Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Leoloris 

+

Dit was deur die laaste dorpie waar die burgemeester ons kaptein aanspreek en vir hom verduidelik dat die gemeenskap hier in vrede sonder die invloed van die gebod leef. Hy gaan toe voort, en verduidelik hoflik dat hulle nie toegang skenk vir diegene in sy geselskap nie, wat soortvan redelik verstaanbaar sou wees in die ou wêreld, want wie sou nou in hul sinnelike hoof die gesnork en spoeg van twaalf trolle, gewapen en geharnas tussen hulle mense in laat? En dan was daar Gor, die misvormde ongeluk, gebore met een geel oog, groot ronde neus gate, en lang skerp ore. Misvormdheid is `n algemene ontstaan in die wese van die trol, van slyp tande tot boggel ru^e en soms ook die verlies, (of menigvuldigheid) van liggaam dele. Nie te min, die trol besit `n onmeetlike liggaamlike krag, gevolg deur `n kortstondige humeur wat gewoonlik uitloop op geweld, en absoluut geen bevattingsvermoë op die morele nagevolge. By natuur produseer die trolle uitstekende vegters, en word gereeld gerekruteer deur die Anak, Verdedigings Liga, en die weermag van Eris.

Met twee slymerige kloue het Gor daar gestaan, met `n geroeste swaard in die een klou en `n knuppel gevleg met yster draad in die ander. En ons moes verwag dat die arme burgemeester ons karnaval in laat, voer, en verhuis vir die nag. Die burgemeester was `n swart son, `n dier vol haat, `n selfsugtige dweper wat dink hy is beter as almal, en voor hy nog sy sinne kon voltooi het hy op klag gestaan teen `n dosyn en meer sondes, insluitende die diskriminasie teen ander wesens en die verkondiging van haatspraak. Die burgemeester het `n mes in sy keel gekry, en die mense van Silverveld het gedans in vlamme.

Dertien van ons, ek, die skolier, historikus, kartograaf en natuurlike pakdonkie. Agt vreesaanjaende trolle, gelei deur die kommandant Gor die Gruwelike. En dan daai geheimsinnige rot, wie se gesig ek nooit sien nie, net die twee dolke, wat hier en daar onder die son en maanlig glinster. Heel moontlik een van die skim, `n misterieuse gilde van sluip moordenaars, hulle oorsprong, onbekend. En dan is daar Lucius se onderdane, Gluf en Orin. Gluf is `n mens, groot en fris, 'n borskas van staal met `n reuse oorlog hamer gespan oor sy rug. Beenkraker, noem hy dit. Orin is heelwat korter en slank, steeds, nie minder dodelik nie, geharnas in pikswart staal, met `n lang swaard aan die een sy, en `n skild aan die ander. Een van die ridders van Anak, beroemd in die meesterskap van swaard, dorstok, lans en skild. Uitgeken deur die ses punt ster wat op die skild geverf is. Orin is `n sistematiese veg kunstenaar, akkuraatheid en presisie is sy spel, `n man met min woorde, en soos `n tipiese soldaat, tot die dood toe getrou aan bevel. En laastens, ons leier, Lucius... met die banier van `n yster vuis, kaptein van die Verdedigings Liga, persoonlik gekontrakteer deur die Koning van die wes, U majesteit van Eris en aanstaande Koning van Astienna. Twaalf van die beste krygers, `n absoluut onstuitbare krag van geweld. Lewende wapens gebroei vir moord. Ek het net een keer te veel die fout begaan om Lucius in die oë te kyk. Die' gesplete oë, gras groen deur die gleuf van sy helm. `n Onbeskryfbare vrees het deur my liggaam gekriewel. `n Slang mens van die woestyne wêreld...

En hier is ek nou, deel van die groep wat dertig ridders van Endal vertrap het, Silverveld verbrand het, en hier in die sneeu, deur `n enkele ridder met grys hare binne `n paar minute flenters gekap is.

Leoloris se hart klop vinnig terwyl sy perd versigtig deur die woud gallop. Wie is jy? Die ridder voor hom is doodstil. Dit is laat middag, en ontsaglik koud. Nie `n woord vir die afgelope ses dae nie. Ek dink ook nie ek het die ridder al ooit gesien slaap nie. Altyd voor die kamp vuur, arms rustend op sy swaard, oë diep in die vlamme. Leoloris skrik gereeld wakker van die nagmerries, waar Gor se kop soos `n lap pop afgehak is, en Lucius, die wese wat so veel vrees in sy siel opgejaag het, met een swaai hou in twee gekleef is. Geen bekende element in die wetende wêreld kan so deur yster gly nie. En dan die vuur, die brandende vuur. Het die weerlig die swaard ontvlam? Of was dit my verbeelding? Hoekom het jy my nie ook vermoor nie? Leoloris bewe onder sy lang jas. Die koue byt dwars deur sy vel skoene en die snot vries onder sy neus. Dit raak al hoe kouer hoe verder hulle beweeg, en die dag is al weer te gou om te groet.

Die nag is ongemaklik hier, gruwelik en vreemd. Dit is lekker om te lees van avontuur, maar om dit te beleef, is `n spyker in die siel. Skielik huil `n wolf in die vêrte. Leorloris hyg vir `n sekonde. Die ridder galop voort, sy swaard kap teen die perd se saal in `n ewige ritme. Die swaard... het ek dit iewers voorheen gesien? Die kop van `n leeu, twee kruise in `n sirkel, en onder die maanlig, die klip syfers. Leoloris het dit eerste gewaar twee dae gelede onder die eerste glinster van die komende volmaan. Nog `n rilling kruip deur sy rugstring. Hy bestudeer die ridder se skild wat om sy rug geswaai is. Meeste van die verfwerk is al afgedop en die rande is geroes, steeds, `n mens sien iets wat lyk soos `n gevleuelde son. Leoloris dink aan al die boeke wat hy gelees het gedurende sy tyd in die geweldige biblioteke van Stralendal. Die Ridders van die Swart Son, die Enkin, die afstammeling van reuse, die eerste mense, die moordenaars van nie-mense. Al wie verseg om hulle God te aanbid was sonder `n oogknip gemartel, gehang of onthoof. Daar was ook gesê, dat hulle die velle van hulle vyande afgeskil het om skrikwekkende mantels van mee te maak. Skarlaken rooi. Arkea vir mense, was die gesegde, en al die wesens wat as laer rasse beskou was moes buig voor die vlerke van die Ealim, of sterf.

Die ridder stop asof hy Leoloris se gedagtes hoor. `n Wasem blaas uit sy mond en sy stem kraak, koud en emosieloos. "Jou vriend volg ons, die een toegedraai in swart doeke. Die een van Mirix, die sluipende slang, die kat in die donker. Die Skim." Leoloris vrees om te antwoord. Dis reg... Hy kan nie onthou of hy ooit die rot in die blits gesien het nie. Deur al die vuur en chaos het hy heel moontlik ontsnap.

"Vrees my nie, kind van Aealin, jy sal verstaan, nog voor jy uitvind, Wie jy is." Leoloris se kop draai in sirkels. Jare se studies in filosofie, mistiek, en selfs die toorkuns van die uitgestorwe Kabouters val kort om `n begrip te stel van sy huidige noodlot en die gevaarlike karakter waarmee hy hier, teen die punt van die wêreld as gevangene loop.

"Kalmeer jouself en asem die lug van vryheid" Spreek die ridder weer asof hy Leoloris se gedagtes lees. "Haar liggaam is skoon hier, die ou kragte kern deur die hout." Leoloris se stem is sag. "Ek weet.. ek weet nie, uhm, ek besit geen kennis in verband met die sluip moordenaar, my posisie, U sien, was stiptelik die' van `n klerk, en kartograaf, jy sien..." Leoloris, bewus van die ridder se helm, geplak op al wat `n plakkaat is regoor die gesplete kontinente van Akrea, is versigtig om die gesprek verder te neem.

"Ontspan Leoloris van Stralendal." Hoe ken hy my naam? Die kake van ys gaan sal die Skim verslind nog voor ons, ons lot bereik." Leoloris lyk heel bedremmeld. "As ek mag vra..."
  "Jy mag, en dis ons pad, na die wit woud, en dan oor die Arkreus berge."

Leoloris se hart slaan `n knop. Die bose woud. Die legendariese woud waar die takke heel jaar so wit soos die sneeu wat verewig daar val, skitter in onheil van die bonatuurlike en onbekende. Is ons so ver noord? Onmoontlik.. ses dae noord vanaf Silverveld, die wit woud is ongeveer, ten minste `n maand se reis, tensy, die ridder een of ander toorwerk kwyt geraak het. Leoloris weet nie meer wat om te glo nie. Steeds, `n vreemde opgewondenheid gemeng met vrees laat die hare op sy lyf regop staan. Niemand het nog ooit so ver noord in Arkea gereis nie, nog minder oos, en as ek dit korrek het, noord vanaf Silverveld, bring ons na die noord-oostelike ingang van die enorme woud. Aansiende as ons ooit lewendig daar uitkom, en met genade die berg reeks bereik, die loutere ekstase en akademiese roem om die wêreld so ver noord te kartografeer, die gapings van Arkea te vul, en al die vrae te beantwoord; van die misterieuse verdwyning van die Fae (drie duisend jaar gelede), die lot van die reuse, die fona en flora, die... Leoris se wilde gedagte trein stoot `n tinsel positiwiteit na sy huidige situasie, en hy lig sy kop met `n skrale  hoop.

Die ridder ry rustig voort, en in die vêrte bloei die son soos `n vars wond oor die wit lyne van die Akreaus berge.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kommentaar
Baie goeie karakterbeskrywing - 'n mens sien die karakters voor jou. Ek het gewonder oor die woord "knopkierie"; dit is iets wat in konteks eie is aan die Zoeloes. Miskien moet jy dalk eerder die woord "knuppel" gebruik. Maar jy moet self besluit.

Goeie verhaal. Ek sien uit om nog te lees.
4 jaar 6 maande 2 dae 8 ure oud



Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar