Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Duisende jare gelede, voor Mens en Sauriër op die aarde geloop het, was die Kabouters die inheemse bewoners van Arkea. Die kabouters het in vrede saam natuur en dier verkeer sonder enige verstoting van balans. Die kabouters was ook meesters in die magiese kunste en met eteriese wetenskap het hulle soos gode verskillende wesens in die wêreld geweef om die kabouters te help met spesifieke take.

Die mees kosbare objek vir die kabouter was eter rots, `n deurskynende diamantagtige klip wat voorkom in die reusagtige berg reeks van Berigor, skrikwekkende swart rots wat strek na die hemel, die hoogste pieke, gevlek met sneeu. Die Berigor reeks staan as `n natuurlike grens teen die eindelose woestyne van die suid. Baie verskillende diere het gewoon rondom Berigor, maar daar was een dier wat die kabouters se belangstelling die meeste geknyp het, en dit was `n tipe aap dier, soortgelyk aan `n gorilla, met lang voor arms, reuse hande en 'n borskas van staal. Die dier het hande vier voet beweeg, was vinnig en so sterk dit kon bome uit die grond trek. Die Kabouters het nooit die dier bedreig nie, tot eendag, die Kabouter Norfea `n experiment and die hoof sirkel voorgestel het.

Die experiment sou `n meer effektiewe tegniek voorstel vir die myn van eteriese klippe. Want U sien, die Kabouters, alhoewel wys en magies, het nie die fisiese krag besit, asook afhanklik van die son as hoof bron van energie, kon nie eens met magiese toor werk vir lank in die grotte van Berigor laboreer nie. Die Kabouter Koning, An'ael was eers in opstand teen die projek, maar daar was ander Kabouters, gretig vir mag en kennis, en uiteindelik was die Kabouter koning oorreed om die projek voor te sien.

Dit was toe, dat die Kabouters hulle genetiese af drukking in `n wetenskaplike toor kuns met die van die aap dier gesmelt het om `n unieke spesie te ontwaak, sterk genoeg om in die berge te myn, `n bonatuurlike stamina, en net slim genoeg om basiese instruksies te verstaan.

Maar die eind produk was `n totale ramp, en wat oorgebly het van die aap-dier was `n afskuwelike gedierte. Die kabouters se toor werk het die hare van die dier afgesmelt en sy vel gras groen gevlek, die ore was lank uitgerek en demonies skerp gespits, en die gedierte kon loop op twee bene en eenvoudige klanke in `n naboots van Kabouter taal uitspoeg. Die dier was verskriklik sterk en het `n vreemde herstellings talent ontwikkel waarin die gedrog sy organe kon terug groei.

Die Kabouter koning het `n onmiddellike stop aan die projek verklaar en die kabouters instrukteur om alle bewyse van die projek te vernietig, asook die afskuwelike gedierte wat in die proef tuin verwild rond gedwaal het.

Maar Norfea het jammer gevoel vir die dier, en uit skuld gevoel, in geheim, 'n wyfie maat vir die dier geskep. Norfea was die leier in die kombinasie van wetenskap en toor kuns, en die taak was met spoed afgehandel. Sy het die gediertes vrygelaat agter berge van Berigor en in die eindelose woestyn ingejaag.

Norfea was tereggestelvir haar verraas en misdoen, en alle bewyse van die projek was finaal vernietig. Vir jare het die Kabouters die dier se spoor gevolg, maar daar was geen spoor van die groen gedrog nie. As gevold van die haglike omstandighede van die woestyn het die Kabouters uiteindelik moed opgegee en die dier as dood verklaar. Die Kabouters het terug na die noorde van Ealandia beweeg, min wetend dat die ondier oorleef het, wat vandag bekend is as die Trol.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Oorsprong van die trol
Baie kreatief.
4 jaar 7 maande 6 dae 15 ure oud


Kommentaar
executed - tereggestel
betrayal - verraad
trace - spoor

Ek kan nie saam met Woordverwerker se kommentaar stem nie. Die storie eindig beslis nie stomp nie, veral nie as 'n mens in ag neem dat dit deel is van 'n opeenvolgende reeks verhale wat jy besig is om te skryf nie.

Jou idees is ryk en baie kreatief. Doen so voort.
4 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 14 ure oud


Hmmmmmmmm
Daar is potensiaal in die sprokie, maar te veel spelfoute en die engelse woorde pla ook. "Norfea is tereggestel vir haar verraad."
"Daar was geen spoor van die groen monster nie."
Die storie eindig bietjie stomp en oor die algemeen kort dit bietjie inkleur...
Met sprokies moet mens die omgewing en die omstandighede baie mooi beskryf, sodat die leser die prentjie duidelik kan sien.
Timmer nog so 'n bietjie, dit kan dalk goed word. (Met ruimte vir 'n opvolg.)
4 jaar 7 maande 4 weke 1 uur oud



KIEKIES

deur Kiekies

'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar