Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die volgende verhaal het my laat lê het soos ek lag.
Nou nie dat ek nie respek vir die ontslapendes het nie, dis net dat as ek so iets hoor is dit soos ‘n video kamera wat bo in my kop aangaan en dan sien ek die verhaaltjie inkleur afspeel.

Die storie is oorvertel aan my deur iemand wat dit werklik beleef het, so ek sal dit vir die waarheid kan skryf.

Broer Jan en sy vrou was daar bo aan die grens van ons mooi land vir ‘n kuier. Jan is ‘n prediker en sy vroulief nou die prediker vrou. Plat op die aarde mense en nie skaam om nogsteeds die eenvoud van die lewe te kan doen en waardeer nie. Natuurlik met die nodige respek vir die beroep.

Saam sit hulle die saterdag middag en kuier by ‘n ander prediker op die dorp. Prediker Jan se vrou sommer so gemaklik op die vloer voor die tafeltjie waar die gasvrou so pas die tee en koek op die middeltaffeltjie neergesit het. Mevrou Jan ‘n maklike mens en so op ‘n hittige dag is die koue van die vloer te lekker. ‘n Klop aan die deur verbreek die geselligheid en die huisheer (Prediker)maak die deur oop.

In die deur staan twee van die gemeentelede erg bedroef.

“Ons kom net meedeel dat ons moeder heen is” verduidelik die man
Die vrou staan met haar oe afgeslaan en duidelik nog tranerig.
“Baie jammer om te hoor” steek die huis prediker sy hand uit en gee die broer en sy vrou elkeen ‘n bemoedigende handdruk. Hy het duidelik vir moeder geken

Intussen sit Broer Jan se vrou nog so op die vloer reg om die tee en koek te bedien. ‘n Ongemaklike stilte heers in die voorhuis.

“Hoe het dit gebeur” vra sy so ewe hier van haar plat sit posisie af

Die man en vrou loer so na mekaar en die vrou begin te vertel.

“Ons was met vakansie in Botswana en het gisteroggend die lang tog daar bo van die bo punt van Botswana na hier tot op die grens aangepak.”

Die dorpie waar broer Jan hulle kuier nestel so aan die grens van ons buurland Botswana.

Die man vat die storie oor
“Moeder en die kinders het agter gereis en ons het maar kort kort so na elke honderd kilometers gestop om bene te rek”
“Moeder se voete swel erg van die hitte” las vroulief in asof moeder se voete nogsteeds swel.
“So tweehonderd kilometers vêr voor die grens, stop ons toe weer om bene te rek en die kinders dadelik uit en die veld in” gaan die broer voort
“Ja ons tel mooi klippe op en oral waar ons gestop het, het die kinders in die veld klippe gesoek’ las vroulief by.
Nou is die man se stem dik
“Moeder het nie uitgeklim nie, ons het gedink sy slaap”
“Ek het haar probeer wakker maak maar sy was al yskoud” sê die vrou huilerig
“Ja sy moes al seker ‘n uur of so dood gewees het want dit was hoe lank terug ons laas gestop het, ek het nogals langer gery as wat ek wou” beaam die man so half verwytend op homself dat hy nie vroeer gestop het nie.
“En die aircon was heel pad aan” sê sy
Teen die tyd hang mevrou Jan wat op die vloer sit se mond behoorlik oop vir die twee se ongeluk.
“En toe broer” vra die huisheer
“Shame” beaam almal so in ‘n koor
“Wel daar sit ons toe op die vlakte so tweehonderd kilometers van die grens af”

“Die kinders wat so entjie in die veld was het begin onraad vermoed en stadig nader gestaan” vertel sy verder.
Die broer vee weer ‘n traan af
“Met die dat die kinders sien hulle ouma beweeg nie en die dat hulle sien sy is so stil, hardloop hulle net daar die veld in en wil nie een nader kom nie” nou huil die vrou weer sommer openlik en die sakdoek draai so om die oe.

“En toe broer” nou is almal se gesigte vol afwagting vir die res van die storie.

Almal het hulle maniere vergeet en die twee staan nog net so in die deur met mevrou Jan wat se mond soos ‘n vis hap hap daar op die vloer waar sy sit.

“Mooi praat het nie gehelp nie, hulle wou vir geen geld in die wereld terug in die 4 x 4 klim nie”
“Wat maak julle toe” meenende dat hulle seker nou die lykswa gaan bel alias mevrou Jan.

“Wel dominee ons tel toe maar vir moedertjie uit en draai haar toe in die seiltjie wat ek altyd agter in die Landrover het” vertel hy

“Toe maak hy haar maar op die dak vas” teem vroulief die verhaal klaar.

Dis net hier waar mevrou Jan haar kop agteroor gooi en plat op haar rug op die vloer neer slaan soos sy lag. (Ek sou ook)

Niemand lag saam nie en Jan kyk sy vrou geskok aan waar sy met haar bene so in die lug skop soos sy lag. Toe die suster besef sy lag alleen sluk sy die lag so ewe verlee terug en begin sommer die tee skink.

“Tee enige een” bied sy aan en sny die koek dat hy sommer so in stukke spat

Seker nie nodig om te sê hulle het nie vir tee gebly nie maar o wee na hulle uit is was daar ghaos in daai huis.

Dis hier waar my videokameratjie toe nou inskop. (En omrede ek mevrou Jan ken weet ek dat dit is wat daar op die sitkamervloer op daardie pynlike oomblik gebeur het)Ek weet nie of het oumatjie al styf geword het so in die sit posisie nie en het sy dalkies nog so met haar beentjies in die L posisie op die dak beland nie.
Hulle het gesê sy was al koud, mevrou Jan wou nou net nie vra of was sy al styf nie. Het hulle haar kop eerste gelaai of was dit nou voete eerste?
Dis nou met die onbeantwoorde vra wat ek, seker mevrou Jan ook, gespook het en wat die video kameratjie hier in die kop, sy dinge nou kom staan maak het.

Jammer vir die ontslapende oumatjie maar dink net, haar laaste “ride” was met wind in die hare bo-op ‘n Landrover se rug.

What a way to end it all

Met groot respek vir die oorsprong van die storie….



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hulle kon haar natuurlik op die dak laat sit het ipv laat lê het as sy reeds styf was. Dan het Ouma ge-Windsurf!
Lekker prettig Cat.
9 jaar 5 maande 2 weke 3 dae 10 ure oud


Pragtig!
9 jaar 5 maande 2 weke 5 dae 12 ure oud


Beste Catbury,

Wat 'n mooie verhaal. Jy kan humor en resppek saam opdis. Dis die geheim van patos. Hou so aan.

Mooi loop
10 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 6 ure oud


Haar laaste
Hierdie was beslis ’n breë :-) werd.
My video kamera speel self die verhaal vir my.

Groetnis.
10 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 17 ure oud


Haar laaste
Dankie, dit was heerlik om hierdie verhaal te lees. Ek kan my indink wat by die grenspos plaasgevind het.
11 jaar 4 maande 1 week 4 dae 1 uur oud


Haar laaste
Ek dink dis hoe ons almal moet gaan, besig tot die einde, met die wind in ons hare en die son op ons gesigte... Dis 'n heerlike vertelling !
11 jaar 9 maande 1 week 5 dae 4 ure oud


Ag shame mens, maar die snaaks in die hartseer verhaal sal die familie wel later sien.
12 jaar 1 maand 1 week 20 ure oud



Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar