Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar is ‘n verskil tussen hedendaags en in die tyd toe ek begin rondkyk het.
Deesdae begin kinners sommer heel vroeg rond kyk. Ek hoor nou die dag van ‘n meisietjie of is dit nou dogtertjie in graad vier wat hakskene begin wys. Die Pa is nie iempress nie , inteendeel hy is warm , jy kan ‘n eier op sy bles kook, maar Ma , Ma is ‘n merrie wat net pienk sien . Ma dink dis tog te swiet dat klein Jessebel haar ogies fladder en haar amper borsies uitstoot soos twee kanonne .

Ek onthou die eerste dag toe ek half leepoog na ‘n meisietjie geloer het soos gister. Dalk oorlat Pa my ‘n skuins klap hier op die oor wat nie wou hoor nie gegee het , dalk oorlat sy twee tanne langs mekaar voor in haar bekkie mekeer het. Soos ek gese het , of die klap of die minner tanne meer mond , maar vir jare lank was ek genees van rond kyk.

Hoerskool was ook gebasseer op 1948 en geen vermenging van geslagte was toegelaat nie . Selfs pouses was so beplan dat gin vermenging en potensiele vermenigvuldiging so kon plaas vind nie . In plaas van dat dit die nodige skeiding bewerkstellig het , had dit die onnodige skelm vryery tot gevolg. Maar selfs dit was my nie beskore nie want die kerk was daar met ‘n alewige grootoog dophou strategie. Jy was selfs bang om agter geslote deure en onner komberse te doen wat jong laaities doen, want die prekant gaan weet en vir Pa vertel en dan gaan Pa die seekoei sambok uithaal en hom diagonaal op jou gade plaas . Dus was jy so half en half in ‘n skaakmat posisie tensy jy doer innie bos loop sit het , waar die prekant se oge nie kon sien nie.

Dit was eers hier teen einde standerd agt dat mens so onner die ooglede deur kon loer sonner ‘n klap van Pa se kant af, maar dan het die hormone ook nie altyd saamgespeel nie en het die onnerlyf duidelike tekens getoon van meer as net belangstelling.
Dit was erger as ‘n klap , want daar was nie altyd ‘n boeksak of boek of iets om die bewyse te verdoesel nie.

So leer ek in my onkunde op ‘n laat stadium wat anner laaities al vroeer geleer het. Maar alhoewel ek ‘n lyt bloemer was ,kry ek relatief gou die situasie onner beheer en maak ek redelike vordering.

Eers begin ek so skelm skelm vir die meisietjie wat so skuins voor my innie Sondagskool gesit het , te kyk. Later kyk ek meer openlik en tot my stomme verbasing , loer sy ook so skelm skelm onner die wimpers deur na my kant toe.
So ‘n paar weke later het ek genoeg moed in my bors versamel en gaan sit ek een Saterdag met ‘n jeug aand langs haar. Die aand vorder en my hand gly per ongeluk van my skoot af en raak aan hare wat ook so per ongeluk van haar skoot afgegly het.
So ‘n maand of wat later steel ek my eerste soen van haar sagte , dog gewillige lippies af. Van toe af word ek kroon wild en juffertjies wat my al jare ken staan vrypostig nader en getrou aan my Latynse bloed , laat ek ook nie op my wag nie .

Lewe word ‘n lied en my naweke lyk mooi , ek raak gewilder en baie besig.

Toe , op ‘n dag , stap daar hierdie bende rowwe sussies by die kerk in . Die mense staar , die prekant verloor sy woorde en ek kry ‘n ou bekende gevoel erens in my konstitusie .
Na kerk nooi die prekant almal vir tee en vir die eerste keer gaan tee ek ook, toe ek sien hulle staan nader aan die tee tafel . Ek handhaaf ‘n ernsige lae profile en kyk my kyke en sien my siene . Wat ek sien , maak my toe so half innie kniee, maar gewillig innie gees.

Die middelste een van die lot slaan my tussen die oe. Sy is nie mooi nie , maar daai iets drup van haar af.

Haar naam was STOFFELIENA.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Stoffeliena
Die verhaaltjie was ougat, maar ek het my amper meer gekraak vir die kommentaar!
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


Naam
Oee wragtag tog! Is daai naam nie genoeg om jou te genees van watookal afdrup nie?!
7 jaar 7 maande 1 week 4 dae 15 ure oud



Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar