Honderd-miljoen mane, en ñ ontelbare stormagtige nagte, het verby gegaan in wind en weer, terwyl Raspiltoljan dans. Hy dans, en hy dans, en hy dans. Dan stop hy ñ rukkie om te treur… Die glimmer-maan. Die water loop soos wyn van die maan en nag-hemel. Die wind fluister en dans om homself te amuseer, tevrede met sy eie geselskap. Hy huil, en hy fluit, en hy blaas, want die nag is lank en die vaal maan skyn steeds bo. Die glimmer-maan. Raspiltoljan is uit vanaand…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

bose kabouters
Dit is so. Karakters soos dit uniek in hulle ondeug...

Groete.
5 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 10 ure oud


kabouterdans
Raspiltoljan se dans, laat mens dink aan Rimpilstilskin die kabouter ne?
5 jaar 1 maand 2 weke 5 dae 20 ure oud



Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar