Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek was sestien die eerste keer toe ek my suster se man ontmoet het. My suster is sewe-jaar ouer as ek, en nog vol lewe gewees. Dis snaaks wat die man met haar gedoen het. Sy was sewentien toe sy getrek het, en ek het haar nooit gesien nie, tot ses jaar later.
Sy was saam met die man, en daar was 'n kind oppad. Snaaks, my suster wou nooit kinders gehad het nie. Sy was nooit die Ma'tipe nie, dit laat mens nogal wonder wat die man vir haar in die kop gesit het.
Maar ek het nie gevra nie, om die waarheid te se, ek het nie 'n woord gese nie. Ek het veel eerder net gestaar.
Toe sy getrek het, was sy mooi, blond en vol lewe. Maar die mens wat nou voor my gestaan het, was verouderd, maar nie wys nie. Haar lewe het haar ontgaan, en sy was net nog een van die ou tannies op die dorp. Wel, dis regtig hoe sy gelyk het. Ek self wou vir haar se 'tannie'.
Ek het die man skaars ontmoet en nie van hom gehou nie. Ja, ek moet bieg, hy was onbeskryflik mooi. Maar hy het dit geweet, en dit is waar die moeilikheid vandaan gekom het.

My suster en die man het vir die naweek by ons kom kuier, maar tot haar teleurstelling was ons ouers nie tuis daardie naweek nie. Ek het gedink dit gaan 'n stil naweek wees, maar ek was verkeerd.

Die Vrydag middag het ek na skool by die huis aangekom, en die twee van hulle daar gevind. Ek het vir haar gekyk en net gestaar. Dit was amper soos telepatie, want toe ek by myself dink, 'sus, jy lyk sleg.' Het sy net haar oe toegemaak en deur haar tande gese; "Ek weet."
Haar stem, die stem van 'n Engel het geklink soos iets wat deur 'n rasper getrek is. Ek het nie geweet wat om te doen nie.
"Kom binne," het ek gese, terwyl ek die deur oop gestoot het.
"Don't mind if I do, Doll." Het die man gese, hy het verby gestap en sy pad in die huis in gevind. Sy blote bestaan het my siek laat voel. Sy naby-heid het my naar gemaak.
Daardie aand toe ek in my kamer sit, het ek gehoor hoe hy skree. Eers het ek gedink dit is maar net op die foon. Maar dit was te hard vir 'n telefoon gesprek, en elke hier en daar het daar 'n; Ek's jammer." van my suster se kant af gekom.
Ek het saggies op gestaan en tot by hul deur geloop, die idee was om glad nie gehoor te word nie, maar net om te luister. Maar weer eens soos telepatie, het die man my gedagtes gehoor. Hy het vinniger as wat ek kan tel tot drie, die deur oop geruk, en my aan my hare beet gehad.
"Wat luister jy in, klein snip!" Het hy geskree. Ek het nie geweet wat om te se nie, maar ek het geweet waarnatoe om te kyk. Ek het my kop gelig en oog kontak gemaak met die man en toe met my suster. Die bloed oor haar gesig kon ek hanteer, dit was die verlore hoop in haar oe wat my hart in my skoene gesit het. Ek het my oe toe gemaak en asem gehaal.
"Dit is net 'n droom," Het ek vir myself gefluister.
"Doll, die pyn in 'n droom sou minder seer gewees het." Het hy in my gesig gefluister. Sy warm asem teen my wang het my naar gemaak. Ek het stadig my oe oop gemaak en weer na my suster gekyk. In haar oe het sy duidelik verkondig dat sy moedeloos is, maar in haar gedagtes kon ek hoor hoe sy vir my vertel watse tipe monster die man is.
Sy het stil gestaan, vir my gekyk, en weg gedraai.
"Natasha," Het ek saggies gefluister. "Natasha, help my. Asseblief." Het ek gepleit, maar sy het net haar kop geskud en gese; "Ek kan nie, ek nie eers myself help nie." Ek het die gebrokenheid gehoor in haar stem. Dit is nie iets wat ek wou hoor nie.
Ek het my gesig gedraai en die man stip in die oe gekyk.

Die Rasper waardeur Natasha se stem getrek is.

"Jy sal verewig in die vure van hel brand." Het vir hom gese, my hand gelig en hom so hard teen die wang geklap as wat ek toegelaat was.
"Not if you beat me there, Doll." Dit was die laaste woorde wat ek uit die man se mond gehoor het.

Vier maande later het ek wakker geword in Unitas Hospitaal, met 'n gebreukte arm en 'n gebreukte rubbekas. My ma het langs my bed gesit en staar. Sy het begin huil die oomlik toe my oe oop gegaan het.
"Ek kan nie nog 'n dogter verloor nie." Het sy gefluister, en my hand gedruk.
"Is Natasha dan weer terug huistoe?" Het ek gevra. My ma het begin snik en hard huil.
"Nee skat, nie huis toe nie. Sy is dood. Julian het haar dood geslaan." Het sy saggies gefluister.
Ek het my oe stuif toe gedruk en net my gesig weg gedraai. Ek moes weet, nadat hy my af gepolish het, sou hy vir haar gaan.
"Julian het haar vermoor my skat. Julian is 'n skurk." Het sy oor en oor gefluister.
"Ma, sy naam sal nooit oor my lippe uitgespreek word nie, en ek sal dit nooit hoor nie." het ek droogweg vir haar gese.

Julian, jy is nie 'n naam werd nie, jy is 'n Monster.
Jy is Die Man.
 





Die Einde



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

: *(
Daar is nie woorde om die te beskryf nie. Het 'n vriendin in die selfde situasie gehad, eks net bly sy was daaruit voor dit te laat was. Sjoe die was nou rerig een stuk wat my tot trane gedryf het.
9 jaar 10 maande 2 weke 4 ure oud


Hoekom net, Die Man
Sjoe dis erg, maar is dit regtig????
9 jaar 10 maande 2 weke 6 ure oud


hoop rêrig dis net n storie..... ek was vasgevang met angs van reël 1
9 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 6 ure oud



N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar