Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Willem krap met ‘n stokkie die modder van sy voete af. Van tuinmaak het hy nou propers genoeg. Ina sal hom dryf totdat hy later soos ‘n droë voëlverskrikker lyk. “”Vat so, sleep hier, dra daar”” is die oorsaak van sy stramheid. Af-rug, spiere wat bewe en halfpad ontwater. Hy gaan sit op die tuinbank, trek met die ringetjie van die yskoue blikkie bier in sy hand, die lafenis oop. Die Tsjiiiiiiii geluid kry nie eers sy speekselkliere aan die gang nie, sy mond is kurkdroog, uitgedor soos ‘n woestynklip. “”Vroumense”” brom hy so onderlangs en sluk behaaglik aan die geel-goue voggies. Hy kyk nadenkend na die tuin se uitleg, hy sal baie versigtig moet wees dat Ina dit nie dalk in haar kop kry om nog die sprinkelbesproeiing ook te probeer verskuif nie dan is daar moord in die huis. As sy moet uitvind!!

“Willem, waar is jy?”” Hy skrik hom yskoud, Ina het dan gesê sy gaan net gou koeldrank by die nabygeleë kafee koop. Hy buk af en sit die bier agter die tuinbank se poot in die koelte neer. “Hier is ek my pop” antwoord hy. Drank is vir Ina ‘n euwel, die oorsprong, uit haar kinderjare. Haar pa het bietjie sterk gegooi en sy het ‘n renons in drank. Sodra hy die tweede bier of glasie wyn skink, begin sy kerm. Hy staan op en loop haar tegemoet.“”Wat is fout?”” Sy is rooi in die gesig.“”Ek kry nie die kar se sleutels nie”” Willem frons, sy is dan so fiksheidbewus hoekom wil sy nou ry? “”Maar het jy nie gesê jy stap sommer gou nie?” Nou is sy boos. “”Nee Willem ek het niks van stap gesê nie, lyk dit vir jou of ek nog ‘n tree verder kan gee? As dit nie vir my was nie, het die blombakke nog steeds agter die garage gestaan.”” Willem besluit om liewer te swyg, Ina is weer in ‘n bui vandag. Hy stap kombuis toe, loer bo-op die yskas in die sleutelbakkie en haal die motorsleutels uit. “Hier my pop, dit lê agter in die bak”” Die son het duidelik Ina se sig geaffekteer en haar humeur in rat gesit. Sy loop drifting by die deur uit en kyk om “Jy weet ek is kort, was dit nodig om die sleutels so diep in die mandjie te gooi? Jy moet stadig met die bier en terwyl ek weg is gooi solank gif langs die spitters, ek is seker dit is snywurms wat die gras daar so dun vreet. Ek sal nie lank weg wees nie, gaan ook net gou by Lenie aan om die steggies wat sy belowe het optel.””. “”Reg so vroulief en bring sommer vir my die koerant saam asseblief”. Willem sug, ten einde laaste vrede, nou kan hy rustig ‘n bietjie vog in sy liggaam terugkry en dan nog gou sy proviand in die tuin-yskas aanvul. As Lena en Ina eers begin gesels, gaan sy verseker nie binne die volgende uur terug wees nie.

Lenie loer half ongelowig onder deur haar lang wimpers oor die glas yskoue vrugtesap na Ina wat erg omgekrap is. “”Ek belowe jou vriendin, Willem drink stadig aan sy drankie maar na ‘n tweede bier of glasie wyn is Willem aangedrink sommer erg ook. Ek hou hom fyn dop met drank, wil nie dieselfde lewe hê as met my pa in ons ouerhuis nie. Ek weet nie wat deesdae met hom aangaan nie. ””Snaakse besigheid”” sê Lenie kopskuddend, “”Voorwaar snaaks. Is jy seker jy wil nie gou ‘n koeldrankie drink nie?”” “”Nee dankie Lenie, ek wil gou hierdie steggies in die water gaan sit. Die kinders kom braai vanaand by ons, so ek sal moet roer. Ek sal jou more ‘n luitjie gee dan gaan loer ons so ‘n bietjie wat in die winkels aangaan terwyl die manne rugby kyk.”” Ina ry haastig terug huistoe, sy wil gaan stort en dan is dit kombuis toe om die vleis, slaaie en braaibroodjies gereed te kry.

Toe sy by die huis kom, sien sy Willem is by die verste punt van die tuin onder die ruie struike besig. Sy stap nader, haar voetstappe deur die gras gedemp. Op sy hurke laag en half gebukkend sit hy vorentoe gebuig, vat ‘n suig aan die swart pypie wat langs die spitter vasgemaak is, sluk behaaglik, sit die proppie terug op die pypie en maak dit weer stewig staan teen die spitter. Hy lag ‘n tevrede laggie “Vatso katvis, hier sal niemand jou kry nie”. “”Willem wat maak jy?”” Willem verloor sy balans toe hy probeer opvlieg en slaan neer. Ina se stem klink soos die engel van die dood wat sy poorte vir hom oopmaak. ““Niksj nie mamma.”””

Willem se tuinmaak dae was op ‘n einde, die aandrink aanvalle na die tweede glasie wyn of bier ook,. Langs die spittertjies wat onder die digter plantegroei van die tuin verskuil was, het hy sy “proviand” in plastiek bottels begrawe. Sy gereelde bewondering van die tuin het nou vir Ina sin gemaak, ook die vreemde dubbeldoor spittertjies. Dat dit ‘n vernuftige plan was moet sy hom toegee maar is doodseker dat nie die snywurms of Willem dit naby haar snywurm-gif-gedokterde mengsel in sy tuin-yskas sal waag nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

spitter
Die Afrikaanse woord vir spitter is spuwer, maar min mense gebruik die woord spuwer as dit by sprinkelbesproeiing kom, daarom is die woord spitter gebruik..... bo-op die swart pypie wat uit die grond kom, spuug/spuit dit water in fyn sproei uit. Hoop dit help!
6 jaar 10 maande 2 dae 4 ure oud


Hiehiehie!
Wat is 'n spitter? Spit dit of spoeg dit of wat?

Lekker gelees aan jou storie.
6 jaar 10 maande 2 dae 5 ure oud


Ano
Yskas
Hehehe. Lekker gelees, dankie :-)
6 jaar 10 maande 1 week 10 ure oud


tuin
Voorspel ook groot moeilikheid in klein potjie met lang lepel. Lekker gelees.
6 jaar 10 maande 1 week 13 ure oud


Tuin
Wonder watter vernuftige plannetjies Willem nou sal maak? Goed vertel....en dit lees lekker
6 jaar 10 maande 1 week 17 ure oud


***
HKGK...
6 jaar 10 maande 1 week 22 ure oud


Hoeeeee
Hier kom Akkas !
6 jaar 10 maande 1 week 1 dag oud



ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar