Weergawe:
Aantal woorde: 750
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 31 Mar 2006
Die laaste tyd betrap ek myself geduring die insidente herleef. Die eerste keer dat ek op die lughawe aankom, die eerste keer dat ek haar sien, ons eerste ¡°date¡±, ons eerste soen, ons eerste aand saam en dan¡¦ dan daai aaklige aand wat ek nóóit sal kan vergeet nie. Dit speel soos ¡®n fliek voor my af. Soms probeer ek haar kontak om net seker te maak dit was nie ¡®n nagmerrie nie, dat sy nog leef, maar dan onthou ek daai eensame begrafnis en die haat en woede van haar familie. Hulle het nie geweet van dit alles nie, maar die nadoodseondersoek het dit alles verspil. DWELMS. Ek self was op ¡®n ¡°trip¡± of wat, maar nooit soos sy nie. En as jy na haar gekyk het sou jy dit nooit sê nie. Sy was pragtig. As ek haar net eenkeer weer kon sien.
Eenkeer weer vashou. As ek net vir haar kon sê hoe ek eintlik oor haar voel; dat ek lief was vir haar.
Sy was doenig met ¡°hardcore¡± dwelms en ek het soms ¡®n lyn of wat kokaïen geneem. Dis al. Ek het dit vir haar gedoen. Sy het my in die ding in gekry en so was ons saam-saam op ¡°highs¡±.
Ons was saam uit na ¡®n ¡°club¡± en sy het ¡®n paar pille gesluk, Ecstacy sover ek weet, en ons was heel aand oormekaar. Sy was op ¡®n stadium weg, toilet toe, maar die volgende oomblik kom ¡®n vriendin uitgehol direk na my toe en sê ek moet kom, sy dink sy het ge-¡°OD¡±. Ek het na die toilet toe gehaas. Daar het skuim by haar mond uitgekom en ek het gemaan dat hulle ¡®n ambulans laat kom. Dit was vergeefs, teen die tyd wat die ambulans aangekom het, het ons ¡®n ou kombers agter die kroeg gekry en oor haar lyk in die toilet gegooi. As ek my oë toe maak sien ek nog hoe ek haar lyk vashou, vasklem en huil. Hoe ek vir haar sê sy kan my nie verlaat nie, sy moet by my bly. Hoe ek voel hoe haar pols stadiger raak en dan eindelik heeltemal wegraak. So asof iemand haar lewe se ¡°OFF¡± knoppie gedruk het.
Dan skielik sien ek haar ma voor my staan by die begrafnis en vir my preek oor hoe dit my skuld is dat dit met haar dogter gebeur het, dat haar dogter maar net deel van nog statestiek is, so asof ek besluit het dat sy daai aand moes ¡°weg gaan¡± soos haar ma dit gestel het. ¡®n Mens kon sien sy was haar ma se kind. Sy het geen trekke na haar pa gehad nie. Ek was daai dag soos ¡®n uitgeworpene. Almal het in groepies gestaan en gesels en vinger na my gewys; hulle het sagter gepraat of bloot stil gebly as ek nader kom. ¡®n Niggie van haar het na die tyd na my toe gekom en haarself voorgestel en gesê dat haar meegevoel met my is; dat sy jammer is dat dit in my arms is, wat sy dood is. Dit was die eerste keer dat iemand iets goeds oor my of vir my gesê het. Ek het nie kans gesien om saam te gaan na die graf nie en is vroeg die volgende oggend terug Amerika toe. Ná die dag wat ek daar weg is uit Suid-Afrika, is ek nooit weer terug nie. Die hartseer is net té groot.
¡°Jason¡¦¡± hoor ek weer haar stem. Dis asof sy langs my sit so duidelik is dit. En weer sien ek die begrafnisbrief se voorblad:
Amy du Preez
06-03-1979 tot 26-02-2003
Lees ander kortverhale deur Nadia Vos
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die kortverhaal
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie kortverhaal
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
FIKTIEWE VERHAAL WAT DIE ONGELYKHEDE VAN ONS VERLEDE EN HEDE BLOOTLê.